Junie 2017
28
Leiernavorsing en hoë gehalte
dieregesondheidsprodukte
Z
oetis is welbekend as leier in die navorsing van effektiewe
siektebeheer en die maksimalisering van produksie-effektiwiteit
in kuddes en hoëgehalte dieregesondheidsprodukte. Vanjaar het
verskeie kundiges van Zoetis gereed gestaan om produsente van
hulp te wees met hul dieregesondheidsnavrae.
Verteenwoordigers van Zoetis het onder andere sekere implantate
gedemonstreer, wat gewigstoename bevorder en byvoorbeeld
spesifiek geskik is vir kalwers ouer as 45 dae. Studies in die VSA
in 42 verskillende areas en 7 000 kalwers in totaal, het bewys dat
behandelde kalwers met speen gemiddeld 8,6 kg meer as kon-
trolekalwers weeg. Groeistimulante word al die afgelope 40 jaar
in beesproduksiestelsels wêreldwyd gebruik en het bewys dat dit
uiters winsgewend is.
Inligting oor ander bekende produkte was ook tydens vanjaar se
NAMPO Oesdag by hul uitstalruimte beskikbaar.
1: Tiny Naude (areabestuurder: Zoetis, Vrystaat),
André van der Merwe en Frik Roux (albei van Ventersburg). André en
Frik boer met Drakensbergers en Vleismerino’s en gebruik
onder andere Zoetis se Bovishield, One Shot Ultra 7,
Cydectin 100 en Dectomax.
2: Marius Botes (verteenwoordiger: Zoetis, Potchefstroom)
demonstreer aan Boeta Geel (Winburg) hoe Synovex-implantate
werk en toegedien word. Die produk bevorder gewigstoename.
3: Gerrie Roos (verkoopsverteenwoordiger: Zoetis, Bethlehem) by
Luther en Koos Cronjé (albei van Kroonstad). Luther en Koos gebruik
onder andere Terramycin en Dectomax van Zoetis in hul veevertakking.
4: Zoetis het, met dié twee manne wat oesdaggangers uitgenooi het
om binne te kom, seker gemaak dat hul uitstalruimte die nodige
aandag trek.
5: Jan van der Westhuizen (Bultfontein), Johannes van Rooyen
(verteenwoordiger: Zoetis, Bloemfontein), Jan (Witkop)
van der Westhuizen (Dealesville) en Tiny Naude.
6: Neels Britz (verteenwoordiger: Zoetis), Jan Olivier (produsent van
Olifantshoek) en Riaan Terblanche (verteenwoordiger: Zoetis) bespreek
entstowwe en die ontwurming van skape (Startect van Zoetis) en
bokke (Valbazen van Zoetis).
7: Annemarie Janse van Rensburg en Cassie Coetzee (albei van Koster).
By hulle is Tiny Naude. Cassie is ‘n skaap- en beesprodusent in die
Koster-distrik en gebruik Zoetis-produkte.
PROMOSIE-ARTIKEL
JURGEN VAN ONSELEN,
Kolbe Media
1
4
5
6
7
3
2