

FOKUS
Saad
Spesiale
Plant vanjaar bestrykte lusernsaad
L
usernproduksie word deur verskeie faktore beïnvloed:
Onvoorspelbare klimaatstoestande kan nie beheer word nie,
maar bestuur is krities. ‘n Optimale plantestand van die regte
kultivar vorm die basis vir sukses, voordat die produsent met
goeie bestuur die opbrengspotensiaal kan ontsluit.
Plantestand
Bestrykte (
coated
) saad is fisies groter as skoon (onbestrykte) saad
en bevat daarom minder saad per kilogram. Daar word gewoonlik
twee foute gemaak wanneer bestrykte saad geplant word:
Planters word nie vir die groter saad gekalibreer nie; en
die saaidigtheid word nie effens opwaarts aangepas nie.
Teoreties is daar oorgenoeg bestrykte saad per kg om teen dieselfde
digtheid (kg/ha) as skoon saad te plant, maar uiteindelik moet die
saailingdigtheid waarmee die spesifieke produsent tevrede is,
behaal word.
Advance Seed het oor seisoene, in menigte standproewe in die
Luckhoff-, Jacobsdal-, Douglas- en Hartswater-omgewings, bewys
dat die gewenste stand met bestrykte saad verkry kan word indien
die saaidigtheid (kg/ha) opwaarts (met 20% - 30%) aangepas word.
Die voordeel wat die produsent kry, is dat die saadkoste per
hektaar van die bestrykte saad selfs met ‘n verhoogde saaidigtheid
heelwat laer bly. Produsente wat al bestrykte saad teen die regte
saaidigthede geplant het, sal nie weer skoon saad teen die huidige
saadpryse plant nie.
Mnre Abrie de Wet en Pieter Cronjé, buurmanne van Jacobsdal,
is voorbeelde van sulke produsente. Volgens De Wet het hy geen
standverskille waargeneem waar hy bestrykte en skoon saad teen
dieselfde kg/ha langs mekaar geplant het nie.
Cronjé sê hy was veral beïndruk met die kwaliteit van die bestrykte
saad wat pit-vir-pit eweredig bestryk is. Hy skryf die sukses van
bestrykte saad toe aan die voordelige invloed wat die bestrykingstof
fisies op die saad het: “…die verspreiding van saad is meer eweredig,
saad-grond-kontak is beter en elke saadjie kry ‘n beter kans om ‘n
lusernsaailing te word.”
Vir mnre Jacques Cilliers van Dinamis Boerdery by Hartswater en
Nicky van der Walt van Luckhoff beteken die aanplant van bestrykte
lusernsaad ‘n kostebesparing – mits dit reg gedoen word.
Kultivarkeuse
Daar bestaan ‘n persepsie dat hooggroeiende kultivars (>dorman-
sie 9) altyd die hoogste produksiepotensiaal het. Die realiteit is dat
daar wél produksiepotensiaal in hoogtegroei lê, maar net tot op ‘n
sekere punt, waarna produksie en kwaliteit weer kan verlaag.
Deur van hierdie punt af te selekteer vir spruitdigtheid en blaarmas-
sa, kan die opbrengspotensiaal en kwaliteit van ‘n kultivar verder
verhoog word. SuperSonic, ‘n Advance Seed dormansie 9-kultivar,
is só geselekteer. In proewe teen ‘n baie gewilde opposisiekultivar
(hoëgroeier) is verskeie waarnemings en gevolgtrekkings gemaak
(
Figuur 1
).
Produsente soos Cronjé, De Wet en Cilliers is almal oortuig van
SuperSonic se uitstekende opbrengspotensiaal.
31
March 2017
Produk-inligting
DEAN MILLER,
AGT Foods Africa
Figuur 1: Dit lyk op die oog af asof SuperSonic stadiger herstel, maar as’t ware word daar meer spruite per plant gevorm. Die vroeë
hoogteverskil word verkeerdelik as stadiger herstel en laer produksie geïnterpreteer. SuperSonic het dun, blaarryke spruite en
(danksy ‘n lae groeiwyse) ‘n uitstekende blaar-retensievermoë. Die totale blaarproduksie is heelwat hoër – wat beter voerkwaliteit
tot gevolg het.
Abrie de Wet
Pieter Cronjé
Jacques Cilliers
Nicky van der Walt