Background Image
Previous Page  38 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 38 / 84 Next Page
Page Background

Junie 2017

36

Oesskattingskomitee:

Noodsaaklikheid van data

D

ie oesskattingsproses in Suid-Afrika word deur die Oes-

skattingskomitee, wat deur die Departement van Landbou,

Bosbou en Visserye (DLBV) gefasiliteer word, uitgevoer.

Die komitee is betrokke by die skattings van beide somer-

graan- (wit- en geelmielies, sonneblomsaad, sojabone, grond-

bone, sorghum en droëbone) en wintergewasse (koring, moutgars

en kanola).

Terwyl DLBV die proses lei, neem verskeie data-insetverskaffers

deel aan die maandelikse Oesskattingskomiteevergaderings wat

in Pretoria gehou word. Só word verseker dat die skattings op

omvattende inligting gebaseer word.

Die Oesskattingskomitee maak gebruik van die volgende inligting

om te verseker dat die mees akkurate resultate verkry word:

Produsente;

Geografiese Inligtingstelsels;

Globale Posisioneringstelsels;

Satellietbeelde;

Internet-databanke; en

Die groeisimulasiemodel.

Die belangrikste bydraers tot elk van hierdie vergaderings sluit

in verteenwoordigers van die nasionale Departement van Land-

bou, Bosbou en Visserye, die nege provinsiale departemente van

landbou, die Landbounavorsingsraad (LNR) en ‘n LNR-begeleide

konsortium.

Die data van die verskillende insetverskaffers word geklassifiseer

volgens die tipe metodologie wat gevolg word. Die data op die

A- en B-lyn verwys na die tipe statistiese metodologieë wat gevolg

word om data te versamel, waar die C-lyn na ‘n meer subjektiewe

waarneming verwys.

Tydens ‘n Oesskattingskakelkomiteevergadering wat gedurende

November 2008 gehou is, is ooreengekom dat die data van die

insetverskaffers op die A-lyn bepalend moet wees tot die opper-

vlakte en produksie/opbrengste aangesien die metodiek(e) wat

gevolg word om die data in te samel, statisties, objektief, weten-

skaplik en betroubaar is.

In

Tabel 1

word die verskillende insetverskaffers wat deel van die

komitee vorm aangetoon, asook die klassifikasie volgens orde van

belangrikheid en tipe metodiek wat gevolg word.

A-lyn

Konsortium

‘n Konsortium is in 2002 aangestel om die Oesskattingskomitee

te help om ‘n stelsel vir akkurate oesskattings daar te stel. Die

konsortium bestaan uit verskeie instellings van die LNR, naamlik

die LNR-Grond, Klimaat en Water, LNR-Graangewasse en LNR-

Kleingraan, asook GeoTerraImage en SiQ.

Vlugopname (PICES)

‘n Ligte vliegtuig/helikopter vlieg laag oor geselekteerde lande. ‘n

Produsent in die vliegtuig bepaal

inter alia

watter gewas op elkeen

van die lande geplant is (en maak ‘n aantal waarnemings van die

betrokke lande, soos byvoorbeeld of die land besproei word),

waarna dit statisties bereken word. Hierdie opname word in sewe

van die nege provinsies gedoen.

Telefoniese opname

‘n Opname van die oppervlakte geplant, asook van die verwagte

opbrengste, word gedoen via produsente wat telefonies kort na

planttyd gekontak word (ewekansige steekproef) – gedurende

Februarie vir somergewasse en gedurende Augustus vir winter-

gewasse. Produsente moet aandui wat die geplante oppervlakte

vir elke gewas op sy/haar plaas is, asook hul verwagte opbrengs.

Hul moet ook onderskei of dit onder besproeiing geplant is of op

droëland.

Landgrense

Met behulp van satellietbeelde is elke individuele bewerkte land in

Suid-Afrika gekarteer. Die landgrense word elke jaar opgedateer en

daar word veral baie aandag daaraan gegee om spilpuntbesproeiing

volledig te karteer. Hierdie inligting is die basis vir die statistiese

seleksie waarop die PICES-opname gedoen moet word.

Gewasklassifikasie

Dit vind plaas met behulp van afstandwaarneming, algoritmes en

satellietbeelde wat deur die groeiseisoen opgeneem word om die

tipe gewas vir elke individuele land te genereer (wat aan die einde

van ‘n seisoen beskikbaar gestel word). Hierdie data word verder

gebruik om die oppervlakteberamings, soos gedoen deur die

PICES-opname, te verifieer en ook om die verandering in grond-

gebruik van seisoen tot seisoen ruimtelik, op distriksvlak, voor

te stel.

FOKUS

Graanhanteringsketting

Spesiale

RONA BEUKES,

senior statistikus: Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en lid van die Oesskattingskomitee

OPPERVLAKTE

OPBRENGS

PRODUKSIE

A-lyn

Konsortium: (PICES/satellietbeelde/

gewasklassifikasie)

Telefoniese opname

Konsortium: Objektiewe

opbrengsbepaling

Telefoniese opname

SAGIS

B-lyn

DLBV (Produsente)

DLBV (Produsente)

LNR-modellering

DLBV (Produsente)

C-lyn

Risiko-spe-

sialiste

Droëbone

Produsente

Organisasie

Kunsmis-

maatskap-

pye

Finansiële

instellings

Forums/

werk-

groepe

Landbou-

besighede

Provinsiale

DLBV

Vereniging

van-

Graan- en

Oliesade-

handelaars

Hande-

laars/

verslae

TABEL 1: ‘N VOORSTELLING VAN INSETVERSKAFFERS SE BYDRAE TOT DIE KOMITEE, ASOOK DIE KLASSIFIKASIE VOLGENS ORDE VAN

BELANGRIKHEID EN TIPE METODIEK WAT GEVOLG WORD.