73
March 2015
Daar is egter koeie wat opeenvolgend somatiese seltellings van
meer as 400 000 (kan ook ‘n ander maatstaf stel, indien die veearts dit
vereis). Logix Melk maak dit vir die melkprodusent en sy adviseurs
moontlik om hierdie koeie eensklaps op te spoor en aandag daaraan
te gee.
Figuur 6
is ‘n voorbeeld van hoe die stelsel aangewend
kan word om ‘n aksielys saam te stel deur die koeie op te spoor.
Figuur 6 spreek vanself. Die gebruiker kan ook die net fyner span
deur slegs koeie te identifiseer binne betrokke bestuursgroepe
(soos byvoorbeeld net dié wat reeds behandeling ontvang of
spesifieke voedingsgroepe, stadium van laktasie en ouderdom).
Voerkoste
Dit is wel bekend dat die enkele faktor wat die grootste invloed het
op die koste om ‘n kilogram melk te produseer, voerkoste is. Om
hierdie rede word doeltreffendheid in melkkuddes dikwels as marge
bo voerkoste uitgedruk.
Maatstawwe wat hier getel kan word, wissel ook op grond van bio-
logiese verwagtings, omsetsyfers of verhoudings, finansiële uitsette
relatief tot insette en ander. Die
uitset:inset-verhoudingsword
ook grootliks beïnvloed deur die metaboliese “gesondheid” van die
koeie wat moet melk produseer.
Figuur 7
is een voorbeeld waar die metaboliese welvaart van
die lakterende koeie gemeet word aan biologiese maatstawwe.
Figuur 7 dui aan waarna die melkprodusent moet oplet om te
verseker dat hy nie erosieverliese sal lei as gevolg van moontlike
metaboliese steurnisse nie. Die biologiese maatstawwe is verder
verfyn om rasverskille in ag te neem. Koeie wat vroeg in laktasie
is, loop verder die gevaar om nie herbeset te word nie as gevolg van
die hoër stresvlakke op hulle.
Die twee groot faktore ten opsigte van voer as kostebepalers by
melkkoeie, is proteïen en energie. Een van die vele maniere om te
bepaal of daar optimaal gevoer word, en dus kostedoeltreffend
te wees, is om te let op die individuele en groep-gevoerde koeie
se melk-ureum-vlakke. Biologiese maatstawwe geld ook hier en
is gegrond op die tydperk tussen voeding (en gevolglike bloed-
ureum-vlakke) en die ureum in die melk (MUN).
Hierdie status is ‘n goeie aanduiding van die effektiewe benutting
van proteïen in die voer en of daar nie moontlik ‘n erosie is ten op-
sigte van kwaliteit en volume voer nie. Hoë MUN-vlakke het bo-
wendien nadelige effekte op die koei se reproduksievermoë en
haar algemene gesondheid.
Figuur 8
is een voorbeeld van hoe hierdie biologiese norme inge-
bou kan word om die melkprodusent in staat te stel om die regte
besluite te neem om wins te verhoog en sy koeie se langter-
myngesondheid te verseker. Soos in die geval van ander verslae
in Logix Melk, kan hierdie verslag ook gegrond word op koeie
van verskillende voedingsgroepe, stadia van laktasie of enige
ander kriterium.
Figuur 7: Vroeë waarskuwing op grond van biologiese maatstawwe, vir die moontlike voorkoms van
metaboliese steurnisse in ‘n melkkudde.
Figuur 8: Proporsionele melk ureum stikstof (MUN) vlakke in koeie van ‘n spesifieke voedingsgroep
in ‘n melkkudde.