SA Grain March 2014 - page 84

Maart 2014
82
‘n Oorsig oor vooruitsigte in
die koringmark
d
ie rand was middel-Februarie 2014 24% swakker as ‘n
jaar gelede, terwyl die CBOT-koringprys vir lewering in
Maart 22% laer was as ‘n jaar gelede.
Dit bring mee dat die plaaslike ou seisoen koringprys
vir lewering in Maart, 9% hoër is as ‘n jaar gelede. Vir
nuwe seisoen lewering in Desember 2014, is pryse 5% hoër as nuwe
seisoen pryse ‘n jaar gelede. Indien internasionale koringpryse op
dieselfde lae prysvlak bly, terwyl die rand versterk, kan ‘n sterker
rand alleen plaaslike pryse onder druk plaas.
Investec het onlangs twee scenario’s gepubliseer en hiervolgens kan
die rand vir die komende jaar enigiets vanaf R10,75 tot R11,70 in die
eerste kwartaal tot R10,35 tot R12 in die vierde kwartaal van 2014
verhandel. Die repokoers kan tot 6% of 9% in die derde en vierde
kwartaal styg, wat hoër prima uitleenkoerse beteken. Die rand het op
14 Februarie 2014 teen R11 verhandel.
Internasionale voorraadsituasie
Internasionale koringpryse word tans ondersteun deur die on-
gunstige produksietoestande in die VSA wat voorraadvlakke
negatief kan raak. Die wêreldkoringvoorraad kan teen die einde van
Augustus 2014 183,73 miljoen ton beloop (
Grafiek 1
). Gemeet teen
die Januarie-beraming, beteken dit dat die wêreldkoringvoorrade
1,67 miljoen ton minder kan wees. Die voorraadvlak is laer as wat die
handel verwag het en gevolglik is koringpryse hierdeur ondersteun.
Die daling in wêreldkoringvoorrade is groter weens die laer VSA
koringvoorrade. Die verwagte voorraadvlakke vir die VSA is
4,35 miljoen ton laer omdat
winterkill
toestande en droë produksie-
omstandighede die gewasvorderingstoestande vir koring in die
VSA laat verswak het (
Grafiek 2
). Die wêreldkoringvoorrade is
egter steeds 7,89 miljoen ton meer as die eindvoorraadvlak vir die
2012/2013-jaar.
Belangrikste koringuitvoerlande in
2013/2014
Suid-Afrika voer vanjaar die oorgrote meerderheid van die land se
koringtekort uit lande soos Rusland en die Oekraïne in. Volgens
SAGIS-ontledings wat ingevoerde koringmet plaaslik geproduseerde
koring vergelyk, is die maal- en bakkwaliteit van Suid-Afrikaanse
koring beter as dié van ingevoerde koring. Rusland en die Oekraïne
sal in die 2013/2014-bemarkingjaar gesamentlik 27 miljoen ton koring
beskikbaar hê vir uitvoere (
Grafiek 3
).
Suid-Afrikaanse invoere
Suid-Afrika het 337 200 ton koring sedert Oktober 2013 uit Rusland
ingevoer en 281 283 ton uit die Oekraïne. Invoere uit die VSA beloop
17 091 ton en uit Litaue 40 532 ton (sien
Grafiek 4
).
Suid-Afrika se verwagte invoere vir die 2013/2014-bemarkingsjaar
kan nagenoeg 1,65 miljoen ton beloop omdat die plaaslike verwagte
produksie van 1,76 miljoen ton nie voldoende gaan wees om in die
plaaslike vraag van 3,1 miljoen ton en uitvoere van 250 000 ton te
voldoen nie.
Die oppervlakte onder koring aangeplant, het vanjaar met 1,1%
afgeneem, terwyl die nasionale opbrengs ongeveer 3% kleiner is
gemeet teenoor die vorige seisoen. Die koring wat vir kommersiële
lewering beskikbaar is, is 4,1% minder, maar die invoerbehoefte
het met 18,4% toegeneem omdat oordragvoorrade onder andere
met die aanvang van die huidige bemarkingsjaar ongeveer 25%
kleiner was.
Dit is ook interessant om daarop te let dat die hoeveelheid koring wat
in die voermark opgeneem kan word, ook toegeneem het. Uitvoere
kan egter met 17% teenoor die vorige jaar afneem. Suid-Afrika is
‘n netto koringinvoerland en binnelandse pryse volg die rand en
internasionale pryse na.
Vooruitsig tot einde Desember 2014
Die internasionale koringmark is nou gekoppel aan die internasionale
veevoermark omdat voerkoring in die algemeen deel uitmaak van
voergraan en voergraanpryse. Gevolglik kan prysbewegings in die
mieliepryse van Suid-Amerika en die VSA, die plaaslike invoer-
pariteitsprysvlakke vir koring ook beïnvloed.
Verder kan die mededinging in die VSA tussen die aanplant van
mielie- en sojaboonhektare laasgenoemde twee kommoditeite se
internasionale pryse ook beïnvloed. Internasionale sojaboonpryse
kan dus mieliepryse, gevolglik voerkoringpryse en uiteindelik maal-
koringpryse, beïnvloed.
Let daarop dat die internasionale verwysingsprys waarteen die
plaaslike koringtarief sneller, $294/ton is en dat internasionale
koringpryse rondom die prysvlak verhandel. Plaaslike produsente
kan dus invoertariefbeskerming verwag indien internasionale pryse
laer sou daal as die huidige prysvlakke.
Aanplantdatums van grane en oliesade
wêreldwyd
VSA en wêreldsojaboonvoorrade is knap en dit ondersteun graan- en
oliesaadpryse tans. Die Suid-Amerikaanse sojaboonoes word egter
vanaf Maartmaand in Brasilië gestroop en kan prysverligting bied.
OP PLAASVLAK
WESSEL LEMMER,
senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA
GRAANMARK
-oorsig
17 Februarie 2014
1...,74,75,76,77,78,79,80,81,82,83 85,86,87,88,89,90,91,92,93,94,...124
Powered by FlippingBook