Background Image
Previous Page  72 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 72 / 124 Next Page
Page Background

Maart 2015

70

Presisieboerdery vir melkkuddes:

Die gebruik van maatstawwe om doelwitte te bereik

S

uid-Afrikaanse melkprodusente is in die unieke posisie om

presisieboerdery in hulle melkkuddes te kan toepas sonder

om groot bedrae geld te belê en met min moeite.

Alhoewel basiese deelname aan melkaantekening reeds vir deka-

des deel is van basiese kuddebestuur en veral genetiese verbetering

via metings van bulle se nageslag, maak moderne, omvattende

sisteme, soos Logix Melk, dit moontlik vir individuele melkprodusen-

te, tegniese adviseurs, professionele veekundiges, veeartse en

ander kundiges om die doeltreffendheid van melkproduksie op vlak-

ke te plaas wat volhoubaarheid verseker.

Met die beskikbaarheid van hierdie omvattende produktiwiteits-

hulpmiddel word wye moontlikhede vir melkprodusente ontsluit.

Die vereistes van so ‘n stelsel sluit onder andere die volgende in:

Wetenskapsgebaseer, herhaalbaarheid en akkuraatheid van me-

tings en inligting.

Insluiting van relevante data en metings wat verwerk kan word

na praktiese, werkbare en toepaslike inligting.

Vrye toegang vir gebruikers, veral vir die melkprodusent self,

maar ook sy professionele span wat hom van die regte advies

moet voorsien.

Buigbaarheid in die tipe en omvattendheid van verslae en

aksielyste sodat bestuursaanpassings betyds gemaak kan word.

Dit sluit die moontlikheid in dat spesialiste, soos veeartse en

voedingskundiges hul eie pasmaak verslae en aksielyste op

dieselfde stelsel kan ontwikkel en gebruik om die heel beste

advies aan die deelnemende melkprodusente te verseker.

Die insluiting van verskillende vlakke van maatstawwe (

bench

marks

) wat gebruikers van die stelsel in staat stel om huidige

prestasie in die kudde (totale kudde, verskillende behan-

delingsgroepe, voedingstelsels, gesondheids- en siektegroepe

en individuele diere) te meet en te vergelyk. Hierdie vergely-

kings stel melkprodusente in staat om planne te maak en so-

doende totale kuddedoeltreffendheid op vlakke te plaas wat deur

hierdie maatstawwe gestel word.

Die stelsel moet melkprodusente in staat stel om besluite te

maak op bedryfs- (

operational

), taktiese (

tactical

) en strategiese

(

strategic

) vlakke.

FOKUS

Dieregesondheid

Spesiale

JAPIE VAN DER WESTHUIZEN,

SA Stamboek

Figuur 1: ‘n Logiese proses vir die stel van maatstawwe en verbetering van eie prestasie om dit te bereik.

Aangepas uit

www.totalqualitymanagement.files.worldpress.com