SA Graan November 2013 - page 74

November 2013
72
Fokus op water en energie
Dieselprys
hoogste nog
PETRU FOURIE, EKONOOM: BEDRYFSDIENSTE, GRAAN SA
Diesel as produksie-inset maak ongeveer 12% van ‘n graan- en olie-
sadeprodusent se veranderlike produksiekosterekening uit. Die diesel-
prys was in Oktober 2009, R6,68 ‘n liter, waar dit in Oktober 2013 op ‘n
rekord van R12,60 ‘n liter te staan gekom het.
Die dieselprys het dus oor ‘n tydperk van vier jaar met 88,5% gestyg.
Met hierdie tipe styging, is dit vanselfsprekend dat diesel as produksie-
inset groot druk op die winsgewendheid van graan- en oliesadeproduk-
sie plaas.
Toename in dieselprys
Weens die feit dat Suid-Afrika, ten spyte van Sasol en PetroSA se aan-
legte, nie genoeg petroleumprodukte produseer om in die plaaslike vraag
te voldoen nie, is ons uitgelewer aan internasionale prysskommelings.
Die plaaslike raffinaderye moet meeding met die prys van ingevoerde
brandstof, waaroor Suid-Afrika geen beheer het nie.
Die plaaslike brandstofbedryf is ‘n gereguleerde industrie en brand-
stofpryse word maandeliks as gevolg van bogenoemde rede deur skom-
meling in internasionale brandstofpryse en die rand/dollar-wisselkoers
bepaal. In
Grafiek 1
kan die noue ooreenkoms in die tendens tussen die
Brent ruolieprys en die groothandelprys van diesel op ‘n maand-tot-
maand basis gesien word.
Die dieselprys het sedert 2 Januarie vanjaar met R1,49 per liter van R11,11
per liter na R12,60 per liter, gestyg. Hierdie toename is grootliks die
gevolg van die rand wat in Januarie vanjaar teen ‘n gemiddeld van R8,79
teenoor die dollar verhandel het, maar wat met die skryf van die artikel in
middel-Oktober tot dusver verswak het tot ‘n gemiddeld van R9,98 teen-
oor die dollar. Die olieprys het vanaf ‘n gemiddeld van $112,18 per vat in
Januarie tot ‘n gemiddeld van $109,65 per vat gedaal.
Volgens die Sentrale Energiefonds se maandelikse brandstofprysverslae
het die prys van diesel vanjaar drie keer gedaal, terwyl dit sewe keer
gestyg het. Die grootste styging, 78c per liter diesel, is tussen Junie en
Julie vanjaar aangeteken.
Mielieprodusenteprysindeks versus
dieselprysindeks
Die mielieprysindeks en die dieselprysindeks word in
Grafiek 2
aange-
toon. Die dieselprysindeks het buitensporig vanaf 2003/2004 tot en
met die komende seisoen toegeneem. Die uitskietjaar van 2008 se hoë
dieselpryse, wat lank nie vergete is nie, kan ook maklik waargeneem
word.
Met die dieselprys wat onophoudelik jaar-op-jaar skerp toeneem, te-
same met ‘n verwagte produsenteprys vir mielies van R1 831/ton vir die
komende seisoen, verswak die verhouding tussen die dieselprys en die
mielieprys al hoe verder.
Uiteensetting van die plaaslike dieselprys
Die groothandelprys van diesel bestaan uit die basiese brandstofkoste
(gelande koste van ingevoerde diesel), belasting en ander heffings.
Grafiek 3
toon die uiteensetting van die groothandelprys vir diesel in
Gauteng soos in Oktober 2013.
Die binnelandse gedeelte van die dieselprys bestaan uit die koste om die
diesel te vervoer en af te lewer (2%), die winsmarges van die groothan-
delaars (4,6%) en belastings en heffings (25,1%). Hierdie 25,1% bestaan
uit ‘n belasting van 15,7% bydrae tot die Padongelukkefonds van 7,6% en
ander heffings en aksyns van 1,8%.
Die basisprys, met ander woorde die prys nadat dit in die hawe afgelaai
is, beloop tans R8,32 per liter, wat 66% van die totale groothandelprys
uitmaak. Die kleinhandelmarge van diesel word nie beheer nie en klein-
handelaars kan dus enige marge tot die groothandelprys voeg. Gevolglik
varieer die kleinhandelprys van diesel van pomp tot pomp, terwyl die
prys van petrol dieselfde is en slegs ‘n klein bietjie varieer na gelang van
die afstand vanaf ‘n hawe.
Grafiek 1: Internasionale Brent ruolieprys en die groothandelprys van diesel.
1...,64,65,66,67,68,69,70,71,72,73 75,76,77,78,79,80,81,82,83,84,...100
Powered by FlippingBook