

FOKUS
Saad
Spesiale
Bestuur stikstof in
sojaboonplante
B
y MBFi streef ons daarna om kreatief te wees en ontwikkel
ons biologies-gebaseerde produkte om die grense van ‘n
groot aantal gewasse in die landbousektor te toets. Ons
fokus spesifiek op biologiese stikstofvaslegging en stik-
stofbeheer in sojabone.
Stikstof is essensieel vir die opbrengs van die gewas en naas
fotosintese is dit die belangrikste element wat sojabone benodig
om hoë opbrengs te verseker. Die vraag is hoe om biologiese
stikstofvaslegging in die gewas te maksimaliseer?
Navorsing het bewys dat hoe hoër die konsentrasie van die
risobium-gebaseerde produk is, hoe meer nodules en hoe groter
die droë massa van die nodules op die primêre wortel. As ons
die hoeveelheid nodules op die primêre wortel kan vermeerder,
dan kan ons die hoeveelheid stikstof wat vasgelê word, verhoog.
As ons dieper na die posisie van die nodules op die wortels kyk, vind
ons dat soveel soos tien keer meer biologiese stikstofvaslegging
uit dieselfde droë massa nodules op die primêre as op sekondêre
wortels kan plaasvind.
In
Grafiek 1
en
Grafiek 2
kan ons sien dat nodules per plant, sowel
as nodules op die primêre wortels, toeneem met toenemende
risobiumkonsentrasie in die formulering. Aan die begin van ontwik-
keling van risobiumprodukte is die meer tradisioneel-gebaseerde
entstof, soos Nitrox-sojaboonentstof (perliet-gebaseerde poeier),
met ‘n konsentrasie van 108 kve/g geproduseer.
Registrasiehouer: N Laboratories (PTY) LTD
No: 2015/165672/07
144, 2nd Ave, Modder East Orchards, Delmas, 2210
Bemarking/verspreiding:
MBFi (PTY) LTD, No: 2013/211882/07
Po Box 1137, Delmas, 2210
Tel: +27 (0) 82 738 0080 Fax: +27 (0)86 547 6711
orders@mbfi.co.za /www.mbfi.co.zaNitro-Liq Soybean Reg No: L8986 (Wet 36/1947)
Bevet:
Bradyrhizobium Japonicum
Minimum 2 X 10^9 Cfu/ml
raklewe 12 maande
Rizo-Liq Soybean Reg No: L8738 (Wet 36/1947)
Bevat:
Bradyrhizobium Japonicum
Minimum 6.5 X 10^9 Cfu/ml
raklewe 18 maande
Signum Soybean Reg No: L8988 (Wet 36/1947)
Bevat:
Bradyrhizobium Japonicum
Minimum 6.5X10^9 Cfu/ml
raklewe 18 maande
Elite Soybean Reg No: L8925 (Wet 36/1947)
Bevat:
Bradyrhizobium Japonicum
Minimum 1X 10^10 Cfu/ml
raklewe 12 maande
25
JONATHAN ETHERINGTON,
MBFi
Grafiek 1: Nodules per plant op primêre en sekondêre wortels met
verskillende konsentrasies bakterieë/ml.
Grafiek 2: Droë nodulêre massa op primêre en sekondêre wortels met
verskillende konsentrasies bakterieë/ml.
Produk-inligting