Background Image
Previous Page  77 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 77 / 92 Next Page
Page Background

Deel jou praktyke met medeprodusente

Graan SA-lede is welkom om wenke vir goeie arbeidspraktyke en -verhoudinge op die plaas of praktyke wat hulle op die plaas toepas

en wat vir hulle werk, met hulle medeprodusente te deel. Stuur ‘n e-pos na

estiedv@mweb.co.za

en ons sal jou kontak.

75

May 2015

verraaiers wees, roekeloos en hooghartig. Hulle sal eerder liefde

vir genot hê as liefde vir God. Hulle sal nog die uiterlike skyn van

die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken

nie.” (1983 Vertaling van die Afrikaanse Bybel)

Daar is dus geen

quick fix

vir die uitdagings waarvoor arbeid en

arbeidsverhoudinge ons stel nie. Slegs die produsent wat daarop

ingestel is om sy kennis en vaardighede ten opsigte van arbeid en

arbeidsverhoudinge te verbeter, is op die wenpad. Sonder hierdie

kennis en vaardighede gaan die gety vroeër of later teen jou draai.

“Meet om te weet” is ‘n bestuurspraktyk wat ek 20 jaar gelede by

mnr Tod Pienaar, Merino-produsent van Colesberg, geleer het. Dit

is heelaas nie net reën, geld, produksieresultate en ander tegniese

gegewens wat gemeet moet word om goeie bestuursbesluite te

neem nie. Ook arbeid en arbeidsverhoudinge moet deurlopend

geëvalueer en verbeter word.

In jou strewe om hierdie kennis te kry en hierdie vaardighede te

bemeester, is Amos Agrimin die regte vennoot waarna jy soek.

Gedurende die jaarlikse 40-Dae Gebedsfokus op die Landbou

(1 September tot 10 Oktober) gaan ons DV hierdie jaar op arbeid en

arbeidsverhoudinge fokus.

Soos in die verlede sal daar ‘n gebedsgids met 40 dagstukkies

deur Amos uitgegee word. Dit sal ook gratis van Amos se webtuiste

afgelaai kan word (besoek

www.amosagrimin.net

). ‘n Reeks DVD’s

oor die onderwerp word ook in die vooruitsig gestel.

Vir meer inligting, kontak Hennie Viljoen by 083 233 4433 of

hennie.viljoen@amosafrica.net .

Figuur 1: Deursigtigheid.

Maak vroegtydig

voorbrand

P

rodusente word daaraan herinner om vroegtydig hierdie

jaar voorbrand teen veldbrande te maak. Met die afgelope

droë seisoen wat produsente gehad is, is die kanse vir veld-

brande baie groot dié winter.

Lees gerus die artikel hieroor op bladsy 14 en 15 in die

Graangids 2015

(wat saam met die Januarie-uitgawe van

SA Graan/Grain

uitgegee

is). Die

Graangids

-redaksie het in dié artikel met mnr Frans Marx

(bestuurder van Wolmaransstad se Brandbeskermingsvereniging)

gesels oor wenke vir die bestryding en bestuur van veldbrande.

SA GRAAN/GRAIN

REDAKSIE

Die

Graangids 2015

wat saam

met die Januarie-uitgawe van

SA Graan/Grain

uitgegee is. ‘n

Elektroniese weergawe is op

die Graan SA webblad beskik-

baar of by dié QR-kode:

Figuur 1: Kleinboere wat vorder na kommersiële produsente ervaar ‘n

bottelnek in groeivloei.

3 500

(< 10 ha)

600 (> 10 ha

maar < 250 ton)

167

123

3 500

Nuwe era

kommersiële

produsente

250 Ton klublede

Kommersiële

produsente

Kleinskaalboere

Bestaansboere

Figuur oor bottelnek

bly in die slag

Daar het ongelukkig in die April-uitgawe van

SA Graan/Grain

by die Voorsittersverslag op bladsy 20 ‘n fout ingesluip by

Figuur 1. Slegs die syfer vir die bestaansboere (subsistence

farmers) het verskyn, wat die waarde van die figuur vir

SA Graan/Grain

-lesers kon verwater het. Ons vra verskoning

en plaas graag hiermee die volledige

Figuur 1

.

– Red

.