Background Image
Previous Page  23 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 23 / 116 Next Page
Page Background

FOKUS

Saad

Special

‘n Oplossing vir

herfskommando-

wurm

in Suid-Afrika?

D

ie herfskommandowurm is onlangs in Suider-Afrika ge-

identifiseer. Soos met enige nuwe gebeurtenis of ver-

skynsel, is dit uiters belangrik om die regte protokolle en

prosesse in plek te stel om die situasie te hanteer. Vals

gerugte of verkeerde identifikasie kan lei tot onnodige paniek en ‘n

vermorsing van geld. Terselfdertyd kan vertraagde optrede ook lei

tot onomkeerbare oesverliese en ander probleme.

Alhoewel die insek tot nou toe nie juis aktief in Suider-Afrika was nie,

is dit die belangrikste mielieplaag in Brasilië.

Die tweede generasie Bt-tegnologie, YieldGard

®

II, wat reeds kom-

mersieel in Suid-Afrika beskikbaar is, word in die Amerikas (Argen-

tinië en Brasilië) gebruik om die herfskommandowurm te beheer.

Vir chemiese beheer raadpleeg die riglyne uitgegee deur die De-

partement van Landbou, Bosbou en Visserye (DLBV).

Wetenskaplikes glo dat die herfskommandowurmplaag Afrika bin-

negedring het deur middel van eiers of larwes binne produkte wat

ingevoer is. Wanneer die plaag eers in ‘n area gevestig is, kan die

motte oor lang afstande vlieg en vinnig versprei.

Die rol van YieldGard

®

II

Herfskommandowurminfestasie is deur die noordelike mieliepro-

duksiegebiede gerapporteer en dit wil voorkom asof dit na die res

van die mielieproduserende gebiede versprei. Na besoeke aan

die noordelike gebied is dit duidelik dat die herfskommandowurm

in staat is om vinnig te versprei en geweldige oesverliese te

veroorsaak.

Waarnemings tydens besoeke aan Bela-Bela en Groblersdal, waar

die wurm reeds beduidend skade aanrig, was uiters insiggewend.

As deel van Monsanto se insekweerstandsbestuursprogram word

produsente regulatories verplig om toevlugsareas te plant. Dit

beteken dat 5% van die land met konvensionele nie-Bt-mielies

geplant moet word as deel van ‘n insekweerstandstrategie.

Suid-Afrikaanse produsente se samewerking ten opsigte van die

toevlugsareastrategie het Monsanto in staat gestel om vinnig die

verskille tussen konvensionele mieliebasters en basters wat die

YieldGard

®

II Bt-tegnologie bevat waar te neem.

Van die besoeke se resultate lyk soos volg: Die baster wat be-

soek is, was DKC68-58BR en die toevlugsarea wat geplant is, is

DKC68-56R.

Op

Foto 1

is DKC68-56R wat as toevlugsarea gebruik is met duide-

like herfskommandowurmskade. DKC68-58BR op

Foto 2

toon

geen besmetting nie. Opnames wat op bogemelde lande gedoen is,

het gewys dat swaar infestasievlakke van tot agt wurms per plant

op die toevlugsarea voorkom. Die persentasie besmetting is 87%

van al die plante.

21

March 2017

Produk-inligting

LEONARD OBERHOLZER,

leier: Tegnologie-ontwikkeling, Monsanto Suid-Afrika

1 en 2: Op Foto 1 is DKC68-56R wat as toevlugsarea gebruik is met duide-

like herfskommandowurmskade, terwyl DKC68-58BR op Foto 2 geen

besmetting toon nie.

3: Herfskommandowurm is ‘n larwe met ‘n gladde vel. Die kleur kan wissel

van ligte bronskleur tot donkergroen of swart. Daar is drie geel strepe en

‘n donker streep aan elke kant.

4: ‘n Foto van ‘n volwasse herfskommandowurmmot op die Spring-

bokvlakte.

5: Vreetskade van die herfskommandowurm.

1

4

5

2

3