Background Image
Previous Page  72 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 72 / 92 Next Page
Page Background

Mei 2015

70

ONKRUIDDODERWEERSTAND

weer bekyk

D

ie definisie van onkruiddoderweerstand is alombekend.

Dit is die inherente vermoë van ‘n plant om ‘n onkruid-

doderdosis te oorleef, wat normaalweg die wilde tipe

sou doodmaak en daarna steeds lewenskragtige saad

produseer.

Weerstand in die wêreld

Onkruiddoderweerstandbiedendheid teen 2,4-D is reeds so vroeg

soos 1957 in Hawaii gerapporteer. Die eerste offisiële verslag van

onkruiddoderweerstand is egter in 1968 in die VSA gepubliseer.

Hierdie weerstand is aangeteken teen triasiene in

Senecio vulgaris

.

Parakwatweerstand is vir die eerste keer in die laat 70’s en

vroeë 80’s gerapporteer in vaalskraalhans. Die eerste geval van

sulfonielureaweerstand (ALS-inhibeerder) is in 1990 gerapporteer

in

Kochia scoparia

L. en wildeslaai (

Lactuca serriola

L.).

Sedert 1975 was daar ‘n skerp toename in die hoeveelheid weer-

standbiedende spesies. Tans is weerstand teen onkruiddoders af-

komende van die ALS-inhibeerdergroep (Groep B) die ergste in die

wêreld. Weerstand teen ander onkruiddoders het ook toegeneem.

Raaigras is die mees wydverspreide en problematiese onkruid in

Australiese en Suid-Afrikaanse landbou. Dit kom ook voor in hoë

digthede, het hoë genetiese variasie en weerstandbiedende bio-

tipes is deur die jare intensief geselekteer deur die herhalende

gebruik van onkruiddoders met dieselfde aktiewe bestanddeel.

Glifosaatweerstand het redelik stadig ontwikkel sedert die vrystel-

ling daarvan, ten spyte daarvan dat glifosaat die mees gebruikte

onkruiddoder in die wêreld is. Weerstand teen glifosaat is gevind

in wilde bokwiet in Australië en Kanadese skraalhans in Amerika.

Weerstand is ook aangeteken teen Kanadese skraalhans in vermin-

derde bewerkingsisteme. In 1996 is Roundup-weerstandbiedende

raaigras gevind in ‘n veld wat tien maal in die voorafgaande 15 jaar

met glifosaat gespuit is.

Hierdie geval het weer eens klem gelê op die belangrikheid van

afwisseling van onkruiddoders binne ‘n sekere landboustelsel.

Sedertdien is verskeie onkruidspesies met weerstand teen glifosaat

aangeteken.

Sedert 2003/2004 het weerstand teen glifosaat egter skerp toege-

neem in vergelyking met voorafgaande jare. Waar slegs vyf spesies

voorheen weerstandbiedend was, is daar in 2014 meer as 30 spesies

aangeteken met weerstand teen glifosaat.

Weerstand in Suid-Afrika

Die eerste bevestigde geval van onkruiddoderweerstand is aan-

geteken in 1986 in wildehawer. Hierdie wildehawerbiotipe was

weerstandbiedend teen diclofop-metiel. Weerstand teen triasiene

in misbredie is in 1996 aangeteken.

Ramenas het tekens getoon van weerstand teen chloorsulfuroon

in 2001 en parakwatweerstandbiedende raaigras, afkomend

van ‘n wingerd, is ook in 2001 aangeteken. In Januarie 2003 is

‘n skraalhansbiotipe gevind wat weerstandbiedend was teen

glifosaat en parakwat. Tongblaar, met glifosaatweerstand, is in

Mei 2003 gevind. Parakwatweerstand is ook gerapporteer in ‘n

raaigraspopulasie van die Wes-Kaap in 2004. ‘n Wilde bokwiet-

spesie is in 2011 gevind met weerstand teen glifosaat. Die

bevestiging van weerstand in Suid-Afrika vind egter meer plaas op

informele vlak as op wetenskaplike vlak, dus moet daar nie onder

‘n wanpersepsie verkeer word dat weerstand nie in Suid-Afrika

bestaan nie.

Weerstand by verskeie onkruide, teen verskeie onkruiddoders, word

jaarliks in talle gewasse wat in Suid-Afrika verbou word, gevind.

OP PLAASVLAK

Onkruiddoderweerstandbiedendheid

Geïntegreerde plaagbeheer

HESTIA NIENABER,

LNR-Kleingraaninstituut, ‘n afdeling van die Veldgewasdivisie

Grafiek 1: Hoeveelheid weerstandbiedende spesies vir verskeie onkruiddoder-

groepe (HRAC-kodes).

Grafiek 2: Toename in glifosaatweerstandbiedende onkruide

wêreldwyd.