SA Grain March 2014 - page 19

Graan SA/Omnia
Boerepatentekompetisie:
Beweeg saam met die tye
GRAAN SA SE NAMPO OESDAG 2014: 13 - 16 MEI
1. Ingeskrewe artikels moet op die voorgeskrewe wyse by die Graan SA NAMPO Oesdag ten
toon gestel word. Daar sal van die uitstaller verwag word om sy patent prakties te demon-
streer vir die duur van die NAMPO Oesdag, met ander woorde, al vier dae.
2. Inskrywings sal slegs op die amptelike inskrywingsvorm aanvaar word.
3. Inskrywingsvorms moet Graan SA se kantoor minstens twee weke voor die aanvang van
die NAMPO Oesdag bereik. Behalwe in die geval van ‘n DVD/video, moet dit die beoorde-
laars ten minste een maand voor die tyd bereik.
4. Die uitstaller is verantwoordelik vir die vervoer van en toesig oor sy patent gedurende en
na afloop van die uitstalling.
5. Graan SA of Omnia kan geensins verantwoordelik gehou word vir enige verliese gely deur
die uitstaller weens sy deelname aan die kompetisie nie.
6. Patente (en uitstallings) moet die oorspronklike idee van die uitstaller wees.
7. Slegs bona fide produsente of ander individue wat geen belang by die kommersiële
vervaardiging van soortgelyke toerusting of toestelle het nie, mag inskryf.
8. Geen toerusting wat kommersieel bemark of in die proses van registrasie is, mag meeding
nie.
9. Die inskrywing van gepatenteerde produkte wat omgeskakel word in ‘n nuwe patent, sal
toegelaat word mits dit nie kommersieel beskikbaar is nie.
10. Die aangewese beoordelaars se beslissing ten opsigte van die toekenning van pryse is
finaal en geen appèl teen enige besluit sal aangehoor word nie.
11. Die beoordelaars sal pryse toeken na goeddunke en inskrywings afkeur wat volgens hul
oordeel nie inpas nie.
12. Afdelings waaronder deelgeneem kan word:
A. Masjinerie, implemente en landboutoerusting
A1: Nuut
A2: Gemodifiseer/aangepas
B. Gereedskap
B1: Nuut
B2: Gemodifiseer/aangepas
C. Huishoudelike-/tuintoerusting
C1: Nuut
C2: Gemodifiseer/aangepas
D. Ope-afdeling
Enigiets nie hierbo vervat nie, maar wat betrekking het op die verbetering van land-
bou/landboubestuur op graan- en veeplase (byvoorbeeld rekenaar- en enige be-
stuursprogramme, programmatuur ensovoorts).
13. (a) Uitstallings moet op die laatste Maandag, 12 Mei 2014, teen 14:00 op die terrein wees.
Kundige teenwoordigheid vir die duur van die NAMPO Oesdag word verwag. Inskry-
wingsvorms moet saam met die patent by die ingangshek getoon word.
(b) Geen uitstalling mag voor Saterdag, 17 Mei 2014, verwyder word nie.
(c) Alle inskrywings word as permanente uitstallings vir die duur van die NAMPO Oesdag
beskou. Waar daar byvoorbeeld van ‘n voertuig soos ‘n bakkie gebruik gemaak word
om ‘n patent te demonstreer, sal die bakkie as ‘n permanente deel van die uitstalling
beskou word en mag dit nié tydens die periode wat die NAMPO Oesdag duur, van die
terrein verwyder word nie.
Sien 13(a)
.
Beoordeling vind op 13 Mei 2014 plaas en produsente word genooi om patente te kom besigtig op
standplaas 104 langs die Omnia-gebou. Moet dit nie misloop nie!
REËLS VIR DIE KOMPETISIE
Aangebied deur Graan SA en Omnia. Vindingryke
produsente kry weer geleentheid om gemodiÀseerde
landboutoerusting te demonstreer.
AMPTELIKE INSKRYWINGSVORM
Die doel van die Boerepatentekompetisie is om produsente met
oorspronklike idees aan te moedig om toerusting wat deur hulle
gebou is vir spesifieke aanwending of vir die doel om hul eie pro-
bleme op die plaas te oorkom, met hul medeprodusente te deel
wat sal lei tot algemene en groter doeltreffendheid en gerief op
die plaas.
Wat is ‘n boerepatent?
Dit is ‘n oorspronklike toestel of toerusting wat deur ‘n individu
ontwerp en gebou is om in ‘n spesifieke behoefte te voorsien wat
nie deur bestaande toerusting bevredig word nie. Die toestel of
toerusting mag nie gepatenteer wees nie en mag deur enige per-
soon vir eie gebruik nageboots word. Sien ook Reël 9.
Nuwe afdelings
Vanjaar kan deelnemers onder die volgende afdelings meeding:
Masjinerie, implemente en landboutoerusting; Gereedskap; Huis-
houdelike-/tuintoerusting; en ‘n Ope-afdeling, elk met onderafde-
lings (nuut en gemodifiseer).
Inskrywings
Rig alle inskrywings aan mnr Wim Venter, Graan SA, Posbus 88,
Bothaville, 9660. Daar sal dan ‘n eerste keuring gedoen en ‘n
sertifikaat van deelname aan alle gekeurde inskrywings uitgereik
word. Inskrywingsvorms is ook beskikbaar by die Graan SA-
kantoor – skakel hulle by 08600 47246.
Let wel: Sou jou patent van so ‘n aard wees dat dit nie voor die tyd
vervoer kan word nie, is ons meer as bereid om ‘n DVD/video te
ontvang (ten minste ‘n maand voor die kompetisie) of as jy graag
van die nuutste inligtingstegnologie wil gebruik maak, kan jy dit
op
YouTube
plaas – stel egter dan net vir Wim Venter daarvan in
kennis.
1.
Naam:
2. Adres:
3.
Kontaknommer:
4. Dui met ‘n kruisie die afdeling aan waaronder jy inskryf:
A. Masjinerie, implemente en landboutoerusting
A1: Nuut
A2: Gemodifiseer/aangepas
B. Gereedskap
B1: Nuut
B2: Gemodifiseer/aangepas
C. Huishoudelike-/tuintoerusting
C1: Nuut
C2: Gemodifiseer/aangepas
D. Ope-afdeling
Enigiets nie hierbo vervat nie, maar wat betrekking het op
die verbetering van landbou/landboubestuur op graan- en
veeplase (byvoorbeeld rekenaar- en enige bestuursprogram-
me, programmatuur ensovoorts).
5. Volledige beskrywing van toestel/toerusting en algemene inligting:
Ek onderneem om by die reëls van die kompetisie te hou.
Geteken:
Naam en van in blokletters:
jaar
26
1...,9,10,11,12,13,14,15,16,17,18 20,21,22,23,24,25,26,27,28,29,...124
Powered by FlippingBook