

FOKUS
Saad
Spesiale
Maart 2017
24
Heffings bevorder teelprogramme
vir selfbestuifde gewasse
R
olspelers in die koring-, gars- en sojaboonbedryf het
besef dat telers en saadmaatskappye wat saad van self-
bestuifde gewasse verkoop, nie in alle opsigte ‘n billike
opbrengs op belegging ontvang vir saad wat na die eerste
jaar van kommersiële aanplantings geplant word nie.
In ‘n poging om aan die betrokkenes ‘n beter bedeling te voorsien
en hul sodoende te motiveer tot groter belegging in die onder-
skeie teelprogramme, is besluit om by die Minister van Landbou,
Bosbou en Visserye aansoek te doen vir die instelling van statutêre
heffings op die onderskeie kommoditeite.
Die hoofdoel van die statutêre heffing is om fondse vanuit die be-
drywe te bekom om telers en saadmaatskappye te vergoed vir hul
bydrae tot die verkryging van verbeterde internasionale en plaaslike
teelmateriaal en tegnologie tot voordeel van die plaaslike bedrywe.
Die SA Cultivar and Technology Agency NPC (SACTA) is as ‘n nie-
winsgewende maatskappy gestig om die heffings te administreer.
Aparte rekeninge sal vir die verskillende kommoditeite geadmini-
streer word en geen kruissubsidiëring tussen kommoditeite sal toe-
gelaat word nie.
Die Memorandum van Inkorporasie van SACTA bepaal dat die
Raad van Direkteure uit nie minder as drie en nie meer as nege
direkteure mag bestaan nie. Die voorgeskrewe samestelling van die
Direksie is soos volg:
Twee persone genomineer deur Graan SA;
Twee persone genomineer deur SANSOR;
Een persoon genomineer deur die Nasionale Departement van
Landbou, Bosbou en Visserye;
Een persoon genomineer deur Agbiz Landboubesigheidskamer;
en
Drie persone genomineer deur die Raad van Direkteure.
Die Direksie sien tans soos volg daaruit:
Graan SA-verteenwoordigers: Mnr Andries Theron (voorsitter)
en dr Marinda Visser
SANSOR-verteenwoordigers: Mnre Patrick Graham (vise-voor-
sitter) en John Odendaal
Agbiz-verteenwoordiger: Me Mariana Purnell
Die ander setels is tans nog vakant.
Die Minister het die heffings op koring en gars reeds op 30 Septem-
ber verlede jaar, voor die aanvang van die nuwe bemarkingsei-
soen vir hierdie kommoditeite, in die Staatskoerant afgekondig. Die
tarief van die heffing vir koring en gars is R25/ton (BTW uitgesluit)
en is geldig vir twee jaar, naamlik vanaf 1 Oktober 2016 tot 30 Sep-
tember 2018.
Die Sonneblom- en Sojaboonforum het ‘n aansoek vir ‘n soortge-
lyke heffing op sojabone by die Nasionale Landboubemarkings-
raad ingedien vir voorlegging aan die Minister. Die aansoek vir ‘n
heffing op sojabone behels dat die heffing ook vir twee jaar van
toepassing sal wees teen ‘n tarief van R65/ton (BTW uitgesluit) vir
die periode 1 Maart 2017 tot 28 Februarie 2018 en R80/ton (BTW
uitgesluit) vir die periode 1 Maart 2018 tot 28 Februarie 2019.
Die heffings het betrekking op alle plaaslik-geproduseerde koring,
gars en sojabone (indien goedgekeur deur die Minister):
Wat deur of namens die produsent daarvan verkoop word.
Wat deur die produsent daarvan verwerk of laat verwerk word
indien die verwerkte produk bestem is om van die hand gesit
te word.
Ten opsigte waarvan ‘n Safex-sertifikaat uitgereik word indien
die heffing nie reeds op sodanige produkte betaal is nie.
Heffings is betaalbaar by die eerste punt van verhandeling/
verwerking. Waar die produk by die produsent gekoop word, is die
heffing betaalbaar deur die koper van die produkte. Die koper kan
egter die bedrag van die heffing aftrek van die prys wat aan die
produsent betaal word.
Waar die produk deur of ten behoewe van die produsent verwerk
word en die verwerkte produk bestem is om verkoop te word, is die
verwerker verantwoordelik vir betaling van die heffing.
In gevalle waar ‘n Safex-sertifikaat uitgereik word en die heffing
nog nie op die betrokke produk betaal is nie, is die uitreiker van
die sertifikaat verantwoordelik vir betaling van die heffing en kan
die heffing van die persoon aan wie die sertifikaat uitgereik word,
verhaal word.
Die telersheffing, soos daarna verwys word, het ook ten doel
om dié telers of saadmaatskappye wat die grootste bydrae tot
die beskikbaarstelling van nuwe en verbeterde variëteite vir die
plaaslike produsente maak, verhoudelik beter te vergoed. Die teler
of saadmaatskappy wat die grootste markaandeel het, sal dus groter
vergoeding uit die opbrengs van die heffings ontvang.
Belangegroepe is nog besig met die formulering van ‘n model
waarvolgens vergoeding tussen die verskillende telers of saad-
maatskappye betrokke by ‘n spesifieke kommoditeit (koring, gars of
sojabone) verdeel sal word.
Die basis van verdeling wat daargestel word, sal geloofwaardig,
deursigtig en vir alle betrokkenes aanvaarbaar moet wees. In hierdie
opsig word sterk gesteun op die samewerking van produsente om
tydens die lewering van hul produkte te verklaar van watter varië-
teit die produk is. Hierdie inligting sal deur die heffingpligtige party
saam met die betaling van die heffings aan SACTA voorsien word
– wat dan, as deel van die administrasie van die heffings, die ver-
houding sal bepaal waarvolgens heffingsfondse verdeel sal word.
Navrae ten opsigte van die heffings kan gerig word aan Awie Coetzee
by
sacta.awie@graingrowers.co.zaof 082 818 9620.
AWIE COETZEE,
SA Cultivar and Technology Agency NPC