Background Image
Previous Page  73 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 73 / 92 Next Page
Page Background

Suid-Afrika is een van die lande met die grootste voorkoms van

onkruiddoderweerstandbiedende raaigras.

Hoe voorkom/beheer ‘n mens weerstand?

Weerstandbiedendheid word beheer of voorkom deur die volgende

maatreëls te volg:

Onkruiddoders moet met mekaar afgewissel word om so te

voorkom dat dieselfde onkruiddoder jaar na jaar op dieselfde

onkruidpopulasie gebruik word.

Pas gewasrotasie toe indien moontlik. Dit is dié faktor wat

wêreldwyd as die beste oplossing vir weerstandbiedendheid

voorgehou word. Gewasrotasie veroorsaak dat verskillende

onkruidspesies, in die verskillende gewasse wat verbou word,

voorkom en verskillende onkruiddoders met verskillende

metodes van werking gebruik kan word.

Moet nooit ongeregistreerde mengsels maak nie. Hou ten alle

tye by die etiketaanbevelings. Let op na die middels waarmee

die onkruiddoder mengbaar is en onthou om die geregistreerde

byvoegmiddels by die onkruiddoders te voeg.

Hou rekord van onkruiddoders wat gebruik word asook die

dosis waarteen dit gespuit word.

Die produsent moet gereeld die lande monitor, sodat weer-

standbiedende kolle betyds raakgesien en uitgeroei kan word,

byvoorbeeld met behulp van kolbespuiting.

Sorg ten alle tye dat die onkruiddoder op die regte groeista-

dium toegedien word.

Sorg dat die regte dosis altyd gebruik word. Té hoë dosisse en

té lae dosisse kan weerstandbiedende onkruide selekteer.

Sorg dat die spuittoerusting korrek gekalibreer is en dat die

persoon wat verantwoordelik is vir die spuitproses voldoende

opleiding ontvang het.

Volg altyd die onkruiddoderetiket se aanbevelings.

Samevatting

Onkruiddoderweerstandbiedendheid is ongelukkig ‘n realiteit en

moet dus in ag geneem word in alle landboupraktyke. Hoe vroeër

dit opgemerk word in ‘n land, hoe vroeër kan effektiewe beheer

daarvan begin.

Die LNR-Kleingraaninstituut (LNR-KGI) het onlangs met ‘n diens

begin wat onkruidsaad/saailinge vinnig kan toets vir teikenarea-

weerstand teen ALS- en ACCase-inhibeerder onkruiddoders. Tans

is dit gratis en resultate kan binne so vinnig as 72 uur verkry word.

Vir enige verdere navrae, kontak Hestia Nienaber by

058 307 3420 of

deweth@arc.agric.za .

SA Graan/

Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie

71

PANNAR sonneblombasters is bekend vir stabiele

prestasie en goeie risikobestuur. Die pakket sluit ’n

volledige reeks basters met die CLEARFIELD

®

geen

asook basters met die CLEARFIELD

®

PLUS geen in.

Boere kan met groot gemoedsrus en vertroue

PANNAR se sonneblomreeks aanplant met die wete

dat die beste tegnologie in hierdie basters opgesluit lê.

®CLEARFIELD

®

en CLEARFIELD

®

PLUS is die geregistreerde handelsmerke van BASF.

Skoonheid en

verstand, vir

resultate op die land.

2015/SUN/A/11

® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2014 PANNAR BPK

Saam boer ons

vir die toekoms

www.pannar.com infoserve@pannar.co.za

ULTRAMODERNE

NAVORSING

GEWASVOORSORG

PRESISIE-

BEPLANNING

GEWASBESKERMINGS-

BESTUURSPRAKTYKE