Background Image
Previous Page  29 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 29 / 84 Next Page
Page Background

Rudi Lewis (tegniese verteenwoordiger: Hi-Tec) het Hi-Tec-stewels

en -tekkies aan Henry en Lizette Lüdick van Vereeniging verkoop.

Lizette wys hier hoe haar tekkies lyk, terwyl ‘n ander kliënt toekyk.

Hi-Tec lewer al vir meer as 40 jaar kwaliteit produkte. Mense, die

natuur, sport en kwaliteit was en is steeds die inspirasie van dié

handelsmerk en hul produkte.

Die Horsch Focus ST het baie aftrek gekry by hierdie jaar se

NAMPO Oesdag. Terratill Implemente se algemene bestuurder,

Henry van Vuuren (regs), sê dié presisieplanter is veral gewild onder

produsente in besproeiingsareas. Die Focus ST is ‘n strookbewerker,

kunsmisplaser en planter wat geskik is vir fyn saad en graan. By hom

is Pieter Maree van Sizwe Asset Finance.

Ontwerpingenieur, Berend Wierenga (links) en John Schmidt, ‘n

produsent uit die Tuinplaas-omgewing, bespreek die FertmaX 1624, ‘n

presisiekunsmistoediener met twee 3 500 liter-tenks. Wat dié Rula-Agri

produk so gewild maak, is dat twee verskillende produkte op een slag

toegedien kan word. Met uitmeet-eenhede van 450 kg teen 14 km/uur

was die kunsmistoediener ‘n topverkoper by hierdie jaar se Oesdag.

Paul de Wet van Kestell het ‘n draai by Lemken gemaak om meer oor

die Lemken Karat 9/700 KUA-beitelploeg te wete te kom. Karel Munnik

(besturende direkteur: Lemken) het hom gehelp. Die Karat is geskik vir

beide vlak stoppelbewerking en diepbewerking, saadbedvoorbereiding

of vir die saai van ‘n dekgewas.

Babcock verkoopsagente Harry Staats (links) en Arthur Mitchel moes

hierdie jaar bontstaan by hul stalletjie weens grootskaalse belang-

stelling in die Volvo EC210B laaigraaf. Dit is veral die EC210B se

uitstekende brandstofverbruik (12,8 liter/uur) en betroubare

naverkoopdiens wat kopers trek.

Om self gras te sny is nou iets van die verlede. Oesdagbesoekers

De Wet Otto (links) en Burger Kotze is hier diep in gesprek met

Dylan Lane (Husqvarna), om meer oor die Automower-grassnyer uit te

vind. Die grassnyer sny slegs binne die grense van ‘n sensor-grensdraad

en draai om sodra dit by die draad kom. Demonstrasies met dié innove-

rende produk het vele besoekers na die Husqvarna uitstalling gebring.

TERUGBLIK

NAMPO 2017

Spesiale

27

June 2017

Nuwe NAMPO-rekord