Background Image
Previous Page  74 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 74 / 124 Next Page
Page Background

Maart 2015

72

FOKUS

Dieregesondheid

Spesiale

Die eerste vlak waarop die melkprodusent maatstawwe wil toepas,

is om bloot met ‘n oogopslag te sien wat in die kudde gebeur. Vir

hierdie rede is die tipiese oorsig van groot waarde.

Oogopslagverslae

Figuur 3

is kort uittreksels uit die oogopslagverslae op Logix

Melk wat melkprodusente in staat stel om te sien of maatstawwe

bereik word. Die betrokke voorbeeld weerspieël die situasie in ‘n

topproduserende Holstein-kudde van mediumgrootte.

Een vinnige waarneming uit Figuur 3 is dat die gesondheidsbe-

stuur, op grond van die hoër persentasie somatiese seltellings,

minder as 200 000 verbeter het. Radikale laer produksievlakke in laat

laktasie is egter nog ‘n aspek wat moontlik aandag verg.

Figuur 4

is ‘n tipiese voorbeeld waar maatstawwe toegepas word

op grond van kuddes wat in dieselfde omgewing en produksiestel-

sels melk produseer. Uit Figuur 4 kan gesien word dat die betrokke

kudde heelwat hoër produksievlakke as die maatstaf-groep hand-

haaf en ook proporsioneel heelwat minder koeie het wat langer as

300 dae in melk is. Die betrokke kudde vaar dus heelwat beter as

die maatstawwe wat hy gestel het.

Gesondheidsbestuur

Gesondheidsbestuur is sekerlik een van die belangrikste aspekte

vir winsgewendheid van melkproduksie. Een van die belangrikste

maatstawwe is die somatiese seltellings in individuele koeie se melk.

Die gemiddelde somatiese selle op kuddevlak het ook ‘n direkte

invloed op die produkkwaliteit en dus die prys.

Figuur 5

is ‘n voor-

beeld van ‘n handige instrument in die hande van die melkprodu-

sent en sy veearts om dadelik te sien of die aanvaarbare biologiese

maatstawwe vir seltellings bereik word. Uit Figuur 5 kan gesien

word dat die betrokke Jersey-kudde se koeie grootliks voldoen aan

die gesondheidsmaatstawwe en dat hulle nie enige uierprobleme

ontwikkel het tussen die twee toetse nie.

Presisieboerdery vir melkkuddes

Figuur 5: Somatiese seltellingwaardes van individuele koeie se melk in twee opeenvolgende Logix-

melktoetse.

Figuur 6: Gebruik van Logix Melk om somatiese probleemkoeie op te spoor en op ‘n aksielys te plaas.

SA Graan/

Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie