Goeie arbeidspraktyke en
-verhoudinge in die kollig
B
aie geluk! Die feit dat jy hierdie reeks artikels oor arbeids-
verhoudinge begin lees het, is reeds ‘n bewys dat jy die in-
gesteldheid van ‘n wenner het. Wenners is mense wat altyd
bereid is om te leer en hard te werk om hul prestasie voort-
durend te verbeter – al is dit later net met breukdele van ‘n sekonde
(in die geval van swemmers of atlete).
Die produsent wat daarop ingestel is om sy kennis en vaardighede
ten opsigte van arbeid en arbeidsverhoudinge te verbeter, is beslis
op die wenpad.
Ek is bevoorreg om ‘n paar van die top-produsente in Suid-Afrika
persoonlik te ken. Wat my telkens opval is hulle, en in vele gevalle
ook hulle vrouens, se ingesteldheid teenoor hulle personeel. By
geleentheid het ek my verstom toe ek sien hoe ‘n groot produsent
(letterlik en figuurlik) op die gras buite die boerdery se kantore op sy
hurke gaan sit en ‘n gesprek met een van die werkers se kinders (nog
‘n kleuter) aanknoop.
Personeel wat op daardie plaas gekom en gegaan het, het die bood-
skap baie duidelik gekry: Hulle word as mense gesien en selfs hulle
kinders is vir die produsent van daardie plaas belangrik.
So terloops: Is dit nie ook dié eienskap van oudpresident Nelson
Mandela wat ons almal verstom het nie? Al was sy program hoe vol,
het hy altyd tyd vir mense gehad, want mense was vir hom belangrik.
Dit het hom in staat gestel om selfs van sy vyande vriende te maak.
Om tyd, geld en energie te spandeer om jou vaardighede ten opsig-
te van verhoudinge te verbeter, is ‘n uitstekende belegging waarop
jy ‘n belowende oes kan verwag. Al kom dit vir sommige van ons
meer natuurlik as vir ander om met mense te werk, kan ons almal
leer hoe om ons arbeidsverhoudinge te verbeter.
Arbeidsverhoudinge in die landbousektor is onder geweldige druk.
Dít het ek opnuut besef toe ek eendag na die dienskontrak van ‘n
plaaswerker in my hand kyk – dit was dikker as enige ander dienskon-
trak wat ek nog ooit in my hand gehad het.
Dit het egter nie in die eerste plek iets met ras en kleur te doen nie.
Ek onthou nog ‘n werkswinkel vir jong produsente wat Amos Agri-
min (‘n landboubediening) ongeveer tien jaar gelede in die Oos-
Vrystaat gehou het. 50% van die produsente was Afrikaans- en
50% Sothosprekend. Op ‘n vraag oor wat die grootste uitdaging is
waarmee hulle worstel (geld en kontantvloei uitgesluit), het beide
die Afrikaans- en die Sothosprekende produsente geantwoord:
“Arbeidsverhoudinge”.
Wie dus arbeidsprobleme nét oor die boeg van ras en kleur wil gooi,
maak ‘n baie groot fout...Só eenvoudig is dit nie. Om met mense te
werk, in watter verband ook al, vra bepaalde kennis en vaardighede,
net soos enige ander werk op die plaas. Blanke produsente wat
blankes aanstel en Sotho produsente wat Sotho’s aanstel, ontdek
gou dat dit nie die einde van hulle moeilikheid beteken nie.
Probleme in die arbeidsmark het diep wortels wat dikwels niks met
arbeid self te doen het nie. Kom ek noem ‘n enkele voorbeeld. Meer
as 80% van alle geweldsmisdade in Suid-Afrika vind binne-in ge-
sinne plaas. Die konflik is dus nie in die werksplek nie, nie eers net
tussen mense van dieselfde etniese groep nie, dit is tussen mense
van dieselfde familie.
In sy skitterende boek,
The world needs a father
, haal mnr Cassie
Carstens aan die begin van hoofstuk twee vir Stephen Baskerville
van die Howard Universiteit aan. Baskerville sê: “
Virtually every
major social pathology has been linked to fatherlessness. Violent
crime, drug and alcohol abuse, teen pregnancy, suicide – all corre-
late more strongly to fatherlessness than to any other single factor.
”
Ek wil graag byvoeg: Ook baie van die probleme in die werksplek kan
herlei word na afwesige pa’s. Volgens Carstens toon die laaste sen-
sus in Suid-Afrika dat slegs 33% van kinders opgroei in huise waar
hulle biologiese pa’s teenwoordig is. Twee uit elke drie kinders word
dus sonder hulle biologiese pa’s groot. Vaderloosheid lei tot baie
en diep emosionele wonde by mense, ongeag of hulle later werk-
gewers of werknemers is. Hierdie emosionele wonde beïnvloed
mense se interaksie met mekaar – ook in die werksplek.
Dit is egter nie net vaderloosheid nie: Feitlik elke sosiale, maat-
skaplike, opvoedkundige en ekonomiese probleem in die land het
‘n enorme invloed op arbeidsverhoudinge in die landbou. Die oor-
grote meerderheid van mense (beide werkgewers en werknemers)
het nog nooit ‘n enkele boek oor die huwelik of oor kinderopvoeding
gelees nie.
Min studierigtings aan universiteite en kolleges sluit modules oor
arbeid en arbeidsverhoudinge in. Ook op skool geniet die saak
bloedweinig aandag. Dit lei tot groot onkunde en ‘n gebrek aan
interpersoonlike vaardighede by die meeste mense.
Die onvermoë om konstruktief aan goeie verhoudinge te bou, word
vererger deur ‘n klomp uiteenlopende sake: Morele verval in die
land, die gaping tussen ryk en arm, die afstand tussen woon- en
werksplek (trekarbeid – wat weer tot vaderloosheid lei), politieke
gebeure in ons eie land asook ons buurlande, die seisoenale aard
van baie werksgeleenthede in die landbou, verwagtinge en/of vrese
ten opsigte van grondhervorming, werkloosheid (ook onder gegra-
dueerde jongmense), die afwesigheid van ‘n Bybelse werksetiek,
eise om ‘n minimum loon van R12 000 per maand in die mynsektor
wat baie aandag in die media geniet, en so kan ‘n mens aanhou.
Selfs in 2 Timoteus 3:1 - 5a teken Paulus vir ons ‘n prentjie wat beslis
nie bevorderlik is vir goeie arbeidsverhoudinge nie. Hy skryf onder
leiding van die Gees van die Here: “Dit moet jy weet: In die laaste
dae sal daar swaar tye kom. Die mense sal selfsugtig wees, geld-
gierig, grootpraterig en verwaand, beledigend teenoor hulle me-
demense en ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar en
ongodsdienstig; hulle sal liefdeloos en onversoenlik wees, kwaad-
praters, bandeloos en wreed, sonder liefde vir die goeie; hulle sal
HENNIE VILJOEN,
Amos Agrimin
– Amos Agrimin
Reeks
Mei 2015
74
RELEVANT