Mei 2015
66
Goeie aalwurms:
Potensiële soldate voer “biologiese oorlog”
teen Afrika-stamboorder
D
ie Afrika-stamboorder,
Busseola fusca
, is ekonomies een
van die belangrikste plae op mielies in Suid-Afrika. Hier-
die plaag is inheems en kom dwarsoor die hele mielie-
produksiegebied voor.
Kelkskade is die eerste sigbare skade wat deur die stamboorders
veroorsaak word (
Foto 1
), waarna die larwes dan in die stam in
boor.
Busseola fusca
veroorsaak tot 10% oesverlies, maar kan in
uiterste gevalle die hele oes vernietig.
Suid-Afrika het vir die eerste keer in 1998 Bt-mielies begin pro-
duseer vir die beheer van stamboorder. Ongelukkig het die
Afrika-stamboorder intussen weerstand opgebou teen dié Bt-
mieliekultivars. Alternatiewe beheermetodes sluit nou insekdoders
of biologiese beheer in om hierdie taai kalante te probeer beheer.
Entomopatogeniese aalwurms (EPNs) is een van die biologiese
beheer opsies wat ingespan kan word veral in sogenaamde
hot
spots
waar hierdie Bt-weerstandbiedende stamboorders oorleef op
Bt-mielies.
EPNs is mikroskopiese klein aalwurms wat wêreldwyd in alle
gronde aangetref word. In die natuur speel hierdie aalwurms ‘n
belangrike rol in die natuurlike beheer van insekgetalle. Die vry-
lewende stadia van die aalwurm soek aktief in die grond na insekte
om hulle dan deur natuurlike openinge, soos die anus, mond en
asemhalingsopeninge binne te dring.
Sodra die aalwurms die liggaamsholte van die insek ingedring
het, stel hulle ‘n dodelike bakterieë in die bloed van die insek vry.
Die bakterieë teel vinnig aan en los die organe van die insek op
sodat die aalwurm daarop kan voed. So ‘n insek sal binne 48 uur
vrek. Die aalwurm self kan sy lewensiklus binne ‘n week of twee
voltooi, afhangende van die grootte van die insek, om weer duisen-
de aalwurmlarwes vry te stel in die grond waar hulle na ‘n volgen-
de insek soek om te infekteer.
Wetenskaplikes in ander lande kan EPNs reeds kunsmatig in hul
massas aanteel. Sulke kunsmatig aangeteelde aalwurms is alreeds
as biologiese beheer agente suksesvol aangewend op gewasse
in tonnels en glashuise, op gholfbane asook op kommersiële
aanplantings. Hierdie vorige suksesse op ander insekplae het ons
aangespoor om te kyk of plaaslike EPNs stamboorders ook sal
aanval, hetsy die stamboorder Bt-weerstand het of nie.
Só is dit gedoen…
Diapouse (oorwinterende) stamboorderlarwes is in die winter
van ‘n Bt-weerstandbiedende en vatbare populasie in besmette
mielielande versamel. Hierdie populasies is dan gebruik om stam-
boorderteelkolonies te stig en te vestig. Stamboorderkolonies wat
suksesvol gevestig was, is onderhou op ‘n kunsmatige dieet of op
groenmielieplantmateriaal (
Foto 2
).
Die drie inheemse aalwurmspesies
Heterorhabditis zealandica
,
H. bacteriophora
en
Steinernema yirgalemense
is versamel tydens
plaaslike opnames wat deur die Universiteit van Stellenbosch ge-
doen is. Die versamelde aalwurms is dan in wasmotlarwes aange-
teel (
Foto 3
) wat in kultuurflesse by 14°C gestoor is (
Foto 4
). Die
infektiewe aalwurmlarwes wat spesiaal aangepas is om na insekte
in die grond te soek, is in water gevang soos wat hulle die wasmot
verlaat het. Hierdie aalwurmlarwes is binne twee weke nadat dit
geteel is, gebruik om die stamboorders mee te infekteer (
Foto 5
).
Die res van die werk is onder laboratoriumtoestande gedoen.
Elkeen van die aalwurmspesies is afsonderlik op diapouse en ak-
tiewe stamboorderlarwes en -papies van beide Bt-vatbare en Bt-
weerstandbiedende stamboorders getoets. Stamboorderlarwes
en -papies is met 100 aalwurms per insek geïnfekteer. Om seker
te maak dat die stamboorders nie dalk in elk geval siek is en van
iets anders vrek terwyl ons met hulle eksperimenteer nie, is daar
saam met elkeen van hierdie toetse ook dieselfde hoeveelheid
stamboorderlarwes en -papies as kontrole gebruik.
Die kontrolelarwes en papies waarmee ons die aalwurmbesmette
stel vergelyk het, is net met skoon water behandel. Besmette
stamboorderlarwes en -papies asook hulle onbesmette kon-
trolelarwes en papies is saam vir onderskeidelik 48 en 72 uur in
groeikabinette by 25°C gelos.
Ná 48 en 72 uur is daar gekyk watter persentasie stamboorderlar-
wes en -papies met die aalwurms geïnfekteer en dood was en of
die kontrolestamboorderlarwes en -papies nog gesond en lewen-
dig is. Stamboorderlarwes kleiner as 15 mm wat wel met die
aalwurms geïnfekteer is, is gedissekteer om te kyk hoeveel van die
aalwurms die insek suksesvol binnegedring het. Sodoende kon ons
bepaal of die EPNs goed vaar in hulle gasheer al dan nie.
Dít het ons wys geword…
Al drie EPNs-spesies het die stamboorderlarwes aangeval. Van al
drie aalwurmspesies, kon
S. yirgalemense
die meeste stamboor-
derlarwes infekteer, ongeag of hulle nou Bt-weerstandbiedend was
al dan nie en hulle ná drie dae almal uitwis. Hulle was veral in staat
om die groter stamboorderlarwes maklik binne te dring en suksesvol
te vermeerder (
Foto 6
).
Stamboorderlarwes wat aan
S. yirgalemense
blootgestel is en
suksesvol binnegedring is, kon maklik uitgeken word aan die geel
verkleuring van die larwe as gevolg van die dodelike simbiotiese
bakterieë wat die aalwurm binne-in die insek vrygelaat het.
Gepenetreerde stamboorderlarwes wat aan
H. zealandica
bloot-
gestel is, het weer grys gekleur en dié wat aan
H. bacteriophora
blootgestel is, het rooi gekleur (
Foto 7
).
Stamboorderpapies was nie so vatbaar soos die larwes nie en het
met die blootstelling van net 100 aalwurms per papie nie so goed
beheer nie.
OP PLAASVLAK
Aalwurms / Stamboorders / Biologiese beheer
Geïntegreerde plaagbeheer
SONIA STEENKAMP
en
ANNEMIE ERASMUS,
albei van die LNR-Instituut vir Graangewasse en
ANTOINETTE MALAN,
Departement van Agriwetenskappe, Universiteit van Stellenbosch