Background Image
Previous Page  32 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 32 / 84 Next Page
Page Background

TERUGBLIK

NAMPO 2017

Spesiale

Junie 2017

30

Callie Human (nasionale verkoopsbestuurder: Argo) by die

Landini 7-215 (138 kW). Dit is die topmodel in die Landini 7-reeks en

is toegerus met ‘n moderne kajuitontwerp en stylvolle aggressiewe

voorkoms. Die 7-215 is beskikbaar met ‘n Betakrag 6,7, 24 klep, ses-

silinder turbo-enjin met drukbuisinspuiting en lug-tot-lugtussen-

verkoeling. Die hyser sorg vir ‘n hyskapasiteit van 9 300 kg.

Die Amazone Cenius 5003-2 TX, 5 m masjien het 28 tande, 100 mm-breë

skare met ‘n werkdiepte van 350 mm en kilowattbehoefte van 250 kW.

Wessel Vosloo en Hennie van Romburgh (albei streeksbestuurders by

Falcon Equipment) wat hier by die ploeg staan, het klante meer oor

die produkte vertel.

Hansie Koen (produkspesialis: Stropers), Willie Stander (hoofbe-

stuurder: Challenger), Rudolph Halliday (produkspesialis: Spuite),

Lizel Jansen (verkoopsadministrateur), Bennie Snyman (produkspesia-

lis: Trekkers), Tokkie Hattingh (streeksbestuurder), Gary Halvorsen

(nasionale verkoopsbestuurder) en Robbie Hall (produkspesialis:

Verkope) by die nuwe generasie Challenger MT765E, 280 kW,

sewesilinder Agco-kragmasjien met 330 liter hidrouliese vloei.

Ryan Clarke, Christaan Gouws, Danie van der Heever, Vlam Barnard

(almal streeksbestuurders) en Coenraad Oosthuizen (nasionale ver-

koopsbestuurder: BHBW) by die vlagskip van Massey Ferguson, die

MF 8737. Hierdie baanbreker 8700-reeks bied van die mees effektiewe,

doeltreffende en bruikbare krag in sy kategorie. Dit doen die werk

sonder inspanning terwyl die brandstofrekening tot die minimum

beperk word.

ACDC Dynamics is die leier in vervaardiging, invoere en verspreiding

van kwaliteitprodukte in die elektriese, elektroniese, pomp- en

gereedskapsindustrieë – en spesialiseer in die elektriese sektor.

Hul elektriese en verkoopspan by die NAMPO-stalletjie was

Farrel Sher, Ryan Jones-Hockley, Sofiso Skhosane, Jason Snyman

en Damian Coetzee.

Rafiek Moerat van Engen-bemarking vertel hier vir ‘n kliënt,

Christo Pieterse van Bloemfontein, meer oor die Engen Agritrac

Super Universal. Dit is ‘n nuwe generasie universele smeer vir super

trekkers (

super tractor universal lubricant [STOU]

) wat ontwerp is om

aan die produsent één topkwaliteit, multifunksionele smeer te voorsien.

Nuwe NAMPO-rekord