SA Graan November 2013 - page 77

Agrico:
Jou stabiele voorsiener
van besproeiingstoerusting
ALFRED ANDRAG, AGRICO
Met meer as 100 jaar se diens aan die landbou, is Agrico vandag een van
die mees ervare voorsieners van alle soorte besproeiing.
Die firma voorsien sedert die vroeë 1900’s pype, pompe en enjins vir
boerdery, sportvelde en tuine. Tegniese advies is ‘n deel van die diens,
wat naatloos deurloop, van opmeting tot beplanning, tot die suksesvolle
installasie van die stelsel.
Agrico poog altyd om ‘n balans te handhaaf tussen eie vervaardiging,
invoere en plaaslike aankope. Die firma het fabrieke in Bellville,
Lichtenburg en Nigel.
Ons vervaardig onder meer:
Aluminium- en staalpasstukke
Anjet F50 en F75 skyffilters
Anjet mikrospuite
Bauer-tipe goukoppelpype
Flomax voetkleppe (100 mm tot 500 mm)
Gal elektriese kleppe
Hidrantkleppe
Lineêre besproeiers
Perrot goukoppelpype
Polipype
Pomptoestelle
PVC-pype
Rame vir pompe en motore
Spilpunte
Ons reeks toerusting vir toepassings in landbou, nywerheid, gholfbane
en tuine, word aangevul deur ingevoerde kwaliteitprodukte, insluitende:
DAB-pompe
NaanDanJain mikrospuite
Irritrol elektriese kleppe
Irritrol rekenaars
Irritrol spuite
Nelson drukreguleerders
Nelson spuite vir spilpunte
Dorot beheerkleppe
Om die reeks te voltooi, word ‘n menigte plaaslike firmas ondersteun
deur die verspreiding van:
KSB-pompe
Elektriese motore en kabels
Elektriese skakeltuig
Staalpype
Netafim drupbesproeiing
Shakti dompelpompe
Agrico se ontwerpe is tegnies konserwatief. Dit behels onder meer:
Die gebruik van relatief groot pypdiameters om wrywing en
energiekoste te bespaar
Elektromotore wat nie oorlaai word nie, selfs al word met ‘n oop
uitlaat gepomp
Dat die afmetings van suig- en stootpype vir lae watervloeisnelhede
ontwerp is
Dat spilpunte self met ‘n 100 mikron sinklaag in plaas van die
gebruiklike 65 mikron gegalvaniseer word vir ‘n langer lewensduur
Stelsels wat volgens konserwatiewe beginsels ontwerp is, het ‘n hoër
aanvanklike koste, maar die totale koste oor die lewensduur is baie laer
weens:
Die besparing van elektrisiteit
Laer herstelkoste
Minder staantyd
Verhoogde herverkoopwaarde
75
November 2013
Fokus op water en energie
Agrico is vandag een van die mees ervare voorsieners van alle soorte besproeiing.
Tegniese advies is ‘n deel van die diens wat naatloos deurloop, van opmeting tot
beplanning, tot die suksesvolle installasie van die stelsel.
Produk-inligting
1...,67,68,69,70,71,72,73,74,75,76 78,79,80,81,82,83,84,85,86,87,...100
Powered by FlippingBook