67
November 2013
differensiaal + korting op die brandstofheffing. Die korting op die
brandstofheffing vir biodiesel is 50% van die algemene brandstof-
heffing.
Die mees algemene grondstowwe wat wêreldwyd vir biodiesel gebruik
word, is sojabone, raapsaad (kanola) en tot ‘n mindere mate palmolie.
Sojabone en sonneblom is in Suid-Afrika die mees aangewese gewasse
vir biodieselproduksie. Genoegsame hoeveelhede van die potensiële
grondstowwe word reeds met die nodige ondervinding plaaslik verbou
om produksie hiervan te kan uitbrei. In die geval van biodiesel blyk dit dat
sojabone die aangewese gewas is om as grondstof te oorweeg.
Die
Begrotingsoorsig
meld in
Hoofstuk 4: Inkomstetendense en be-
lastingvoorstelle,
die volgende:
Insentief vir biobrandstofproduksie
Suid-Afrika se biobrandstofstrategie stel agt biobrandstofvervaardi-
gingsaanlegte voor. Soos in ander lande, is ‘n fiskale insentief nodig om
die beperkings wat die aanvanklike kapitale koste en risiko’s stel, te kan
oorkom. Die voorgestelde insentief sal gebaseer word op die koste wat vir
hipotetiese aanlegte geld en wat met wêreldstandaard aanlegte vergelyk.
Die insentief sal voorsiening maak vir die maandelikse prysbewegings
van dié grondstowwe wat gebruik word asook bewegings op die
pryse van die aanleg se uitsette. Die insentief sal as ‘n jong industrie
ondersteuningsmeganisme beskou word wat oor die aanleg se leeftyd
van 20 jaar uitgefaseer sal word.
Die aanvanklike koste van die insentief behoort tussen 3,5 sent/liter tot
4 sent/liter vir petrol en diesel te beloop, maar daar is sprake dat dit selfs
tot 6 sent/liter kan beloop. Die insentief sal deur middel van ‘n heffing
wat in die maandelikse prysbepaling van petrol en diesel ingesluit word,
verhaal word.
Die oorsaak van die vertraging in die
finalisering van die prysingsraamwerk vir
biobrandstof
In onlangse samesprekinge met die suikerbedryf het dit duidelik geword
dat die potensiële gebruikers van gewasse anders as sorghum, nie in
die bio-etanolbedryf sal belê indien die subsidie alleen op sorghum as
verwysingsgrondstof gebaseer gaan word nie.
Gevolglik moes die Departement van Minerale en Energie en die
Nasionale Tesourie alternatiewe oorweeg om ander gewasse ook te kan
akkommodeer. Terselfdertyd moet waaksaamheid aan die dag gelê word
om nie die fiskus onder druk te plaas nie.
Groot volumes van hierdie grondstowwe word plaaslik geproduseer
en die ondervinding is in plek om produksie hiervan te kan uitbrei.
Intussen word die gebruik van ‘n algemene heffing in stede van ‘n
egalisasiefondsheffing ondersoek.
Die kriteria waaraan biobrandstofvervaardigers moet voldoen om in
aanmerking vir die subsidieskema te kom, moet ook nog gefinaliseer word
en ten laaste moet die insluiting van ander vergelykbare grondstowwe
oorweeg word. Die Departement van Minerale en Energie is tans besig
met hierdie ondersoeke.
Hierdie departement is ook tans besig om aandag te skenk aan die kabinet
se besluit om die hindernisse wat die belegging in die biobrandstofbedryf
verhinder, uit die weg te ruim. Dit sluit die volgende in:
Die publisering van die datum van 1 Oktober 2015, deur die
Departement van Minerale en Energie, waarop inmenging verpligtend
word
Die dringende finalisering van die finansiële aansporingsmaatreëls
met inagneming van die ekonomiese koste en voordele daarvan
Dat die Minister van Handel en Nywerheid die vorige lys van
goedgekeurde en toelaatbare grondstowwe, soos suiker en sorghum,
sal hersien asook uitsluitsel sal gee oor die potensiële invoer van
grondstowwe indien nodig in die toekoms
Dat die spesifieke voorwaardes vir subsidies en lisensiëring
gekoppel word aan die bevordering van kleinskaalse produksie en
werkskepping
Dat die Departement van Water en Omgewingsake en die direkteurs-
generaal van die Departement van Minerale en Energie; die
Departement van Ekonomiese Ontwikkeling; die Departement van
Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming; die Departement
van Landbou, Bosbou en Visserye; die Departement van Hoër
Onderwys en Opleiding asook die Departement van Handel en
Nywerheid vergader om ‘n biobrandstof-waterbeleidstandpunt vir
die produsente van grondstowwe te ontwikkel
Die Departement van Wetenskap en Tegnologie moet versoek
word om prioriteit daaraan te gee om ‘n strategiese trust te vestig
om sodoende Suid-Afrika aan die voorpunt van tweede en derde
generasie biobrandstofnavorsing te plaas
Gegewe bogenoemde uitstaande aspekte en die tegniese ondersoek
waarmee die regering tans besig is, lyk dit asof die mikpunt vir 2013
nie bereik kanword nie. Dit blyk ook asof die produksie van biobrandstowwe
die aanvanklike teiken van 2% kan oorskry sodra die ondersteunende
verpligte inmengingsraamwerk en prysingsraamwerk in plek kom.
Die plaaslike biobrandstofbedryf is in sy kinderskoene, maar het steeds
die potensiaal om in die lang termyn te groei.
na die bio-etanolbedryf
Bio-etanol (sorghum)
Biodiesel (sojabone)
Insentief om ‘n 15% ROA te behaal (sluit enige kortings in)
195 sent/liter
253 sent/liter
Kapasiteit van verwerkingsaanleg
158 miljoen liter
113 miljoen liter
Beraamde aantal werksgeleenthede per aanleg geskep
8 247
20 067
Beraamde koolstofvrystellingsbesparing (GHG)
30%
50%
TABEL 1: VERGELYKING TUSSEN BIODIESEL EN BIO-ETANOL.