Background Image
Previous Page  34 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 34 / 84 Next Page
Page Background

TERUGBLIK

NAMPO 2017

Spesiale

Junie 2017

32

Splinternuwe trekkers is hier

F

endt, die wêreld se mees gevorderde trekker, het vanjaar

opspraak verwek by die Graan SA NAMPO Oesdag, waar dit

te midde van groot belangstelling deur BHBW Suid-Afrika be-

kend gestel is.

Met hierdie nuwe trekkerreeks betree BHBW Suid-Afrika (die ge-

samentlike onderneming tussen Barloworld en die Duitse groep

BayWa AG) nuwe terrein in landboumeganisasie. Dit word allerweë

beskou as die mees innoverende en intelligente trekkerhandels-

merk ter wêreld en daar word verwag dat dit ook plaaslik vir on-

geëwenaarde werkverrigting en ekonomie sal sorg.

Fendt, wat in 1997 deur Agco Corporation bekom is, vervaardig

reeds sedert 1937 trekkers in Beiere, Duitsland. Oor die jare het

die handelsmerk ‘n reputasie verwerf vir baanbrekertegnologie

– soos die Vario-transmissie wat sedert 1995 die standaard stel vir

deurlopend-wisselende transmissies in landbou. Meer as 250 000

trekkers met Vario-transmissies is al deur Fendt vervaardig.

Dié trekkers is beskikbaar met kraglewering van 51 kW tot 380 kW.

In Suid-Afrika sal BHBW aanvanklik fokus op die bemarking van

vyf reekse: die Fendt 1000 Vario (291 kW - 380 kW), Fendt 900 Vario

(199 kW - 243 kW), Fendt 800 Vario (162 kW - 206 kW), Fendt 700 Vario

(94 kW - 162 kW) asook ‘n spesialisreeks vir wingerde en boorde,

die Fendt 200 Vario V (51 kW - 81 kW).

Al dié trekkers is toegerus met die Vario-transmissie. Dit sluit die

Fendt 1000 Vario, wat spog met die nuwe VarioDrive-transmissie, uit.

Die Fendt 1000 Vario-reeks, wat aangedryf word deur 12,4 liter

MAN-sessilinderenjins met VTG-turboaanjaers, illustreer die voor-

sprong wat Fendt-tegnologie aan produsente bied:

VarioDrive is die eerste trekkertransmissie wat outomaties

onafhanklike vierwielaandrywing, wat sorg vir die ideale wring-

kragverspreiding na die voor- en agterasse, moontlik maak.

Alle komponente wat krag verbruik, is ontwerp volgens ‘n lae-

enjinrevolusie-hoë-wringkrag-beginsel (genaamd Fendt iD), wat

brandstofverbruik verlaag en dienslewe verleng. Wringkrag van

tot 2 400 Nm word al vanaf 1 100 rpm bereik – afhangend van

werkstoestande.

Hidrouliese vloei kan tot 430 liter/min verhoog word vir spe-

sialistoepassings, met twee onafhanklike hidrouliese kringe wat

220 liter en 210 liter onderskeidelik lewer.

Banddruk kan, danksy Fendt VarioGrip, in die ry uit die kajuit ver-

stel word. Daarby dui die Grip Assist-stelsel aan hoeveel gewig

waar benodig word en wat die banddruk moet wees, gebaseer

op die werk wat gedoen word, bandgrootte en werkspoed.

Die jongste sagteware-oplossings maak intydse afstandsmoni-

tering, vir groter doeltreffendheid en produktiwiteit, moontlik.

Die vlagskip, die Fendt 1050 Vario, is ‘n reusetrekker. Om maksimum

krag na die grond te verplaas, is die bandgrootte vir die agterste

dubbelwiele 750/75 R46 en die voorbande 650/65 R38. Die agter-

bande is amper 2,35 m in deursnee. Gewigte van tot 1,25 ton kan op

elke agterwiel bygevoeg word (daar is ook ‘n neusgewig-opsie van

‘n ekstra 3,3 ton).

Direk vanaf BHBW

Die trekkers word direk deur BHBW bemark en tegniese ondersteu-

ning word, in samewerking met gekeurde hoëtegnologiehandelaars

in BHBW se bestaande Massey Ferguson- en Challenger-handelaars-

netwerk, gelewer. Tegnici word deur Fendt opgelei en onderdele

word via Agco se Afrika-pakhuis in Johannesburg verskaf.

“BHBW streef daarna om geïntegreerde tegnologiegedrewe oplos-

sings te bied, wat produsente in staat stel om meer produktief,

volhoubaar en winsgewend te boer. Fendt pas perfek hierby in,” sê

mnr Godfried Heydenrych (uitvoerende hoof: BHBW).

“En met die wêreld se grootste Fendt-handelaar, BayWa, as ven-

noot, betree ons die mark met die vertroue dat ons oor die

kundigheid beskik om reg te laat geskied aan hierdie fenomenale

trekkertegnologie en van die begin af hoë vlakke van produksteun

te lewer.”

Produk-inligting

ANITA VAN ZYL,

namens BHBW Suid-Afrika

By die Fendt-bekendstelling is die

grootste konvensionele wieltrekker in

die wêreld, die Fendt 1050 van 380 kW,

onthul. Van links staan Godfried

Heydenrych, Roland Schuler (lid van

BayWa se bestuursraad), Amadou

Coulibaly (Ivoorkus se Minister van

Landbou), Senzeni Zokwane (Suid-

Afrikaanse Minister van Landbou,

Bosbou en Visserye), Gary Collar

(senior visepresident: Agco Corporation

Asia Pacific en Africa) en Nuradin Osman

(visepresident en hoofbestuurder vir

Afrika: Agco Corporation).