Background Image
Previous Page  32 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 32 / 84 Next Page
Page Background

November 2017

30

4x4's

...

Moets en moenies

W

anneer jy ‘n 4x4-voertuig koop, of selfs net ‘n 2x4-

bakkie of nutsvoertuig (SUV) waarmee jy nie net

beoog om te pendel nie, maar ook so bietjie in ons land

te gaan rondry of oor die grense heen te gaan verken, is

daar ‘n paar dinge wat jy in gedagte moet hou.

Die verskeidenheid van voertuie en toebehore vir dié doel is so

groot dat dit ‘n mens eintlik verwar en meer besluiteloos laat as

voordat jy daaraan begin dink het. Daarom is daar ‘n paar aspekte

wat vooraf oorweeg moet word om die besluit te vergemaklik sou

jy ‘n nutsvoertuig wou aanskaf – en dan ook wanneer jy dit wil

toerus.

Die eerste aspek is natuurlik wát jy wil of kan bekostig, want dit

plaas jou in ‘n bepaalde mark. Die volgende vraag is: Wil jy ‘n bakkie

of ‘n SUV (stasiewa)-konsep hê?

Bakkie

Ry gewoonlik bietjie harder;

is beperk tot hoogstens vyf passasiers;

is verseker ‘n goeie dubbeldoelvoertuig;

jy moet al jou bagasie agterop pak en daarom sal jy moet voor-

siening maak om dit toe en veilig te hou;

die moontlikheid van addisionele toebehore is legio; en

op ‘n enkelkajuit of ekstra kajuit kan jy BTW terugeis indien jy die

voertuig in ‘n besigheid van watter aard ook al aankoop.

SUV

Ry gewoonlik heelwat lekkerder en is meer soos ‘n motor;

die meeste kan vyf tot sewe passasiers akkommodeer;

al jou bagasie kan binne-in die voertuig gebêre word en die

kanse van ‘n irriterende geratel van goedere is groot; en

jou pakspasie is ook uiters beperk en jy kan geen ekstra brandstof

binne so ‘n voertuig vervoer nie.

Indien jy die besluit oor watter tipe voertuig jy verkies geneem het,

is daar dan natuurlik die keuse van petrol of diesel.

Hier is my opinie: Dieselvoertuie is verseker ligter op brandstof,

maar het beslis hoër onderhoudskoste. Indien jy ‘n voertuig met ‘n

motorplan koop en jy gaan dit weer verkoop wanneer die motorplan

verby is, is dit geen probleem nie.

Hedendaagse petrolvoertuie is besonder betroubaar en indien jy

‘n voertuig tweedehands koop of buite sy motorplan wil ry, is ‘n

petrolmodel ‘n goeie besluit, want die diensonderhoud is laer en

waarskynlik is die enjin se lewe ook langer.

Bereken wat die voertuig jou per kilometer aan brandstof en

onderhoud gaan kos, asook die aankoopprys. In heelwat gevalle

is die petrolmodelle oor die lang termyn (1 500 000 km plus)

goedkoper.

Toebehore

Toebehore word bepaal deur wat presies jy met jou voertuig wil

aanpak. Ek het dit goed gedink om die algemene basiese toerus-

ting te lys en dan daaroor uit te brei – natuurlik in geen spesifieke

volgorde nie.

Yskas

‘n Yskas is ‘n gemaklike stuk toerusting en jy kan te alle tye – veral

as jy hoër op in Afrika gaan ry en dit warm is – iets kouds nuttig

en natuurlik jou kosvoorraad stoor. My motto is dat indien jy nie

‘n behoorlike, welbekende tyddeurstaande kompressoryskas kan

bekostig nie, moet nie ‘n goedkoop handelsmerk-yskas koop nie;

leen eerder die buurman s’n of werk met ‘n koelboks.

Dubbelbatterystelsel

Só ‘n stelsel beteken ‘n ekstra battery wat gelaai word wanneer

jou voertuig se enjin loop. Wanneer die enjin af is, is die battery

heeltemal onafhanklik van die voertuig se hoofbattery, daarom

kan jy alle bykomende toebehore wat krag verbruik aan die battery

koppel sonder dat dit jou hoofbattery beïnvloed. Met enige yskas

is dit hoogs aan te beveel.

Omsetter

(inverter)

Dit is ‘n toestel wat 12 V omskakel na 220 V. Hierdie toestelle

– afhangende van die grootte wat jy benodig – is nogal swaar op

‘n battery. Indien jy kameras of ‘n skootrekenaar het wat jy moet

laai wat nie 12 V kan akkommodeer nie, is dit baie nuttig. ‘n Groot

aantal mense wil groot omsetters insit om haardroërs te gebruik.

Ja, jy kan, maar die groter toestelle is baie duur en jy kan dit nie

sonder ‘n dubbelbattery gebruik nie. Daar is wel 12 V-haardroërs op

die mark, maar hulle is ongelukkig nie so effektief soos dié van

220 V nie.

Dakrak

‘n Dakrak is slegs nodig indien jy stoorruimte benodig. Bagasie,

tent, gasbottels, ekstra brandstof, ekstra water asook ‘n ekstra

spaarwiel, kan gemaklik op ‘n dakrak gestoor word. ‘n Dakrak het

egter ‘n impak op jou brandstofverbruik. Dit kan ook ‘n sekere mate

van windgeraas veroorsaak. Heelwat mense monteer ‘n dakrak om

‘n daktent te huisves. Indien dit ál is wat jy wil inpas, is ‘n ligte

draraam betreklik goedkoper vir dié doel.

Daktente

Wat is die hoofdoel van ‘n daktent? Dit is ‘n tent wat bo-op die dak

van ‘n voertuig gemonteer word en wat bitter vinnig en maklik

oop- en toegemaak kan word om met min moeite te oornag en die

volgende dag weer verder te ry. Aangesien hierdie tipe tente vas

aan die voertuig is, kan dit nogal ‘n frustrasie wees as jy langer as ‘n

dag wil staan en jy met die voertuig wil ry, want dit sal dan beteken

dat jy die tent moet toemaak.

Daar is natuurlik deesdae elektriese daktente wat met die druk van

‘n knoppie oop- en toemaak – wat hierdie aksie uiters vinnig en

maklik maak.

FOKUS

Buitelewe en reis

Spesiale

NELUS BANTJES,

Safari 4x4