Background Image
Previous Page  66 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 66 / 92 Next Page
Page Background

Mei 2015

64

PROMOSIE-ARTIKEL

Terselfdertyd is dit verseker onder die omstandighede ekonomies

voordelig om NBPT by ureum te voeg hetsy teen ‘n 20%- of

30%-premie (Grafiek 3). ‘n Opbrengsverskil van 492 kg/ha tussen

KAN en ureum plus NBPT by ‘n opbrengsmikpunt van 6 ton

mielies/ha kom neer op ‘n winsverskil bo N-koste van R807/ha tot

R1 306/ha vir KAN-N premies van tussen 50% en 10% onder-

skeidelik, in vergelyking met ureum plus NBPT teen ‘n N-premie

van 20%.

Al sou die opbrengsvoordeel van KAN bo ureum plus NBPT in

praktyk slegs die helfte wees van wat in die navorsing verkry is, sou

dit steeds betekenisvol meer winsgewend wees om KAN te gebruik

selfs teen ‘n KAN-N premie bo ureum-N van so hoog as 50%.

Gevolgtrekkings en aanbevelings

Wanneer die gevaar van ureumvervlugtiging groot is, kan ver-

wag word dat KAN die hoogste opbrengs en wins sal lewer,

gevolg deur ureum plus NBPT en dan gevolg deur ureum.

Die gebruik van NBPT saam met ureum is alleenlik agronomies

en ekonomies regverdigbaar indien dit die bekamping van am-

moniakvervlugtiging van oppervlaktoedienings ten doel het.

Weens die risiko van opbrengsverlies

behoort die gebruik van NBPT saam

met ureum onder omstandighede waar

loging ‘n baie groter probleem as ver-

vlugtiging is, vermy te word. KAN/

ammoniumnitraat is onder sulke om-

standighede baie meer geskik omdat

dit in vergelyking met ureum plus NBPT

baie minder loog.

Wanneer ernstige N-tekorte vinnig aan-

gespreek moet word, behoort ureum

plus NBPT ook weens die risiko van op-

brengsverlies vermy te word. KAN/am-

moniumnitraat is onder sulke omstan-

dighede in teenstelling met ureum plus

NBPT onmiddellik plantopneembaar.

Effektiwiteitsvergelykings

tussen

ureum, ureum plus NBPT en KAN/

ammoniumnitraat is afhanklik van die

anorganiese N-tekort in die grond en

die N-peil waarby die N-draers ver-

gelyk word. Wanneer daar geen of

klein opbrengsverskille tussen twee of

meer van die N-bronne waargeneem

word, moet daar gewaak word teen die

foutiewe afleiding dat hierdie N-draers

agronomies en ekonomies ewe effektief

is of baie min verskil.

Verwysings

Bundy, L.G. 1992. Urease inhibitors: NBPT use with

surface-applied urea and 28% N solution. New

Horizons in Soil Science. No. 2. Dept. Soil Science,

Univ. of Wisconsin-Madison.

Chambers, B. & Dampney, P. 2009. Nitrogen

efficiency and ammonia emissions from urea-based

and ammonium nitrate fertilisers. International

Fertiliser Society Conference, Cambridge, 10th

December 2009. IFA, ISBN 978-0-85310-294-6 (ISSN

1 466 - 1 314).

Du Preez, C.C. & Du T. Burger, R. 1986. A proposed

mechanism for the volatilization of ammonia from

fertilized neutral to alkaline soils. S. Afr. J. Plant Soil,

1986, 3(1), 31 - 34.

Fenn L.B. & Miyamoto S. 1981. Ammonia loss and

associated reactions of urea in calcareous soils. Soil

Sci. Soc. Am J. 45:537 - 540.

Fantanetto, H. 1995. Ciencia del Suelo, INTA,

Argentina.

Gordon, B. 2008. Nitrogen management for no-

tillage corn and grain sorghum production. 2008.

Great Plains Soil Fert. Conf., Proc., Vol 12:67 - 70.

Hendrickson, L.L. 1992. Corn response to urease

inhibitor NBPT: Five-year summary. J. Prod. Agric.

5:131 - 137.

Schwab & Murdock. 2010. Enhanced-efficiency

Nitrogen fertilizers for corn and wheat production.

International IFA Conference on Enhanced-Efficiency

Fertilizers 23 - 24 March 2010, Miami, FL, USA.

Grafiek 2: Die gemiddelde mielie-opbrengsverhogende effek van ureum plus urease-inhibeerder

(NBPT) en ammoniumnitraat bo die opbrengs wat met ureum verkry is, onder gunstige toestande vir

vervlugtiging, deur verskillende navorsers gerapporteer (Tabel 1) en op verskillende opbrengsmik-

punte van toepassing gemaak. Die gemiddelde hoeveelheid N wat by die opbrengsmikpunte

oor grondtekstuurklasse aanbeveel word, is ook aangedui.

Grafiek 3: Verhoging in wins bo N-koste van KAN en ureum plus NBPT bo ureum by ‘n mielieprys

van R2 400/ton en verskillende N-pryse (Tabel 2). Die verwagte opbrengsverhoging van ureum plus

NBPT bo ureum is 7,2% en KAN bo ureum is 15,4% onder gunstige toestande vir vervlugtiging.

Bundy, 1992; Gordon, 2008; Schwab & Murdock, 2010

Ammoniumnitraat het ‘n opbrengs-, sowel as winsvoordeel

Vir meer inligting, tree gerus in verbinding met Sasol Nitro se kontaksentrum by 087 350 2222 of

fertiliser@sasol.com .

Let wel: Raadpleeg ‘n gekwalifiseerde landboukundige vir meer lokaliteit spesifieke toepassings. Die resultate waarna in hierdie artikel

verwys word, is onder spesifieke omstandighede verkry en is daarom nie algemeen onder alle omstandighede toepasbaar nie.