Background Image
Previous Page  71 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 71 / 92 Next Page
Page Background

PANNAR se ongeëwenaarde graansorghum-pakket

vorm die ruggraat van graansorghum-produksie in

Suid-Afrika. Plaaslik-ontwikkelde basters word ook

in Suid-Amerika, Meksiko, Australië en die res van

Afrika aangeplant.

Bio-etanol-produksie

gerugsteun

deur wêreldklas-

navorsing.

2015/GSS/A/17

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2014 PANNAR BPK

Saam boer ons

vir die toekoms

www.pannar.com infoserve@pannar.co.za

ULTRAMODERNE

NAVORSING

GEWASVOORSORG

PRESISIE-

BEPLANNING

GEWASBESKERMINGS-

BESTUURSPRAKTYKE

69

OP PLAASVLAK

‘n Paar aalwurms het die papies suksesvol binnegedring en ver-

meerder. Dit is ‘n bewys dat hierdie aalwurms moontlik die papies

suksesvol sal kan beheer as die hoeveelheid aalwurms wat hulle

oorspronklik geïnfekteer het, meer as 100 was.

Slotsom

Alhoewel al drie EPNs-aalwurmspesies goed gevaar het onder

laboratoriumtoestande, het

S. yirgalemense

die grootste potensiaal

getoon om stamboorders biologies te kan beheer.

Infektiewe larwes van hierdie aalwurmspesie kon diapouse en

aktiewe larwes maklik penetreer, die stamboorder doodmaak en dan

in groot getalle aanteel. Al probleem van so ‘n biologiese middel

waarvan EPN’s die “aktiewe” bestanddeel is, is dat die toediening

daarvan presies reg moet wees omdat hierdie aalwurms nie sonder

water kan oorleef nie.

Ontwikkeling van so ‘n aalwurmproduk is egter glad nie so ver in

die toekoms nie. ‘n Privaat maatskappy by name NemaBio, onder-

soek tans metodes om hierdie aalwurms in hulle massas te teel en

te kyk of hulle die eindproduk sodanig kan formuleer dat dit in ‘n

pakkie beskikbaar sal wees vir almal om te kan gebruik.

Daar is dus nie slegs skadelike aalwurms wat die produsent se oes

beskadig nie. Die “goeies” is ook in die grond teenwoordig. Wie weet,

eendag kan ons dalk op hierdie goeie soldate met

hulle dodelike bakteriese wapen staat maak om

stamboorders vas te vat.

Goeie aalwurms:

Potensiële soldate

7: ‘n Stamboorderlarwe wat aan

Heterorhabditis bacteriophora

bloot-

gestel is, kry ‘n kenmerkende rooi kleur as gevolg van die bakterieë wat

deur die aalwurm in hom vrygestel is.

7