Background Image
Previous Page  33 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 33 / 84 Next Page
Page Background

Ekstra brandstoftenk

Nie alle voertuie kan ‘n ekstra ingeboude brandstoftenk akkommo-

deer nie. Indien wel, is dit volgens my ‘n uiters gemaklike en

uitstekende ekstra gerief – en wel om die volgende redes: Dit is

baie gemaklik, dit word uiters suksesvol gedoen en as jy in Afrika

wil rondry, kan jy nie genoeg brandstof dra nie. Nie alle voertuie

het spasie vir só ‘n tenk nie, maar indien dit wel het, maak seker

dat jy by ‘n betroubare instansie, wat vleklose staal drukgetoetste

tenks verkoop, aanklop.

Watertenk

Water is seker die grooste oorsaak van ‘n ongestelde maag – wat

natuurlik des te meer ongemaklik is as jy op reis is. Dit gaan nie bloot

oor water wat nie op standaard is nie, maar oor water waaraan jou

maag nie gewoond is nie. Daarom is dit vir my noodsaaklik om die

water wat ek daagliks drink, saam te ry. Indien die water binne-in

die voertuig is, bly dit lekker koel. Jy kan natuurlik ook gebottelde

water koop as jou roete naby winkels verbyloop. Plastiese watertenks

van 25 liter tot 60 liter en verskeie vorms is beskikbaar en kan met

gemak gemonteer word.

Kappie

(canopy)

My persoonlike opinie is dat dit iets is waarsonder jy nie kan

klaarkom nie – indien jy wil toer of kamp en jy ‘n bakkie ry. Daar

is verskillende tipes kappies op die mark, naamlik die tradisionele

veselglas-, vlekvryestaal- en aluminiumkappies.

Die hedendaagse voertuie het so mooi geword dat dit belangrik

is om ‘n mooi bypassende kappie te monteer en daarom het die

vlekvryestaal- en aluminiumkappies so populêr geword. Hierdie

kappies is ook meer veelsydig en kan gemaklik dakrakke of daktente

akkommodeer. Maak egter seker dat dit deure aan weerskante het,

wat dit betreklik gemakliker maak.

Bosbreker

(bullbar)

Nou hier kom die vraag wat jy jouself moet afvra: “Waarom?” Jou

antwoord kan tweeledig wees, naamlik kosmeties of prakties. In-

dien kosmeties, kies jy die mooiste bosbreker wat by jou smaak

en sak pas, kyk of dit lugsakvriendelik is en laat dit installeer.

Indien prakties, sal die redes wees om jou voertuig te beskerm,

om ‘n wen-as (

winch

) te monteer, of jy wil graag die aanvalshoek

van die voertuig verbeter of kolligte (

spotlights

) monteer. Dan moet

jy die bosbreker wat in jou behoeftes voldoen, oorweeg.

Maak altyd seker dat die bosbreker lugsakgetoets en gesertifiseer

is. Indien nie en jy wil só ‘n tipe bosbreker laat monteer, moet jy

bewus wees daarvan. Daar is dan ook die kleiner vorm van bosbreker,

wat sommer ‘n

nudge bar

genoem word. ‘n Groot aantal voertuie

kom daarmee uit.

In my oë het dit baie min voordele – behalwe om kolligte te monteer

of kosmeties van aard te wees. Gewoonlik is hierdie

nudge bar

‘n

nadeel in die 4x4-omgewing, want dit verklein die voertuig se

aanvalshoek.

Wen-as

(winch)

Ek huldig die persepsie dat ‘n wen-as iets is wat jy baie min gebruik,

maar indien jy dit die dag nodig het, daar niks is wat sy plek kan

inneem nie. ‘n Wen-as sal ek oorweeg as ek alleen in tegniese of

gevaarlike terrein gaan rondry en myself sal moet herwin of indien

jy ‘n boot of iets dergeliks uit die water sou wou trek of selfs diere

wil optrek – op welke manier ook al.

Ek vind dit gereeld dat mense wen-aste monteer en dit vir jare nie

gebruik nie en dan wanneer hulle dit nodig het, werk dit nie. Daarom,

as jy ‘n wen-as het, moet jy ten minste elke ses maande die kabel/

tou uittrek en weer laat oprol om seker te maak alles werk, asook om

die motor te laat warm word om alle moontlike vog wat daarin mag

wees, te laat verdamp. Jy kry deesdae wen-aste wat waterdig is.