Background Image
Previous Page  73 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 73 / 124 Next Page
Page Background

71

March 2015

Figuur 2: Die gebruik van verskillende bronne vir die daarstel en toepassing van maatstawwe in melkkuddes.

Aangepas uit

www.totalqualitymanagement.files.worldpress.com

Figuur 3: Enkele maatstawwe wat produksie en kuddegesondheid aandui in ‘n Holstein-kudde.

Figuur 4: Vergelyking van die dae-in-melk en melkproduksie van ‘n kudde en ‘n voorafgekose maat-

staf groep kuddes.

Bedryfsvlak

Besluite op bedryfsvlak word gegrond op

elke individuele koei se produksie sodat

die melkprodusent uitsonderingsbestuur

kan toepas. Elke koei in die kudde se pro-

duktiwiteit en groepe koeie se reaksie op

bestuurspraktyke vorm dus deel van totale

kuddeproduktiwiteit en doeltreffendheid.

‘n Sisteem wat maklik toegepas en ver-

staan word, is die hoeksteen om siekte,

swak melkkwaliteit, lae produksie, ondoel-

treffendheid en oorspandering hok te slaan.

Taktiese besluite

Taktiese besluite word sodoende gegrond

op betroubare data en inligting om melk-

produsente by te staan in presisiebesluite

ten opsigte van die gesondheid van die

kudde, reproduksievlakke, produksie, kud-

desamestelling (tans en in die toekoms) en

die omgewingsimpak op produktiwiteit.

Strategiese besluite

As gevolg van die feit dat ‘n allesomvat-

tende stelsel van individuele koeivlak op-

gebou word tot op nasionale vlakke, stel

dit gebruikers in staat om ook strategiese

besluite te neem op grond van die inligting

in die stelsel.

Elke melkprodusent wat deelneem kan

dus sy kudde se produktiwiteit (vir elke

meetbare eienskap of afgeleide waardes)

meet teen enige ander groep kuddes.

Hierdie kuddes kan aan een of meer van die

volgende vereistes voldoen: Dieselfde tipe

bestuurstelsel, dieselfde ras, in dieselfde

omgewing of selfs kuddes wat van dieself-

de insetverskaffer of adviseur (soos ‘n vee-

arts) gebruik maak.

Uiteraard sal die stel en najaag van maat-

stawwe sekere prosesse op kuddevlak

moet volg.

Figuur 2

dui op die logiese pad

om te volg.

Die belangrikste inligtingsbronne vir die

daarstel hiervan is onder andere:

Maatstawwe wat gestel word gegrond

op biologiese, finansiële, mark en ander

bronne.

Maatstawwe wat uit die kudde self

opgebou word oor ‘n tydperk (met in-

agneming van seisoenale effekte en

aanpassing in voedingsbronne).

Maatstawwe wat verkry word deur

ander kuddes se prestasies en ander

metings te vergelyk sodat die uitvoer-

baarheid van die biologiese en ander

maatstawwe getoets word.

Figuur 1

stel hierdie interaksie tussen die

inligtingsbronne voor.