SA Graan November 2013 - page 75

73
November 2013
Impak op graanprodusente
Brandstofverbruik op plase het sedert Septembermaand begin toeneem
soos wat produsente landerye voorberei en begin om somergewasse te
plant. Terselfdertyd moet produsente wat wintergewasse geplant het, hul
oeste begin afhaal.
Om die impak van hoë dieselpryse te kwantifiseer, kan mielieproduksie
as voorbeeld gebruik word omdat die mielieplantseisoen nou ‘n aanvang
begin neem.
‘n Mielieprodusent gebruik gemiddeld 75 liter diesel per hektaar in die
produksieproses van mielies. Dit sluit grondbewerking, plant, topbe-
mesting, bespuiting, stroop en wegry van die mielies in. Gegewe die
dieselprys in Oktober 2013, sal dieselkoste ‘n mielieprodusent R112 per
hektaar meer uit die sak jaag in vergelyking met twaalf maande gelede.
Indien die aanname gemaak word dat die gemiddelde grootte van ‘n mie-
lieproduksie-eenheid in Suid- Afrika sowat 500 ha is, bring dit mee dat die
gemiddelde mielieprodusent ongeveer R56 000 meer vir sy diesel as ‘n
jaar gelede betaal en ongeveer R221 850 meer as vyf jaar gelede.
Indien daar na die groter prentjie gekyk word en bereken word wat die
styging in dieselkoste vir die totale graan- en oliesade-mandjie sedert ‘n
jaar gelede is, is ‘n toename van R546,5 miljoen beraam.
Die uiteindelike dieseluitgawe vir produsente is die resultaat van ver-
bruik op die plaas vermenigvuldig met die prys by die pomp. Hoewel
produsente die verbruik kan beheer, het hulle geen inspraak in die prys
van diesel nie aangesien hulle prysnemers is en die groothandelprys van
diesel gereguleer word.
Graanprodusente se winsgewendheid raak al hoe meer onder gedrang
weens stygende insetkoste. Dit is nie net dieselkoste wat jaarliks toe-
neem nie, maar ook ander insetkoste, soos saad, kunsmis en chemikalieë
wat die prentjie veel donkerder laat lyk. Produsente kan nie anders as om
hierdie duur koste te bestuur en produktiwiteit te verhoog nie.
Grafiek 2: Produsenteprysindeks van mielies en die groothandelprys van diesel.
Grafiek 3: Uiteensetting van die groothandelprys van diesel in Gauteng vir Oktober 2013.
1...,65,66,67,68,69,70,71,72,73,74 76,77,78,79,80,81,82,83,84,85,...100
Powered by FlippingBook