

FOKUS
Saad
Spesiale
Maart 2017
28
Bewaringslandbou
vereis ‘n hoër mieliestand
P
lantestand kan ‘n groot invloed op die opbrengs van ‘n
gewas hê. ‘n Té lae stand het tot gevolg dat individuele
plante gewoonlik baie goed presteer, maar op landskaal
(ruimtelik) word skaars of beperkte hulpbronne en insette
soos grond, reënval en bemesting ondoeltreffend benut.
‘n Té hoë plantestand aan die ander kant, veroorsaak kompetisie
tussen plante vir hulpbronne en insette wat individuele plante swak
laat presteer en op landskaal die opbrengs kan onderdruk.
Die plantestand is redelik beheerbaar en dit is logies dat dit, akker-
boukundig gesien, só bestuur moet word dat dit nie die opbrengs
beperk nie. Saadkoste kan aansienlik wees en gevolglik is die eko-
nomiese optimum in die praktyk eerder die aangewese plantpopu-
lasiemikpunt.
Akkerboukundiges het ‘n omvattende definisie vir die optimale
plantestand daargestel: Die optimale plantestand vir enige gegewe
opbrengspotensiaal het volwasse plante tot gevolg wat dig ge-
noeg staan om die reënval, voeding en sonlig optimaal te benut,
maar ook nie so dig te staan dat sommige plante afsterf of onpro-
duktief bly nie.
Teen dié stand word produksie op die land geoptimaliseer, alhoe-
wel individuele plante minder graan produseer as plante wat geen
kompetisie van ander plante het nie.
Die optimale plantestand word dus deur die opbrengspotensiaal
van ‘n land bepaal. In die somersaaigebied word die opbrengspo-
tensiaal deur die reënval en die waterhouvermoë van die grondpro-
fiel bepaal. Soos ons weet, regverdig ‘n hoër opbrengspotensiaal ‘n
hoër plantpopulasie.
Daar is ook ander faktore wat die optimale plantestand op ‘n
sinergistiese wyse beïnvloed, wat soos volg gedefinieer kan word:
Kultivar
Verskillende kultivars het elk ‘n bepaalde groeiwyse en vermoë om
by sekere omstandighede aan te pas. Selfs die plantdatum van ‘n
kultivar beïnvloed die optimale plantestand.
Reënval
In die somersaaigebied speel reënval verreweg die belangrikste rol
in die keuse van plantestand. Die reënval wissel egter baie van
seisoen tot seisoen en daarom ook die optimale plantestand. ‘n
Plantestand wat in die meerderheid van seisoene nie die opbrengs
gaan beperk nie, moet gevolglik nagestreef word.
Grondbestuurspraktyke
Een faktor wat ‘n verrassende groot invloed op die optimale
plantestand van mielies het, is bewerking of geenbewerking. Alle
aanduidings is tans dat ‘n hoër optimale plantestand vir mielies
meer haalbaar is met geenbewerking (as deel van bewarings-
landbou) as onder konvensionele bewerking – veral wanneer al die
faktore meewerk om belangrike omgewingsdienste soos grond-
gesondheid te maksimaliseer.
In teenstelling met mielies is alle aanduidings dat die optimale
plantestand van sonneblom en peulgewasse dieselfde in konven-
sionele en bewaringslandboustelsels is.
Die hoër optimale stand van mielies het waarskynlik met die re-
latiewe swak penetreervermoë van sy wortelstelsel te doen, asook
die verandering in opbrengspotensiaal.
Met geenbewerking is die penetrasieweerstand van die grond aan-
vanklik hoër as onder bewerking. Dit vertraag waarskynlik die tem-
po waarteen die wortelstelsel ontwikkel en die volume grond wat
elke mielieplant se wortelstelsel onder geenbewerking kan benut.
Oor tyd sal die verbetering in grondstruktuur, grondbiologie en die
teenwoordigheid van wortelkanale (onder andere as gevolg van die
integrasie van dekgewasse) onder bewaringslandbou ‘n goeie ver-
spreiding van plantwortels in die grondprofiel verseker.
Peulgewasse en sonneblom, wat penwortelstelsels het, word nie
op dieselfde wyse as mielies beïnvloed nie. Die plantestand hoef
dus nie vir dié gewasse onder geenbewerking aangepas te word nie.
Rywydte
Die positiewe impak van plantestand op grondgesondheid en ge-
wasopbrengs, veral in bewaringslandboustelsels, word baie nou
geassosieer met rywydte. Rywydtes nouer as 0,9 m verbeter en
versnel die bedekking van die grond ná plant, verlaag die verlies
van grondwater deur verdamping, verbeter die onderdrukking van
onkruide en veroorsaak ‘n meer eweredige verspreiding van plante
en dus ook wortels in die grondprofiel.
ANDRÉ NEL,
onafhanklike akkerboukundige en
HENDRIK SMITH,
bewaringslandboufasiliteerder: Graan SA
“
Die optimale plantestand
vir enige gegewe opbrengs-
potensiaal het volwasse plante
tot gevolg wat dig genoeg
staan om die reënval, voeding
en sonlig optimaal te benut,
maar ook nie so dig te staan
dat sommige plante afsterf of
onproduktief bly nie.
“