

Ons het oor die laaste 3
seisoene, sojabone op meer
as 3500 statistiese plotte,oor 4
lokaliteite in SA geplant. Ons
belê in toegepaste navorsing in
produkontwikkeling om hoë
kwaliteit produkte aan ons
boere te bied.
Wie
vervaardig
jou enstof?
23
Die kommersiële land DKC68-58BR, wat die YieldGard
®
II-tegnolo-
gie bevat, het 0% infestasie getoon.
Identifikasie
Herfskommandowurm is ‘n larwe met ‘n gladde vel (
Foto 3
). Enkele
stekels kan soms voorkom. Larwes het vier pare bene aan die
voorkant en een paar aan die agterkant. Uitgegroeide larwes is onge-
veer 1,5 cm lank.
Die belangrikste kenmerk van die herfskommandowurm is die pro-
minente wit omgekeerde Y-vorm wat tussen die twee oë voorkom.
Larwes is al met Afrika-bolwurm en Pienk stronkboorder verwar;
daarom is dit krities om die omgekeerde Y-vorm te identifiseer.
Vroeë eerste ontwikkelingsfase (instar)-larwes is gewoonlik lig-
groen van kleur met ‘n swart kop en kan maklik met stronkboor-
der (Busseola)-larwes verwar word. Hulle kom ook in die meeste
gevalle in groepe voor.
Skade/simptome
Herfskommandowurm kan die plant tydens verskillende groeista-
diums aanval. Larwes voed op blare, pluime en onvolwasse koppe.
Jong herfskommandowurmlarwes verwyder die boonste laag van
die blaar en vreet daarna deur die blare. Die simptome lyk anders
as dié van die stronkboorder waar die tipiese ronde gaatjies voor-
kom wanneer dit in die kelk gevreet het. Die larwes bly in die kelk
voed en gevolglik vertoon die blare geskeur wanneer dit oopgevou
word. Ernstige skade kan lyk soos haelskade.
Dié wurm voed dwarsdeur die dag, maar veral in die oggend en
laatmiddag verorber hulle groot hoeveelhede blaarweefsel. Op
Foto 5
word die aggressiewe voeding van die wurm duidelik gesien.
Letsels is meer langwerpig waar die stronkboorder ronde letsels laat.
Herfskommandowurm val ook mielies vanaf pluimstadium tot en
met die deegstadium aan. Larwes voed op pluime, koppe en boor
ook in die stamme in.
Bestuursriglyne
Die vinnige lewensiklus maak dit moeilik om die plaag te beheer
en tydigheid van bespuiting is krities.
Monitering van insekaktiwiteit op lande is uiters belangrik.
Lande moet gereeld geïnspekteer word, gewoonlik weekliks.
Indien beskikbaar, kan feromoonvalle as vroeë waarskuwing-
stelsels gebruik word.
Dit is ook belangrik om ‘n ekonomiese drumpelwaarde daar te
stel sodat bestuursbesluite geneem kan word.
Bewerkingsmetodes wat gasheerplante (onkruide) en oorwin-
teringsplantmateriaal vernietig, kan ook probleme verlig.
Vir chemiese beheer verwys na die DLBV se voorlopige rig-
lyne (
Preliminary interim guide for the use of agricultural chemi-
cals to control infestations suspected to be fall armyworm
).
Die gebruik van YieldGard II is moontlik die beste oplossing.
Produsente wat wurms opmerk, kan met Monsanto se naaste
verkoopsverteenwoordiger of landboukundige in verbinding tree.
Produsente kan ook met prof Johnie van den Berg by 072 348 8431
of 012 319 6384, of Jan Hendrik Venter van die Departement van
Landbou, Bosbou en Visserye by 012 319 6384 of 072 348 8431
skakel of ‘n e-pos na
janhendrikv@daff.gov.zastuur.
Dr Gerhard Verdoorn, bekende plaagkenner, kan ook gekontak
word by 082 446 8946 of jy kan Croplife SA se webwerf besoek
by
www.croplife.co.za/images/croplife/initiatives/InsecticidesAug-ust2016.pdf
of
www.agri-intel.com .Herfskommandowurm