Background Image
Previous Page  66 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 66 / 124 Next Page
Page Background

Maart 2015

64

Wat jy moet weet oor

BUFFELSIEKTE

B

uffelsiekte (so genoem omdat buffels die siekte oordra) is ‘n

akute, gewoonlik dodelike, siekte vir beeste en stem ooreen

met of toon dieselfde simptome as Ooskuskoors by beeste.

uffelsiekte (

corridor disease

) word veroorsaak deur ‘n besmet-

ting van buffel-afkomstige

T. Parva

-stamme wat deur besmette

Rhipicephalus appendiculatus

asook ander

Rhipicephalus

-spesies

(bruinoorbosluise) oorgedra word aan beeste.

Die Afrikabuffel (

Syncerus caffer

) is ‘n lewenslange draer van die

besmetting. Buffelsiekte is die eerste keer in 1934 in Zimbabwe

ontdek en 20 jaar later is die siekte in Suid-Afrika aangemeld. Die

siekteveroorsakende organisme is in 1955 deur dr Neitz geïdentifi-

seer as

Theileria

.

Die eerste uitbreking van die siekte in Suid-Afrika het in die “gang”

(

corridor

) tussen die Hluhluwe en iMfolozi wildreservate in Kwa-

Zulu-Natal voorgekom. Daarom staan buffelsiekte vandag meestal

as

corridor disease

bekend.

Die siekte kom sporadies in die oostelike, sentrale en suidelike

dele van Afrika voor waar daar kontak tussen beeste en besmette

Afrikabuffels is en waar die bruinoorbosluis,

Rhipicephalus appen-

diculatus

, of die laeveldbruinoorbosluis,

Rhipicephalus zambe-

siensis

, voorkom.

Hierdie bruinoorbosluise is die vektore (oordraers) van die siekte.

Naas bek-en-klouseer is buffelsiekte die belangrikste siekte wat

Afrikabuffels na beeste oordra met ernstige gevolge – die meeste

besmette beeste vrek. Afrikabuffels is ook draers van brucellose

en tuberkulose.

Oordraging van buffelsiekte

Buffelsiekte word oorgedra deur besmette (

Theileria-parasiete

)

bruinoorbosluise en die laeveldbruinoorbosluis.

Die bruinoorbosluis is ‘n driegasheerbosluis. Die bosluis het dus

drie parasitiese stadiums, naamlik larwes, nimfe en volwassenes.

Die volwasse wyfie bruinoorbosluis voed/parasiteer op die gasheer

(bees of buffel), val af as sy vol bloed gesuig is en lê dan eiers.

Die eiers (hulle is nie besmet nie en die larwes dra nie die besmetting

oor nie) broei uit en die larwes voed op die eerste gasheer, val af en

vervel, waarna die nimf op die tweede gasheer voed, afval en ver-

vel om die volwasse bosluis voort te bring wat dan op die derde

gasheer voed.

Die oordrag van die besmetting van die

Theileria

-parasiete deur

bruinoorbosluise gebeur van stadium tot stadium. Wanneer die

larwebosluis op ‘n besmette buffel voed, val hy af, vervel en daarna

voed die nimf weer op ‘n onbesmette buffel of bees en so word die

besmetting (

Theileria

-parasiete) oorgedra.

Die mees doeltreffende oordrag van die besmetting gebeur wan-

neer die nimfbosluis wat op ‘n besmette buffel gevoed het, afval

en die volwasse bosluis weer op vatbare buffels of beeste voed.

Die bosluislarwes wat uit die eiers van die volwasse wyfiebosluis

uitbroei, is nooit besmetlik nie, hulle moet eers op die besmette

buffel voed om besmet te raak.

Theileria

-parasiete word nie deur die bosluis se eiers (transovariaal)

oorgedra nie. Buffelsiekte in beeste is baie akuut (erg met ‘n kort

verloop), dodelik en selfbeperkend (doodloopsiekte).

FOKUS

Dieregesondheid

Spesiale

JAN DU PREEZ,

besturende direkteur, Instituut vir Suiweltegnologie

Buffelsiekte is ‘n bosluisoorgedraagde besmetting van die pro-

tosoïese bloedparasiet

Theileria parva

. Besmette Afrikabuffels

is natuurlike draers van die

Theileria

-parasiete in hulle bloed.

Die buffel wys gewoonlik geen sigbare tekens/simptome van die

siekte nie en hy word ook nie sigbaar siek nie.

Buffelsiekte word ook

corridor disease

of buffelverwante

Theile-

riose

(

Theileria parva

-besmetting) genoem. Buffelkalwers in die

endemiese (streeksgebonde) gebiede waar Theileria voorkom,

raak kort nadat hulle gebore is, besmet deur die bruinoorbosluis.

Die grootste aantal van die buffelkalwers oorleef en word

doeltreffende lewenslange draers van die

Theileria

-parasiet.

Besmette bruinoorbosluise (

Rhipicephalus

spp) dra die siekte-

veroorsakende mikro-organismes na beeste asook na vatbare,

onbesmette (skoon) buffels oor.

Ongeveer 80% van beeste wat die besmetting opdoen, vrek. Dit

is onduidelik of beeste wat oorleef moontlik draers van buffel-

siekte word. In Suid-Afrika is buffelsiekte blykbaar beperk tot

twee gebiede waar besmette buffels (draers) en die bruinoor-

bosluis aanwesig is. Die twee gebiede is die oostelike laeveld

van Mpumalanga en die Limpopo provinsie langs die Kruger

Nasionale Wildtuin en sekere gebiede in Noord-KwaZulu-Natal.

Die res van Suid-Afrika is tans vry van buffelsiekte. Beeste

wat buffelsiekte opdoen, vrek gewoonlik voordat die para-

siete ontwikkel tot die stadium in sy lewensiklus dat hulle be-

smetlik is vir bruinoorbosluise wat op daardie stadium op die

bees parasiteer.

Buffelsiekte is selfbeperkend en het daarom gewoonlik ‘n

“doodloopeinde” in die bees. Buffelsiekte moet van Ooskus-

koors (in 1955 in Suid-Afrika uitgeroei) onderskei word – albei

hierdie twee siektes word deur dieselfde parasiete, maar uit ver-

skillende stamme veroorsaak.

Beeste met Ooskuskoors lewe lank genoeg dat bruinoorbos-

luise wat op hulle voed/parasiteer besmet kan raak. As gevolg

hiervan kan Ooskuskoorsbesmette beeste die besmetting be-

hou in die afwesigheid van buffels en dien dan as ‘n bron van

Ooskuskoorsbesmetting.

Buffelsiekte in kort...