Background Image
Previous Page  76 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 76 / 124 Next Page
Page Background

Maart 2015

74

FOKUS

Dieregesondheid

Spesiale

Uit Figuur 8 is dit duidelik dat die betrokke groep koeie hoofsaak-

lik binne die bepaalde biologiese maatstaf vir MUN val, maar

tog effens neig na ‘n ondervoeding van proteïen. Hierdie verslag,

saam met ander hulpmiddels, kan die produsent en sy adviseurs

help om tydig voedingaanpassings te maak.

Effektiewe kuddelewe

Hoewel daar nog baie ander aspekte van ekonomiese belang is

wat aan maatstawwe onderwerp behoort te word, kan een laaste

belangrike aspek ook genoem word. Dit is welbekend dat een van

die grootste kostefaktore die grootmaak van vervangingsverse

is. Effektiewe kuddelewe (gegewe dat koeie gereeld kalf, hoë

produksievlakke handhaaf, goedkoop is om te onderhou en ‘n

kwaliteitproduk lewer) is dus een aspek wat ‘n winsbepaler in melk-

kuddes is.

Ook in hierdie opsig kan elke deelnemer aan Logix Melk hom meet

aan ander kuddes wat onder dieselfde omstandighede as hy melk.

Figuur 9

is ‘n goeie voorbeeld van hoe om die maatstaf prakties

te gebruik. Die verslag is saamgestel uit die ouderdomsversprei-

ding in ‘n Oos-Kaapse Jersey-kudde waar die melkprodusent sy

kudde met die res van die studiegroep vergelyk het.

Dit is duidelik uit Figuur 9 dat die betrokke melkkudde heelwat

beter vaar as die res van die groep in sy omgewing en effektief die

koste van die grootmaak van sy verse oor ‘n baie langer kuddelewe

versprei. Bo en behalwe hierdie geweldige besparing, het dit tot

gevolg dat die produsent strenger kan selekteer en ‘n groter aanbod

het van diere wat verkoop kan word vir ‘n ekstra inkomste.

Behoorlike meting

Sonder behoorlike meting en die stel van maatstawwe is doel-

witstelling nie moontlik nie. Melkprodusente is konstant in ‘n koste-

knyptang vasgevang en het oor die algemeen ‘n beperkte invloed

op die prysbepaling van hulle produk. Die meeste studies dui

verder daarop dat die winsgewendheid van melkkuddes gekoppel

word aan doeltreffendheid en nie noodwendig aan melkprys nie.

Dit is gevolglik binne elke melkprodusent se vermoë ommaatstawwe

te stel om juis vlakke van doeltreffendheid te verhoog. Daar is

dus geen verskoning vir enige melkprodusent om nie te meet nie.

Individuele stelsels wat data en inligting tot op plaasvlak beperk,

bied ook nie moontlikhede vir die gebruik van wyer maatstawwe nie.

Verdere inligting

Vir meer inligting oor hoe ‘n melkkudde deel kan word van die

Logix professionele netwerk waar veekundiges, veeartse en ander

professionele vakkundiges en tegniese persone saamwerk om

maatstawwe vir melkkuddes daar te stel en produsente help om

dit te bereik en sodoende volhoubare wins te verseker, kontak

Suretha Francis by

Suretha@studbook.co.za

of Schalk Greyling by

Schalk@studbook.co.za .

Figuur 9: Kudde-ouderdomsverspreiding van produktiewe koeie in ‘n melkkudde in vergelyking met ander kuddes in die studiegroep.

Presisieboerdery vir melkkuddes

SA Graan/

Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie