Background Image
Previous Page  68 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 68 / 124 Next Page
Page Background

Maart 2015

66

FOKUS

Dieregesondheid

Spesiale

Besmette bruinoorbosluise kan tot 18 maande in die veld oorleef

en die besmetting oordra. Ná ‘n buffelsiekte-uitbreking in ‘n gebied

moet beeste vir twee jaar uit die gebied verwyder word om te

verseker dat hulle nie die besmetting opdoen nie.

Simptome van buffelsiekte by beeste

Die verloop van buffelsiekte by beeste is gewoonlik nie lank nie.

Meestal vrek die beeste drie tot vier dae nadat die eerste simptome

gesien word. Tydens die siekte vermaer beeste, ontwikkel diarree en

hulle vreet minder of glad nie. Die bees se kondisie kan agteruitgaan.

Voor beeste vrek, ontwikkel hulle ‘n erge longedeem (vog in longe)

en haal moeilik asem. Met Ooskuskoors in beeste is die simptome

baie dieselfde, maar duideliker as met buffelsiekte en die bees vrek

nie so gou nie. Ongeveer 80% van beeste met buffelsiekte vrek.

‘n Draertoestand in beeste wat oorleef, is nog nie bewys nie. Die

beeste verloor die besmetting voordat die volgende seisoenale

nimfstadium gereed is om parasiete op te tel.

Voorkoming en beheer van buffelsiekte

Buffels wat met buffelsiekte besmet is, word in Suid-Afrika net

toegelaat in twee siektebeheerde areas in die noorde van Kwa-

Zulu-Natal en die oostelike Laeveld van Limpopo en Mpumalanga

– dit is bo en behalwe die besmette buffels in die Kruger Nasio-

nale Wildtuin.

Buffelsiekte is ‘n staatsbeheerde siekte in Suid-Afrika en word

gereguleer en beheer ooreenkomstig die Dieresiekte Wet (Wet 35

van 1984). Die biosekuriteitsvereistes ten opsigte van buffelsiekte

moet ten alle tye nougeset nagekom word om die siekte te voorkom

en te beheer.

Daar word nie toegelaat dat beeste en buffels in dieselfde gebied

bly en wei nie. Buffels moet afgesonder word van beeste deur

doeltreffende wildweringsheinings. Vanaf 1998 is dit verpligtend

dat alle buffels wat verskuif word, eers getoets word vir buffelsiek-

te, bek-en-klouseer, brucellose en tuberkulose.

Al vier genoemde siektes is staatsbeheerde siektes. Indien die

buffels negatief toets vir al die siektes, mag hulle verskuif word.

Buffels wat in die verlede geteel is uit besmette buffels in die

sogenaamde “siektevrye teelprojekte” moes vier keer agtereen-

volgend negatief toets vir al vier die bogenoemde siektes.

6: Die meeste beeste (ongeveer 80%) met buffelsiekte sal vrek as hulle die besmetting opdoen.

7: Die buffel bad in modder en dit help soms om die uitwendige parasiete op sy vel te verminder.

8: Buffelsiekte is selfbeperkend in beeste indien hulle die besmetting opdoen en het daarom gewoonlik ‘n “doodloopeinde” in die bees.

9: Buffelboerdery is hedendaags baie gesog en populêr in Suid-Afrika.

10: Die bruinoorbosluis se larwe (ses pote), nimf (agt pote) en volwasse (agt pote) stadiums. Die nimf en volwasse bruinoorbosluis dra buffelsiekte-

besmetting oor.

11: ‘n Bees met buffelsiekte. Die bees haal moeilik en geforseerd asem weens die longedeem.

Foto: Dr Hein Stoltz

6

7

8

9

10

11

Wat jy moet weet oor

BUFFELSIEKTE