

17
March 2017
groei (dus sonder kompetisie), kan een porseleinplant oorsprong
gee aan 250 000 sade en kan ‘n withondebossieplant tot soveel
soos 150 000 sade in een seisoen produseer.
Bekende eenjarige grasonkruide soos jongosgras (
Eleusine indica
)
en kruisvingergras (
Digitaria sanguinalis
) produseer ook tussen
120 000 en 150 000 sade per plant.
Onkruidspesies kan ook suksesvol kiem en groei in koue, droë
toestande sonder om dood te ryp of in oorlêlande. Die meeste
gewaslande in die mielieproduserende gebiede toon hoë infesta-
sievlakke van witblombloudissels (
Argemone ochroleuca
), radiator-
bossie (
Senecio consanguineous
) en vaalskraalhanse (
Conyza
bonariensis
). Witblombloudissels en sekere Senecio-spesies pro-
duseer tussen 20 000 en 25 000 sade per plant, terwyl een volwas-
se vaalskraalhansplant tot 226 000 sade per seisoen kan produseer.
Waar gewasse verbou word, word die meerderheid onkruidsaad
in die grond teruggesit en slegs ‘n klein persentasie daarvan word
deur wind, water, implemente, diere en mense versprei. Daar word
dus van die grond as ‘n “saadbank” gepraat waarin die saad elke
seisoen gedeponeer word.
Die diversiteit van onkruidspesies en aantal sade in die saadbank
sal grootliks varieer tussen die verskillende grondtipes, maar die
bewerkings- en gewasverbouingsgeskiedenis van elke land bepaal
wat die samestelling en infestasievlakke van onkruide sal wees.
Die volhoubaarheid van saad in die saadbank kan egter ook beïn-
vloed word deur fluktuerende vog en grondtemperature, omdat
die meeste onkruidsade in die boonste 5 cm tot 10 cm grond
voorkom. Saad van probleemonkruide soos wandelende Jood en
uintjies wat dieper voorkom, kan net met ‘n diep ploegbewerking
vernietig word, omdat vlak bewerkings net die verspreiding van
steggies en knolletjies sal aanhelp.
Dit is ook vanselfsprekend dat vrugbare grond hoër onkruid-
saadgetalle in die saadbank sal hê.
7: Rooi uintjie (
Cyperus rotundus
) se bo-grondse saad.
8: Geel uintjie (
Cyperus esculentus
) se bo-grondse saad.
9: ‘n Olieboomsaailing wat klaar ‘n saadhuid stoot.
10: ‘n Olieboom se saad.
7
9
10
8