SA Grain March 2014 - page 85

83
March 2014
VSA winterkoring word vanaf Augustus gestroop, terwyl VSA
mielies vanaf middel-September gestroop word. Enige ongunstige
weerstoestande wat die ontwikkeling van hierdie gewasse nadelig
kan beïnvloed kan pryse ondersteun. Indien weerstoestande gunstig
is en nuwe seisoen voorrade prysverligting bied, kan dit ‘n negatiewe
impak op wêreldpryse hê. Onder die omstandighede behoort die
plaaslike koringtarief gesneller te word.
Volgens
Grafiek 5
verhandel die plaaslike koringprys na aan invoer-
pariteit vir EU-koring en koring uit Swartseelande. Die CBOT ou
seisoen koringprys verhandel tans teen $5,99/skepel teenoor die
$6,21/skepel vir nuwe seisoen koring vir lewering in Desember.
Teenstrydig hiermee verhandel die ou seisoen JSE-koringprys vir
lewering in Maart teen R3 827/ton, terwyl die prys vir lewering in
Desember R3 579/ton beloop. Plaaslike koringpryse verhandel
tans vir Maart-lewering teen pryse wat nagenoeg R250/ton hoër is
as pryse vir lewering in Desember. Verwagtinge dat die rand kan
versterk, is dalk een van die redes waarom die plaaslike prys vir
lewering in Desember teen laer pryse verhandel.
Opsommend
Beleggingsontleders verwag dat die rand teen die einde van
2014 sterker kan vertoon, terwyl dit blyk asof die internasionale
graanhandel tans verwag dat internasionale koringpryse gedurende
Desember 2014 teen hoër prysvlakke as nou kan verhandel.
Suid-Afrika voer vanjaar oorwegend Swartsee koring in. Indien
VSA vry-aan-boord-koringpryse laer as die huidige prysvlakke van
rondom $294/ton daal, kan ‘n koringtarief plaaslik gesneller word. Die
tarief kan plaaslike pryse ondersteun om nie verdere prysdalings in
koringpryse na te volg indien pryse laer sou verhandel nie. Lewering
in Desember is egter nog ver in die toekoms in en die fundamentele
faktore in die mielie- en sojaboonbedryf kan boonop ook nog ‘n
impak op internasionale koringpryse hê.
Grafiek 3: Die belangrikste koringuitvoerlande in 2013/2014 (miljoen ton).
Grafiek 1: Wêreldkoring-eindvoorraad.
Grafiek 4: Suid-Afrikaanse koringinvoere vanaf Oktober 2013 tot middel-
Februarie 2014 (ton).
Grafiek 2: VSA koring-eindvoorraad.
Grafiek 5: Pryse van Suid-Afrikaanse en Duitse koring gelewer in Randfontein.
SA Graan/
Sasol Nitro fotokompetisie
1...,75,76,77,78,79,80,81,82,83,84 86,87,88,89,90,91,92,93,94,95,...124
Powered by FlippingBook