SA Graan November 2013 - page 68

November 2013
66
WESSEL LEMMER, SENIOR EKONOOM, BEDRYFSDIENSTE, GRAAN SA
Een van die spesifieke vereistes van die biobrandstofnywerheidstrategie
is om die eerste en tweede ekonomie te skakel sodat werksgeleenthede
in onderontwikkelde gebiede geskep kan word.
Suid-Afrika se regering erken dat ‘n duidelike regeringsbeleid, regulasies
en aansporingsmaatreëls nodig is om die biobrandstofnywerheid te
laat ontwikkel. Selfs al beteken dit dat biobrandstof soos die meeste
hernubare brandstowwe, ondersteuningsmaatreëls benodig om met
konvensionele brandstof te kan meeding.
Die grootste voordeel van die verskaffing van hierdie ondersteu-
ningsmaatreëls aan die biobrandstofbedryf, is dat dit tot werk-
skepping, betalingsbalansbesparings, energievoorsiening en ‘n bydrae
tot ekonomiese groei lei. Hierdie voordele dra by tot die bevolking
se hede en toekoms siende dat die 2006-studie aangedui het dat ‘n
verpligte inmengkoers van 2% ongeveer 25 000 werksgeleenthede binne
die ekonomie sal skep.
Ons regering is van voorneme om die aansporingsmaatreëls vir
produksie (beleggers) slegs aan projekte toe te ken wat ‘n bydrae lewer
om die 2%-insluitingskoersdoelwit te bereik.
Die biobrandstofnywerheidstrategie is op 5 Desember 2007 deur die
kabinet goedgekeur. Graan SA het destyds groot insette gelewer wat ‘n
bydrae tot die strategie se finalisering gemaak het. Die regering het egter
weens voedselsekerheidsredes besluit dat mielies as grondstof uitgesluit
moet word.
Hierdie strategie het ten doel gehad dat die biobrandstofbedryf teen
‘n persentasie van 2% in die nasionale petroleumpoel teen 2013 reeds
ongeveer 400 miljoen liter per jaar sou produseer. Suid-Afrika se
biobrandstofdoelstellings sluit die volgende in:
Lewer ‘n bydrae tot die bereiking van die nasionale hernubare
energiebeleidsteikens
Lewer ‘n bydrae tot die land se energiesekuriteit
Lewer ‘n bydrae tot die verlaging in koolstofvrystellings in die
atmosfeer
Fasiliteer die ontwikkeling van die landelike ekonomie deur
werkskepping, SMME-ontwikkeling ensovoorts
Stimuleer
landbouproduksie
in
die
onderontwikkelde
landbouproduksiegebiede van Suid-Afrika
Betrek produsente uit die voormalige tuislande wat geskiedkundig
benadeel was om deel te word van die hoofstroom landbou- en
energie-ekonomieë
Die finalisering van die biobrandstof-
prysingsmeganisme
Biodiesel val binne die brandstofbelastingnet en biodieselvervaardigers
ontvang ‘n korting van 50% op die algemene brandstofheffing. Bio-
etanol val buite die brandstofbelastingnet en kwalifiseer daarom nie vir
‘n korting op die brandstofbelastingwet nie.
Al die hernubare energieprojekte (insluitende biobrandstof) kwalifiseer
vir die 50:30:20 afskrywing van kapitaal oor ‘n periode van drie jaar.
Hierdie insentiewe was nie voldoende om beleggers te lok om in die
biobrandstofsektor te belê nie en die behoefte het ontstaan om ‘n meer
bemagtigende en ondersteunende regulatoriese raamwerk daar te stel.
Regulasie rakende die verpligte inmeng
van biobrandstof met petrol en diesel
Die verpligte inmeng van biobrandstof in die nasionale brandstofpoel is
op 23 Augustus in die
Staatskoerant
afgekondig. Dit was nie ‘n effektiewe
aankondiging nie omdat die regulasie bepaal het dat dit eers in werking
sal tree op die dag wat die Minister van Minerale en Energie die datum in
die
Staatskoerant
sou aankondig.
Die regering het voortgegaan en in 2013 die effektiewe datum vir
inmenging aangekondig ten spyte van die vertragings wat ervaar word
met die finalisering van die prysingsraamwerk. Dit is gedoen om die
projekte te ondersteun en in staat te stel om intussen verder te kan
ontwikkel.
‘n Implementeringskomitee is in die lewe geroep om te verseker dat die
praktiese vereistes nagekom word sodat die inmeng van biobrandstof
op die effektiewe datum waarop inmenging verpligtend raak (1 Oktober
2015), wel sal plaasvind. Die komitee se eerste vergadering het op
30 Augustus 2013 plaasgevind. Die biobrandstoftaakspan gaan met hul
normale funksies binne die mandaat wat die kabinet gegee het, voort.
Regulasies rakende die petroleumprodukspesifikasies en -standaarde
bepaal dat die konsentrasie van bio-etanol wat in petroleum ingemeng kan
word, kan varieer tussen 2% tot 10%. Biodiesel kan egter volgens enige
van die volgende peile in mineralediesel ingemeng word, naamlik: 5% (B5),
10% (B10), 20% (B20), 30% (B30), 50% (B50) tot 100% biodiesel (B100).
Biobrandstofprojekte is finansieelgewys nie van die aantreklikste
projekte om in te belê nie en verskeie prysingstudies is reeds in dié
verband uitgevoer. Dit sluit in ‘n ondersoek na die gelykbreekkoste en
inmengwaardes van bio-etanol. Werkswinkels is gedurende 2012 met
rolspelers gehou en samesprekings met die Nasionale Tesourie en die
Departement van Handel en Nywerheid rakende insentiewe, het onder
leiding van die biobrandstoftaakspan plaasgevind.
Die prysingsraamwerk vir biobrandstof kan soos volg daar uitsien:
Die gelewerde bio-etanolprys = Mogas BFP + sone-differensiaal +
korting op brandstofheffing + vermengingswaarde + BTW
Bio-etanol kwalifiseer op hierdie stadium nie vir ‘n korting op
die brandstofheffing nie. Verdere samesprekings is tans met die Nasio-
nale Tesourie en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens nodig om ‘n
toepaslike prysingsmeganisme te ontwikkel. Dit is belangrik om daarop te
let dat bio-etanolproduksie uit sorghum die mees aangewese grondstof
is vir bio-etanolproduksiedoeleindes.
Die mees algemene grondstowwe vir bio-etanolproduksie wêreldwyd
is suikerriet en mielies, maar in Suid-Afrika word voorkeur aan
graansorghum en suikerriet gegee. Voldoende hoeveelhede van
hierdie grondstowwe word met die nodige ondervinding in Suid-Afrika
geproduseer om produksie hiervan te kan uitbrei.
Die biodieselprysingsraamwerk lyk soos volg:
Gelewerde biodieselprys = Gasoil 50 ppm Sulphur BFP + sone-
Fokus op water en energie
Kom ons kyk
1...,58,59,60,61,62,63,64,65,66,67 69,70,71,72,73,74,75,76,77,78,...100
Powered by FlippingBook