Background Image
Previous Page  75 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 75 / 92 Next Page
Page Background

73

Produsente uit die Klerksdorp-area luister aandagtig tydens ‘n inligting-

sessie by die Noordwes Pannar Extravaganza in Februarie vanjaar.

goeie opbrengsstabiliteit by hoë-opbrengspotensiale. Dit kan in

alle produksiegebiede geplant word en met sy regop groeiwyse is

die kultivar vir alle rywydtes aangepas. Die 6,4 groeiklas kultivar

met ‘n later blomdatum sal presteer by laat sowel as vroeë

plantdatums. Sy sterk en diep wortelstelsel maak die kultivar

geskik om in die westelike watertafelgronde goed te presteer.

PAN 1729R:

Dit is ‘n laat kultivar en een van die min 7,3 groeiklas

kultivars in die mark. Die langer groeiklas saam met uitstekende

bewese droogteverdraagsaamheid, maak PAN 1729R een van die

kultivars wat produsente in die harde westelike produksiegebiede

moet plant. Dit bly langer groen en behou sy kapasiteit om te

fotosinteer lank nadat ander kommersiële variëteite as gevolg van

hitte- en droogtestres ingegee het. Tydens ‘n wortelontwikkelings-

ondersoek in Bothaville, was dié kultivar een van min waarvan die

wortels dieper as 1,2 m afwaarts gegroei het.

Konvensionele sonneblombasters

PAN 7098

is ‘n konvensionele drierigting baster met baie goeie

opbrengspotensiaal. Die baster bevat die geen vir toleransie teen die

huidige rasse van bruinroes en is ‘n baster wat met sukses verbou

kan word in die hoofsonneblomstreke.

PAN 7100

is een van die

uitsonderlik stabiele basters en beskik oor ‘n bogemiddelde olie-

inhoud in vergelyking met die meeste ander basters. Dit beskik oor

toleransie teen al die huidige bruinroesrasse en dié volseisoenbaster

word vir al die sonneblomproduksiegebiede aanbeveel.

Hierdie proewe is deur die Ottosdal Geenbewerkingsklub onder-

neem as deel van die projek wat die Mielietrust onder die Bewa-

ringslandbou Boere-Innoveringsprogram by Graan SA befonds.

Mnr Klaas Mampholo (Departement van Landbou, Bosbou en

Visserye) het die tweede dag ingelei en belangrike stappe in

bewaringslandbou op nasionale vlak bespreek, waarna verskeie

bewaringslandbouprodusente van die Noordwes Provinsie voor-

leggings gedoen en hulle suksesse en probleme ten opsigte van

bewaringslandbou gedeel het.

Mnr Wessel van Wyk (Proteïennavorsingstigting) het toe ‘n aanbie-

ding oor die verbouing van sojabone gedoen en daarna het beide

mnre Cobus Burger (SGS Nvirocrop) en Willie Pretorius (Soil Health

Solutions) praatjies oor grondgesondheid gelewer.

Die toekenning vir die beste voorlegging, geborg deur

Landbou-

weekblad

, is aan Van Wyk gegee.

‘n Volgepakte Ottosdal

skousaal tydens die

tweede bewarings-

landboukonferensie.

PANNAR behaal seisoen vir seisoen topresultate in

die nasionale sojaboonproewe. ’n Veelsydige pakket

van verskillende groeiseisoenklasse bied doeltreffende

risikobestuur waarop jy kan reken.

Sojabonemet

n bewese

suksesrekord.

2015/SOY/A/15

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2014 PANNAR BPK

Saam boer ons

vir die toekoms

www.pannar.com infoserve@pannar.co.za

ULTRAMODERNE

NAVORSING

GEWASVOORSORG

PRESISIE-

BEPLANNING

GEWASBESKERMINGS-

BESTUURSPRAKTYKE