SA Graan November 2013 - page 76

Fokus op
Sonpompe
– ‘n maklike en
betroubare oplossing
Produk-inligting
ADINA LOUBSER, ALGEMENE BESTUURDER, SOLAR MAN CC
Die sonpompbedryf is lank reeds nie meer in sy kinderskoene nie.
Diegene wat nie vertroud is met sonpomptegnologie nie, sal verseker
aangenaam verras wees met die effektiwiteit, betroubaarheid, bekostig-
baarheid en gemak van gebruik. ‘n Sonpomp is die maklike oplossing vir
wildsuipings, veesuipings, boerdery- en huisgebruik.
Met die eenvoudige opstelling van een of meer sonpanele wat deur ‘n
slim
maximum
power point tracker
(MPPT) kontrolekas werk en van
daar direk vir die sonpomp krag gee, word daar geen omsetters of bat-
terye benodig nie. Terwyl ons so geseënd is met sonskyn in Suid-Afrika,
is ‘n sonpomp definitief ‘n baie goeie keuse. Hierdie pompe kan vanaf
5 000 liter per dag lewer met ‘n kophoogte van 30 m tot en met meer as
20 000 liter per uur en tot en met kophoogtes van meer as 250 m. Daar
kan basies aan enige behoefte voorsien word met ‘n sonpomp en wan-
neer die installasie eers gedoen is, is dit so eenvoudig soos ‘n skakelaar
wat aangeskakel word en van daar af hardloop die pomp daagliks
vanaf sonsopkoms tot en met sonsondergang.
Ons werk met positiewe verplasing pompe (wurm-/monopomp) en
ook met sentrifugale pompe. Die onderhoud op hierdie pompe is
minimaal. Daar is reeds talle produsente wat uitstekende resultate
het met die sonpompe wat by hulle geïnstalleer is, vanaf klein pompe
by wildsuipings tot en met pompe wat vir besproeiingsdoeleindes
aangewend word.
Dit is ook reeds baie maklik om krag aan huishoudings te voorsien en
daar is ‘n wye verskeidenheid van sonpanele, reguleerders, batterye
en omsetters om in hierdie behoeftes te voorsien. Ons ontwerp die
stelsels spesifiek volgens die behoefte van die kliënt.
Dit is wys om yskaste en vrieskaste wat baie min krag gebruik aan
te skaf wat ideaal is vir gebruik met sonkragstelsels. Sonwaterverhit-
tingseenhede maak deel uit van die huishoudelike stelsels en dit is die
beste om na gasstowe oor te gaan vir kosmaakdoeleindes. Met hierdie
veranderinge aangebring, kyk ‘n mens dan na stelsels tussen 5 kWh en
10 kWh wat voldoende is vir die gemiddelde huishouding.
‘n Sonpomp by ‘n veesuiping.
‘n Skematiese voorstelling van ‘n sonpomp-
stelsel.
74
1...,66,67,68,69,70,71,72,73,74,75 77,78,79,80,81,82,83,84,85,86,...100
Powered by FlippingBook