SA Grain March 2014 - page 86

Maart 2014
84
Onsekerheid oor internasionale en plaaslike
voorrade skep ongestadigheid
d
ie markte is baie ongestadig
en onseker die afgelope paar
maande. Op internasionale
vlak het die pryse gedaal en op
plaaslike vlak het pryse relatief
gestyg weens lae voorrade
en ‘n verswakte rand (
Tabel 1
en
Tabel 2
).
Tesame hiermee, het die ongestadigde
rand ook onsekerheid in pryse geskep en
wisselende pryse tot gevolg gehad.
Internasionale mark
Die internasionale omgewing het tans baie
onsekerhede wat ‘n sterk invloed op die
mark het. Een van die hooffaktore is die
weersomstandighede in Suid-Amerika. Dit
is tans droog in die grootste produserende
gebiede en dit wek heelwat kommer, veral
in die streke van Brasilië wat nog geen reën
ontvang het sedert middel-Januarie nie.
Die sojabone in Brasilië is tans ook in ‘n
opbrengsbepaalde fase en droogtedalings
in produksiesyfers kan volg. In Argentinië
het die noordelike gedeeltes te veel reën
gekry en die suidelike gedeeltes ervaar
weer droogtes.
Internasionale verhandelaars verwag dat die
gekombineerde Suid-Amerikaanse oes met
tussen 3 miljoen tot 5 miljoen ton kan daal,
maar selfs met dié daling, is die verwagte
oes steeds ‘n rekord.
‘n Belangrike markfaktor om dop te hou
in die volgende paar maande, is die
aankope van Chinese invoerders. Daar is
genoeg voorraad in die mark en Chinese
invoerders begin Amerikaanse vragte
kanselleer. Een van die verskeie redes
hiervoor is die vermoede dat ontoelaatbare
GMO-mieliegene sojaboonvragte besoedel
het. Middel-Februarie was daar reeds
272 000 ton gekanselleer en die verwagting
is dat daar nog meer gekanselleer gaan
word. Dié bewegings kan druk op pryse in
die internasionale mark plaas.
Die vraag is dus of invoerders gaan skuif
na Argentynse sojabone. Teen middel-
Februarie was Argentynse produsente nog
traag om hul voorrade te verkoop en het hul
eerder gestoor. Die redes hiervoor is dat
Argentynse produsente baie onseker is oor
hul wisselkoers asook die hoë inflasiesyfers
in die land.
Plaaslike inflasie in Argentinië is tussen
25% tot 30% per jaar; dit veroorsaak dat
produsente eerder eienaarskap wil behou.
Al die faktore ondersteun pryse; druk op
internasionale pryse sal net plaasvind sodra
die voorrade begin verkoop word.
Grondboonpryse bly onder druk weens
hoë oordagvoorrade vanaf die groot
Amerikaanse oes in die 2012/2013-pro-
duksieseisoen. Die vraag na grondbone
in die huidige seisoen het relatief sterk
gestyg en dit het gehelp om die verhoogde
voorraadvlakke te beheer. Grondboonpryse
is nietemin baie laag relatief tot ander
gewasse en die gewas is besig om mede-
dingendheid te verloor. Dit sal dus belangrik
wees om die produksie van lande soos
OP PLAASVLAK
DIRK STRYDOM,
landbou-ekonomie departementshoof, Universiteit van die Vrystaat
OLIESADE
-oorsig
Grafiek 1: Invoer- en uitvoerpariteit vir sojabone (Randfontein).
Bron: Graan SA en Safex
Grafiek 2: Rand/dollar-wisselkoers.
Bron: Reserwebank
14 Februarie 2014
1...,76,77,78,79,80,81,82,83,84,85 87,88,89,90,91,92,93,94,95,96,...124
Powered by FlippingBook