

Biologiese
stikstof
vir jou
sojabone!
Verseker nuwe
hoogtes in
sojaboonopbrengs in Suid-
Afrika
No 144, Ave 2, Modder East Orchards, Delmas
www.mbfi.co.za27
Die volgende generasie van vloeibare entstowwe soos Nitro-Liq
Soybean is ‘n hoëkwaliteitproduk, maar die konsentrasie is in die
omgewing van 109 kve/ml. Die produk sal goeie enting en vaslegging
lewer.
In 2011/2012 het MBFi Rizo-Liq Soybean entstof vrygestel wat ‘n
konsentrasie van 1 010 kve/ml het en wat ‘n OSMO-beskermings-
bymiddel bevat. Hierdie produk verhoog nodulasie op die primêre
wortel, asook op die totale nodulêre droë massa op die plant, om-
dat die konsentrasie bakterieë hoog is. Die OSMO-bymiddels ver-
beter ook oorlewing van die bakterieë op die saad en in die grond.
Wetenskaplikes het bewys dat daar verskeie flavonoïede en en-
sieme tydens die interaksie tussen plante en mikro-organismes
geproduseer word. Nodules ontwikkel as gevolg van sein-uitruiling
tussen plantwortels en rhizobia. Tydens hierdie interaksie skei die
plantwortels spesifieke flavonoïede af wat verskeie funksies tydens
nodule-ontwikkeling verrig. Flavonoïede is betrokke by die chemiese
aantrekking van rhizobia na die plantwortels en die regulering van
spesifieke gene betrokke by nodule-ontwikkeling.
Flavonoïede dien ook as determinante van gasheerspesifisiteit, ont-
wikkelingreguleerders en reguleerders van fitoaleksienweerstand in
rhizobia. MBFi en Rizobacter in Argentinië het hierdie interaksies al
vir baie jare nagevors en het ‘n nuwe bio-induseerder-entstof ge-
naamd Signum Sojaboonentstof ontwikkel.
Signum bevat ‘n hoë konsentrasie van risobiumbakterieë en veel-
vuldige seinmolekules om die tempo van infeksie van die plant deur
die bakterieë te verhoog, wat dan stikstofvaslegging verhoog. Die
seinmolekules stimuleer ook die verdedigingsmeganismes van die
sojaboonplant teen siekte en klimatologiese stres.
Een van die belangrikste faktore wat biologiese stikstofvaslegging
beïnvloed, is fotosintese. As ’n mens na die plant se vereistes vanuit
‘n bio-stimulant- en nutriëntperspektief kyk, sal jy besef dat bio-
stimulante en nutriënte soos fosfaat, swael, mangaan, sink, kobalt,
molibdeen en boor baie belangrik is om fotosintese in die plant te
verhoog/verbeter. As daar ‘n tekort van enige van die elemente of
bio-stimulante in die plant is, sal die stikstofvaslegging negatief
beïnvloed word.
Deur middel van plaaslik-gebaseerde proewe het MBFi vier spesi-
fieke groeistadia geïdentifiseer wat hierdie beperkinge kan aan-
spreek: Voor-plant/planttyd, V4, R1 en R5.1 op sojabone. Ons het
produkte soos X-Press Functional, Nzyme Plus en X-Press MOB
ontwikkel om die nutriënttekorte van die plant aan te vul en om
plantaktiwiteit te stimuleer.
Slotopmerking
Om die biologiese stikstofvaslegging te verhoog, moet nie net
die konsentrasie van rhizobia in ons produkte verhoog word nie
(1 010 kve/ml), maar ook die kommunikasie en interaksie tussen
die plant en mikro-organisme. Ons moet dan verseker dat daar
geen nutriënttekorte is nie en die plant aktiwiteit stimuleer om by
spesifieke groeistadiums te groei. As al die bogemelde faktore in
ag geneem word, kan biologiese stikstofvaslegging en gewasop-
brengs verhoog word.
Bestuur stikstof