Background Image
Previous Page  77 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 77 / 124 Next Page
Page Background

FUNKSIONELE

vleisbeesvoerkrale

V

ir die suksesvolle, volhoubare produksie van beesvleis

is voldoende pasgemaakte fasiliteite nodig. Hierdie fasili-

teite moet die bestuur van die stelsel vergemaklik, effek-

tiwiteit verhoog en arbeid tot ‘n minimum beperk.

Fasiliteite moet funksioneel wees en ‘n veilige omgewing vir die

diere asook werkers tot gevolg hê.

Toerusting en fasiliteite is duur om aan te koop of te bou en omdat

behoeftes verskil, sal die ideale voerkraal nie vir alle produsente

dieselfde wees nie. Die fasiliteit moet so ontwerp word dat dit

alle aspekte van produksie in ag neem. Voornemende voerkraaleie-

naars moet dus mooi nadink oor watter tipe voerkraalfasiliteite

benodig word.

Die voerkraal

‘n Vleisbeesvoerkraal word hoofsaaklik gebou om beeste uit voer-

krippe te voer. Daar is vereistes waaraan voldoen moet word.

Waterafloopbeplanning en -besoedeling vereis baie aandag. Omge-

wingsimpakstudies asook afvalbestuur sal verseker ook ‘n vereis-

te wees.

Omdat ‘n voerkraal ‘n intensiewe produksiestelsel is, sal daar ‘n

klomp voordele aan hierdie verbouingstegniek wees. Van die voor-

dele sluit in:

‘n Klein oppervlakte word benodig.

Beter voeromset word verkry en effektiwiteit word verhoog.

Kapitaal kan baie sinvol aangewend word.

Gebalanseerde voeding soos benodig kan wanneer nodig,

verskaf word.

Veediefstal kan ook beperk word.

Naspoorbaarheid kan vir die verbruiker verseker word.

Met die ontwerp en bou van voerkrale kan daar ook nuwe tegnolo-

gie ingesluit word. Hierdie tegnologie help voorts om beter vleis-

gehalte en beter voeromsetverhoudings tot gevolg te hê.

Die gebruik van radio-frekwensie identifisering (RFID) tegnologie

kan die hantering van die beeste verminder, gepaardgaande met

minder spanning vir die diere. Minder spanning beteken ook min-

der melksuur in die spiere, wat beter vleiskwaliteit tot gevolg het. Op

die ou einde dus lekkerder vleis op die tafel.

Die beplanning

By die beplanning van ‘n doeltreffende beesvoerkraal moet ‘n aan-

tal vereistes oorweeg word. Hierdie beplanningsvereistes kan een

of almal van die volgende en nog baie meer insluit:

Uitvoerbaarheidstudie

Omgewingsimpakstudies

Keuse van ‘n geskikte terrein

Die beplanning van ‘n geheel-uitleg

Die beplanning en ontwerp van individuele fasiliteite

‘n Tipiese voerkraaluitleg (

Figuur 1

) bestaan uit ‘n voerkraal,

hanteringsgeriewe, ‘n kantoorkompleks, hospitaal, voergeriewe, ‘n

werkswinkelkompleks, watervoorsiening, paaie, afleibane, misaf-

loopstoordamme en windskuilings.

Die plasing van hierdie geriewe is belangrik en moet so hanteer

word dat die uitleg volgens die eienskappe van die betrokke ter-

rein kompak, sindelik, ordelik en arbeidsbesparend is. Só ‘n uitleg

sal produktiwiteit en bestuursgerief bevorder.

Afhangende van die bepaalde opset, sal daar soms reeds bepaal-

de geboue op die terrein wees. Indien moontlik, moet hierdie ge-

boue met die nuwe geboue geïntegreer word om koste te bespaar.

Tipiese geheeluitleg van ‘n voerkraal

Die voerkraal bestaan nie net uit die kampe nie, maar die krip speel

‘n integrale rol in die effektiwiteit van die voerkraal. Die tipe diere

wat gevoer gaan word, is ook ‘n bepalende faktor en die fasiliteite

moet vir hierdie tipe diere voorsiening maak.

75

March 2015

FOKUS

Dieregesondheid

Spesiale

ELMARIE STOLTZ,

LNR-Instituut vir Landbou-ingenieurswese

Figuur 1: Tipiese geheeluitleg van ‘n voerkraal.

Figuur 2: Voerkripuitleg.