

FOKUS
Saad
Spesiale
Maart 2017
22
Hoëtegnologiekultivars versus
konvensionele staatmakers
S
A Graan/Grain
het met ‘n paar produsente gesels om uit te
vind of produsente deesdae neig om terug te beweeg na
die konvensionele, ou staatmaker-kultivars met minimum
insette en of hulle nuwe, hoëtegnologiekultivars verkies
– en wat die rede hiervoor sou wees?
Jaco Breytenbach (Fouriesburg)
Op jou vraag of produsente terugbeweeg na GMO-vrye kultivars,
dink ek die antwoord is nee. Produsente heg groot waarde aan
GMO-mieliesaad. Daar is wel ‘n relatiewe klein persentasie pro-
dusente wat ‘n nismark vir GMO-vrye graan het. Natuurlik kry
hulle ‘n premie op die verkoop daarvan, maar hulle moet óf self
opberggeriewe hê óf hulle moet heelwat moeite doen om dit op
ander plekke op te berg en te sorg dat daar nie enige kontaminasie
van GMO- en GMO-vrye mielies plaasvind nie.
Die BT-geen en RR-geen het groot omwentelinge in die produksie
van mielies teweeggebring, wat dit heelwat makliker maak om
mielies met hoër opbrengste meer suksesvol te produseer.
Die enigste rede waarom produsente van GMO-mielies wegbe-
weeg, is dat die koste van die gene te duur geword het, vergeleke
met chemiese middels wat gebruik word om die probleem reg te
stel. Diesulkes sal eerder saad bestel met net een geen.
Op die oomblik is ons nog nie heeltemal seker of BT-mielies bestand
gaan wees teen die herfskommandowurm nie. As dit wel so is,
sal dit belangriker vir produsente word om wel saad met die regte
BT-geen te koop.
Cobus van Coller (Viljoenskroon)
Ek en produsente in my omgewing verkies nuwe hoëtegnolo-
giekultivars teenoor konvensionele kultivars. Wat ek weet, is
dat daar wel enkele produsente is wat konvensionele saad gebruik
het – uitsluitlik as gevolg van kostes – spesifiek hierdie jaar waar
produsente gesukkel het om produksielenings te verkry.
‘n Mens kry GMO-kultivars met ‘n enkelgeen wat óf die Bt- óf die
RR-geen bevat en dan is daar natuurlik ‘n dubbelgeen wat beide
die Bt- en RR-geen bevat. Daar is produsente wat die enkel-Bt-geen
gebruik, omdat hulle glo die RR-geen het nie dieselfde opbrengs as
die Bt-geen nie. Hulle glo die chemiese produk verlaag die opbrengs
van gewasse as hulle dit met Roundup bespuit.
Ek gebruik die dubbel Bt/RR-geen (
double stacks
). Dit maak be-
stuur by bewaringsboerdery vir my beduidend makliker en lande
kan skoon gehou word vir maksimum opbrengs. Só kan ek ook
kompeteer met gesubsidieerde ingevoerde mielies om variëteite te
plant met die hoogste moontlike stabiele opbrengs.
Deon Bergh (Leeudoringstad)
In ons omgewing plant ongeveer 90% van die produsente die nuwe,
hoëtegnologiekultivars. Hulle kla egter oor die koste van die nuwe
tegnologie-saad.
Daar is wel enkele produsente wat nog konvensionele kultivars
plant. Hulle beskik oor hul eie opbergingsfasiliteite en fokus op die
uitvoer van GMO-vrye graan na ons buurstate, naamlik Zimbabwe
en Transkei.
Die nuwe kultivars gee gemoedsrus. Dit bied sekuriteit – teen
byvoorbeeld die herfskommandowurmplaag wat nou uitgebreek
het. Die tegnologie help ook met watergebruiksdoeltreffendheid
om die hoeveelheid reënval per jaar te kan omskep in graan. Ek dink
wel dat die bewerkingspraktyke wat produsente vandag toepas
nét soveel bydra tot produsente se sukses soos wat die geval is met
die nuwe hoëtegnologiekultivars.
Chris Schoonwinkel (Wesselsbron)
Op jou vraag of produsente (en ek) terugbeweeg na GMO-vrye
kultivars, sal ek beslis nee antwoord. Die nuwe MON 89034-geen
van Monsanto het ‘n gemiddelde 500 kg/ha-opbrengsverhoging in
die Noordwes-Vrystaat teweeggebring. Daarmee saam ook beter
genetika van Monsanto.
GM-kultivars vergemaklik bestuur beduidend. So byvoorbeeld word
die huidige herfskommandowurm uit Amerika blykbaar ook deur
MON 89034 beheer, alhoewel dit glad nie hier vir die plaag geregi-
streer is nie. Onkruidbeheer is beduidend goedkoper en minder
gekompliseer met die Roundup Ready (RR)-kultivars.
Ek verneem dat daar vanjaar weer heelwat gevalle van saaddief-
stal was. Sonder uitsondering word daar uit dieselfde skuur, waar
konvensionele kultivars, kultivars wat net die BT-geen bevat en
kultivars wat beide die BT plus RR-geen saad het, gebêre is, net die
BT plus RR-geen saad gesteel. Daarmee saam die kanne Roundup
as dit ook in die skuur gestoor is.
Die punt wat ek hiermee wil maak, is: Die gewildheid en die gemak
daarvan om met die produk te werk, maak die GM-kultivars gesog.
Dit is soos ‘n Toyota-bakkie: Jy kan nie sommer verkeerd gaan nie,
want alles loop reg.
Twee jaar terug was ek by ‘n mielie- en sojaboonsimposium
in Duitsland saam met Bayer. Daar het die Amerikaners ons
gewys dat die VSA, weens die tydperk wat GM-kultivars al daar
gebruik is, die wurmplae feitlik uitgewis het en dat ‘n groot aantal
van hul produsente weer terugbeweeg het na konvensionele kulti-
vars as gevolg van die besparing in kostes.
Ek dink nie ons in Suid-Afrika is al by daardie punt nie. Wurms
het weerstandig geraak teen die MON 810-geen as gevolg van
wanbestuur deur produsente. Die nuwe geen sal eers sy werk
moet doen – miskien sal ons dan by ‘n punt kom om nie-BT-gene
te gebruik.
Aan die onkruidbeheerkant is daar opwindende chemiese produkte
beskikbaar sodat jy nie Roundup hoef te gebruik nie, maar dit is duur
– tot R400/ha duurder in sekere gevalle.
SA Graan/Grain
ondersoek
ESTIE DE VILLIERS,
redakteur:
SA Graan/Grain
PRODUSENTE GEE
HUL MENING