Background Image
Previous Page  74 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 74 / 92 Next Page
Page Background

Mei 2015

72

Pannar stap die pad

saam met die produsent

Ottosdal Bewaringslandboukonferensie:

Positiewe impak op produsentebewustheid

P

annar se leuse “Saam boer ons vir die toekoms” beklemtoon

dié maatskappy se toewyding om die produsent met beter

kultivars, nuwe tegnologie en verbeterde verbouingspraktyke

vir progressiewe gewasproduksie te ondersteun.

‘n Aantal nuwe kultivars is tydens die 2015 Pannar Extravaganza

vir produsente van mielies, sojabone, sonneblom en droëbone

bekend gestel. Die hoofdoel van die Pannar Extravaganza, wat

jaarliks in verskillende streke in Suid-Afrika aangebied word, is

om produsente op hoogte te bring van nuwe verwikkelinge wat

Pannar-kultivars betref. Tydens die Noordwes Extravaganza op

25 en 26 Februarie vanjaar op die proefplaas buite Klerksdorp, is

die eienskappe van nuwe kultivars en die prestasie van gevestigde

kultivars met besoekers gedeel. Ná die insiggewende lesings deur

die kundiges van Pannar, kon produsente die geleentheid benut

om hul verteenwoordigers en landboukundiges van nader te leer

ken en eerstehandse inligting by dié kundiges in te win.

Volgens mnr Peet van der Walt (advertensiebestuurder: Pannar)

is risikobestuur en volhoubare boerdery vir dié maatskappy van

uiterste belang. Dit is ook waarom al hulle produkte aan ‘n deeglike

toetsprogram onderwerp word voordat enige kultivar bemark word.

Aspekte soos goeie opbrengsprestasie, stabiliteit oor seisoene en

gebiedsaanpasbaarheid is belangrike aspekte waaraan Pannar aan-

dag gee. Die vrug van hierdie program word in die Pannar-gewas-

pakket se prestasie in die LNR se nasionale proewe weerspieël

waar hulle in al die gewaskategorieë ‘n eerste plek behaal het. Hulle

beleid is om die beste moontlike kultivars in die Suid-Afrikaanse

mark vry te stel. Van die nuwelinge wat tydens die geleentheid

bekend gestel is, is:

Nuwe witmieliebasters

PAN 4A-111, PAN 4R-511R en PAN 4B-311B:

Dié vinnige pakket is

‘n uitstekende keuse vir al die oostelike produksiegebiede. Hier-

die pakket word onder besproeiing vir al die produksiegebiede

aanbeveel. Die basters beskik oor goeie algemene siektetoleransie,

staanvermoë, graankwaliteit en skepelmassa.

PAN 6R-665R en

PAN 6R-845CBGT:

Dié glifosaat-tolerante en stapelgeenbasters

pas in die medium groeiklas en beskik oor ‘n baie goeie stabiliteit

en kompensasievermoë onder verskillende produksietoestande.

Die basters droog relatief vinnig af en beskik oor goeie staanvermoë

en is sterk meerkoppig.

Nuwe geelmieliebasters

PAN 4R-576R en PAN 4R-776BR:

Dié glifosaat-tolerante en stapel-

geenbasters pas in die vinnige groeiklas. Hulle word vir die Noord-

oos-Vrystaat en aanvullend in die oostelike produksiestreke

aanbeveel.

PAN 6R-680R:

Hierdie mediumgroeiseisoenbaster

met glifosaat-onkruiddodertoleransie lewer uitstekende, stabiele

prestasie oor al die droëlandproduksiestreke. Dit vorm ‘n gedugte

pakket saam met PAN 6Q-408CB, wat ook ‘n uitstekende rekord

van prestasie het. Dit is ‘n uitstekende keuse vir kuilvoerproduksie

en ook waar ‘n enkele oes onder besproeiing of aanvullende

besproeiing verbou word.

PAN 6R-880CBGT:

Hierdie stapel-

geenbaster in die medium groeiklas bied die voordeel van stronk-

boorderbeskerming en toleransie teen glifosaat-onkruiddoder. Dit

is soortgelyk aan die PAN 6Q-408CB en PAN 6R-680R en is goed

aangepas vir al die produksiestreke.

Nuwe sojaboonkultivars

PAN 1500R

is ‘n opwindende nuwe kultivar wat die kultivar in die

Pannar-reeks met die beste opbrengsstabiliteitsindeks is, hoewel

dit nie die toppresteerder in enige van die produksiestreke was nie.

Hierdie 5,7 groeiklas kultivar is baie geskik vir die gematigde sowel

as die koel produksiegebiede.

PAN 1614R

is ‘n baie aantreklike

kultivar, met sterk vegetatiewe groei en goeie staanvermoë asook

D

anksy die hoogs suksesvolle Ottosdal Bewaringslandbou-

konferensie wat in 2014 gehou is, is ‘n tweede konferensie

vanjaar op 11 en 12 Maart gehou. Die oorweldigend

positiewe terugvoer van konferensiegangers was ‘n aan-

duiding dat daar ‘n soortgelyke positiewe impak op produsente se

bewustheid van hierdie tema was.

Die Ottosdal No-Till Club (Geenbewerkingsklub) het, in samewer-

king met Graan SA, daarin geslaag om verlede jaar se hoë standaarde

te handhaaf deur weer eens 'n baie suksesvolle bewaringslandbou-

konferensie op Ottosdal aan te bied.

Meer as 300 produsente en ander belangstellendes het die konfe-

rensie bygewoon. Die bywoning van ‘n Argentynse afvaardiging,

wat deur middel van die Graan SA/Argentynse-samewerkingsoor-

eenkoms aan die projek meewerk, het verder ‘n internasionale geur

aan die geleentheid verleen.

Konferensiegangers is deur mnr Dirk Laas (voorsitter van die Ottos-

dal Geenbewerkingsklub) verwelkom, waarna mnr Ernst Janovsky

(Absa AgriBesigheid) die konferensie geopen het.

Dr Hendrik Smith van Graan SA en die Mielietrust het ‘n oorsig oor

bewaringslandbou gegee en mnr Kallie van der Merwe (‘n produ-

sent in die omgewing) het ‘n voorlegging oor chemiese onkruidbeheer

in bewaringslandbou gedoen.

Ná ‘n aanbieding deur mnr Tony da Costa (produsent van Nigel,

Gauteng), het mnr Frikkie Kirsten (van die LNR-Instituut vir Plant-

beskermingsnavorsing) en me Lushka Labuschagne (Universiteit

van Pretoria) terugvoer gegee oor navorsing wat op die gedrag en

beheer van knaagdiere in graan gedoen word, terwyl dr André Nel

(LNR-Instituut vir Graangewasse) die jongste resultate van proewe

wat op Ottosdal onderneem is, bespreek het en deelnemers op die

namiddag se veldbesoeke aan die proewe voorberei het.

AKTUEEL

LOUISE KUNZ,

SA Graan/Grain

medewerker

HENDRIK SMITH,

bewaringslandboufasiliteerder, Graan SA