Background Image
Previous Page  34 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 34 / 84 Next Page
Page Background

Cut losses with

PRECISION

Plant with

VISION

Process Monitor

for Air Seeders

‡

Area

‡

Speed

‡

Tacho up to 4 axles

‡

Alarm on each function

‡

Easy to install

‡

Bin / Tank full

‡

Bin / Tank empty

Proudly Made

in South Africa

Tel: 012 345 3193

Fax: 012 345 6763

Web:

www.electrolee.co.za

Email:

info@electrolee.co.za

Sales:

sales@electrolee.co.za

Planter Monitor

‡

Seed per 100m per row, seed population

‡

Hectares worked and much more

‡

Easy to install and maintain

‡

Fertiliser and turning of axles

‡

Can be applied to most planters

‡

Real tough, rust and water resistant

FOKUS

Buitelewe en reis

Spesiale

Moets en moenies

Kolligte

(spotlights)

Met die paaie wat deesdae so swak is en wilde diere wat aan die

orde van die dag is, dink ek kolligte is ‘n móét. Ongelukkig is dit,

met die hedendaagse plastiekbuffers, ‘n uitdaging om kolligte te pas.

Jy moet verkieslik een of ander vorm van raam voorop jou voertuig

hê waarop dit monteer kan word.

Strookligte

(bar lights)

Nou ja, hier is nou vir jou ‘n ding, want volgens die letter van die

wet is hierdie ligte verbode. Die wet sê duidelik dat geen lig die

middellyn van jou voertuig mag kruis nie. Baie van hierdie ligte word

deur groot gerespekteerde maatskappye wettig die land ingebring

as hulp (

auxiliary

)-ligte, wat beteken dit is nie ligte wat saam met

die voertuig se hoofligte gebruik word nie, maar op hul eie funksio-

neer vir ander aanwendings. Daarom, indien jy die risiko wil neem

om sulke ligte te monteer, moet dit ‘n aparte skakelaar hê en heel-

temal onafhanklik van die hoofligte funksioneer. Ongelukkig mag

dit ook ‘n probleem wees en van verkeersbeampte tot verkeers-

beampte verskil. Die interpretasie van die wet wat hierop van toe-

passing is, is op die oomblik ‘n groot punt van bespreking.

Suspensies

Wat suspensies betref, ervaar ek dat daar heelwat misverstande en

miskonsepsies is.

Vere, hetsy kronkelvere, bladvere of torsiestange, dra die gewig

van die voertuig en bepaal die hoogte van die voertuig. Met ander

woorde, indien jy jou voertuig se ryhoogte wil aanpas of wil kom-

penseer vir addisionele permanente vrag, moet jy aan die vere werk.

Skokbrekers is daar om die vere te beheer en het, met ander

woorde, te doen met padhouvermoë en rygerief. Goeie 4x4-

skokbrekers is ‘n aanwins vir enige nutsvoertuig en verleen definitief

ondersteuning met padhouvermoë en ritgehalte – veral as jy daai

lang grondpaaie wil aanpak.

Jy kan skokbrekers alleenlik vervang, maar indien jy jou ryhoogte

verander deur die vere te verander, moet jy ook die skokbrekers

vervang met ‘n soort wat by die vere pas.

‘n Groot aantal mense wil ander vere, veral agter, insit om die

dravermoë van die voertuig te verhoog. Dit sal ‘n bydrae lewer as jy

permanente gewig moet dra, maar indien jy slegs in enkele gevalle

swaar vragte dra, sal die sterker vere agter veroorsaak dat jou

voertuig besonder hard en ongemaklik ry wanneer daar nie vrag in

is nie. Daarom sal ek dan aanbeveel dat lugsakke geïnstalleer word.

Lugsakke is sakke wat óf binne die agterste kronkelveer óf tussen

die bladveer en die onderstel van die voertuig pas – afhangende van

watter tipe suspensie jou voertuig het. Hierdie sakke kan dan op-

of afgeblaas word om te help om die vrag te dra.

Bande

Daar is basies drie tipes bande, naamlik teerpad-georiënteerde

bande, veelterreinbande (

all terrain

) en modderterreinbande. Daar

is ‘n magdom kampvuurstories oor bande – watter handelsmerke

en tipes die beste is.

Die teerpadband is bedoel vir 80% teer en so 20% grondpad,

terwyl die veelterreinbande so 50/50%-kombinasie is en die mod-

derterreinbande geskik is vir 80% grond- en modderoppervlakte

en 20% teer. Hierdie is nie die alfa en omega nie; dit is slegs ‘n riglyn.

Die belangrikste is dat jy self moet besluit watter tipe band jy

benodig. ‘n Groot aantal mense verkies die modderterreinband,

omdat dit baie mooi en

cool

lyk, maar besef nie dat die geraasvlak

van die bande op teerpad uiters irriterend kan wees nie.

Banddrukmeters

Hedendaagse bande is van uitstekende gehalte. ‘n Mens hoor nie

meer oor die algemeen van ‘n band wat gebars het nie. Die voertuie

se suspensies is so goed dat jy nie agterkom ‘n band word pap

voordat jy dit stukkend gery het nie.

Die hedendaagse koste van bande maak dit ‘n duur item om te

vervang. Voorts is die verdere uitdaging dat jy met die voertuie wat

permanente vierwieldryf het (ook genoem

all wheel drive

) nie net

een band kan vervang nie, maar al vier, aangesien die loopvlakke nie

meer as ‘n sekere persentasie van mekaar mag verskil nie.

Op die mark is daar banddrukmeters wat binne elke band geïnstal-

leer word wat ten alle tye die banddruk en die temperatuur van elke

band lees en dan die bestuurder waarsku indien ‘n band oorverhit of

pap word. Die koste van hierdie tipe apparaat is gewoonlik die prys

van een band.

Slotsom

Noodsaaklike produkte op voertuie is belangrik om ál die tyd en

geld wat in ‘n toer geïnvesteer word, te regverdig en ‘n aangename

reiservaring te verseker. Al die ekstras is persoonlike keuses en

opinies daaroor verskil van persoon tot persoon.

Vir meer inligting, kontak Nelus Bantjes by 051 430 3831 of

sales@

safari4x4.co.za

.