Background Image
Previous Page  71 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 71 / 124 Next Page
Page Background

Produk-inligting

DIEREGESONDHEID

– die graanprodusent se las of belegging?

B

y baie graanprodusente maak die veefaktor ‘n wesenlike

deel van hul boerdery uit. Net soos by die graanvertak-

kings, moet “presisieboerdery” in die veevertakking toe-

gepas word om maksimumwins daaruit te verseker. Die

veevertakking verdien om meer as net ‘n “spaarvarkie” te wees.

As die reën eers geval het en die trekkers/stropers begin loop,

is dit moeilik om op die veevertakking te konsentreer. Dit het

menige graanprodusent egter al duur te staan gekom in terme van

reproduksie/produksieverliese asook vrektes.

Naas voeding, speel dieregesondheid ‘n kardinale rol om optimale

produksie te verseker. Sorg dus dat jy ‘n eenvoudige, dog doelge-

rigte, kuddegesondheidsprogram opstel in samewerking met jou

plaaslike Virbac tegniese verkoopsadviseur en/of veearts en dit

getrou navolg. Onthou – geen kalf/lam groei so swak soos die een

wat nie gebore is nie en dié wat wel gebore word, moet so behan-

del word dat hulle maksimuminkomste kan verseker.

‘n Doelgerigte gesondheidsprogram behoort die volgende in te sluit:

Inentingsprogram

‘n Tydige en doeltreffende inentingsprogram is essensieel. Inen-

ting is soos (hael)versekering – jy tref voorsorg en weer die belang-

rikste siektes af, of jy spaar die geld om nie te ent nie en vat die

pyne as die voorkombare siektes, soos bloutong, bloednier, Slenk-

dalkoors en baie ander toeslaan. As jy wag totdat ‘n siekte uitbreek,

is dit in die meeste gevalle te laat om dan te begin ent. Die keuse

is joune.

Parasietbeheerprogram

‘n Tydige en doeltreffende parasietbeheerprogram (inwendig so-

wel as uitwendig) moet deel wees van jou boerdery. Beeste vrek

nie maklik van inwendige parasiete nie, maar dit lei tot swakker re-

produksie en produksie, wat nie altyd raakgesien word nie = indirek-

te verliese.

By skape is direkte verliese (vrektes) meer algemeen as behande-

ling nie tydig en doeltreffend plaasvind nie. Indirekte verliese in

terme van reproduksie en produksie kom ook algemeen voor. Maak

dus seker dat jy weet wanneer en watter parasiete op jou plaas ‘n

bedreiging inhou en behandel jou diere tydig met ‘n doeltreffen-

de produk.

Spoormineraal- en vitamien-

aanvullingsprogram

‘n Tydige en doeltreffende spoormineraal en vitamien-aanvullings-

program is noodsaaklik. Dit is algemene kennis dat Suid-Afrika in

die algemeen ‘n tekort aan spoorelemente het, of dat die opname

daarvan deur antagoniste (veral Ca, Fe en S) beperk word.

Variërende lekinname vererger die probleem verder. Teen die tyd

dat fisiese spoorelementtekorte gediagnoseer word, is daar reeds

baie “onsigbare” skade aangerig – sien

Figuur 1

. Die volgende ge-

segde is hier baie toepaslik: “Die klein jakkalsies wat die wingerde

verniel.” Sorg dat jou diere lekke ontvang wat spoorminerale be-

vat. Maak egter seker dat jou diere tydens kritieke periodes van

verhoogde spoormineraalbehoeftes, soos kalf/lam-, paar- en speen-

tyd ‘n “op top” ontvang deur middel van ‘n bewese, inspuitbare

spoormineraalaanvulling asook ‘n vitamien A- en E-aanvulling.

Diagnose en behandeling

Die tydige diagnose en doeltreffende behandeling van siektes is ‘n

aspek wat baie keer afgeskeep word en tot groot verliese kan lei.

Deur siek diere vroegtydig te identifiseer en korrek te behandel,

word geld gespaar deurdat vrektes verminder en diere vinniger

herstel. ‘n Toegewyde, opgeleide toesighouer by jou vee, kan jou

baie geld spaar.

Algemene aksies

Tydige en doeltreffende algemene aksies is hier van toepassing.

Bulle/ramme wat byvoorbeeld onvrugbaar is gaan nie koeie/ooie

dragtig kry nie. Toets ramme/bulle dus voor die aanvang van die

teelseisoen vir vrugbaarheid en geslagsiektes om ‘n onaangename

verrassing teen lam/kalftyd te voorkom. Tydige dragtigheidsbepa-

lings kan baie daartoe bydra om “passasiers” uit te skot en seker te

maak dat diere die regte voeding ontvang.

Om bogenoemde in ‘n werkbare kuddebestuursprogram saam te

vat, is heeltemal haalbaar, maar dit is ongelukkig nie altyd so

eenvoudig om ‘n “algemene” program wat van die Kaap tot Kaïro

geld, op te stel nie. Daar is soveel faktore wat ‘n rol speel by die

opstel van ‘n program – soos byvoorbeeld die omgewing waarin

geboer word, die seisoen, die produksiestelsel wat gevolg word en

teelseisoene (of die gebrek daaraan).

Virbac beskik oor ‘n wydverspreide en goed opgeleide span teg-

niese verkoopsadviseurs om jou hierin by te staan. Daarby het

Virbac ook ‘n wye reeks van gehalte produkte om in die meeste van

jou diergesondheidsbehoeftes te kan voorsien.

Kontak dus gerus jou naaste Virbac tegniese verkoopsadviseur of

die hoofkantoor vir hulp met die saamstel van jou persoonlike kud-

degesondheidsprogram, algemene advies en produkinligting.

69

March 2015

FOKUS

Dieregesondheid

Spesiale

DANIE VAN NIEKERK,

produkbestuurder, Virbac Dieregesondheid

Figuur 1: Impak van agteruitgang in spoormineraalstatus op diereprestasie.

Dr Gordon Carstens, Texas A & M University, Texas, VSA