Background Image
Previous Page  39 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 39 / 84 Next Page
Page Background

37

Objektiewe veldopnames

(slegs vir mielies en koring)

‘n Aantal produsente, wat aangedui

het dat hul mielies en/of koring plant,

word geselekteer. Hierdie plase word

besoek. Lande word lukraak geselekteer

en by elke land word daar ‘n objektiewe

opbrengsbepaling gedoen (afmeting van

plante, kop- en pittelling). Hierdie opname

word een keer per seisoen in die drie

belangrikste provinsies vir somergewasse

gedoen (April = Mpumalanga en Mei =

Vrystaat en Noordwes Provinsie) en een

keer per seisoen in die twee belangrikste

provinsies vir wintergewasse gedoen

(Oktober = Wes-Kaap en Desember = Vry-

staat).

Suid-Afrikaanse Graan-

inligtingsdiens (SAGIS)

Gedurende die seisoen word daar oor

werklike lewerings deur produsente aan

kommersiële strukture gerapporteer. Hier-

die leweringsyfer word vanaf ‘n gegewe

tydperk in die seisoen as basis vir die

oesskattings gebruik. Die produsentele-

werings word ook aan die einde van die

seisoen gebruik om die oesskattingsyfer vir

akkuraatheid te verifieer.

B-lyn

Departement van Landbou,

Bosbou en Visserye

Pos-opname

Die Oesskattingskomitee steun ook swaar op die insette wat verkry

word vanaf produsente (subjektief). Data oor die oppervlakte

geplant, sowel as produsente se opinie oor hul verwagte produksie/

opbrengs word verkry vanaf ‘n nie-ewekansige steekproef (pos-,

e-pos, sms en ‘n telefoniese opname) om die gemiddelde opbrengs

vir die gewasse te skat. Vir die somergewasse stuur die Direktoraat

Statistiek en Ekonomiese nalise van DLBV maandeliks ongeveer

2 000+ vraelyste en vir die wintergewasse ongeveer 1 000+ vrae-

lyste aan produsentemedewerkers.

Die medewerker verskaf inligting oor die oppervlakte per gewas

aangeplant en die verwagte totale produksie per gewas.

LNR-Grond, Klimaat en Water

LNR-Grond, Klimaat en Water ageer as koördineerder van die

konsortium. Verder doen hulle ‘n voorlegging oor weerstoestande

wat oor die tydperk vandat die laaste Oesskattingsvergadering

plaasgevind het tot die dag van die skatting, geheers het. Hulle

gee ook ‘n aanduiding van weerstoestande oor die medium termyn.

Grafiek 1: Eerste produksieskatting.

Grafiek 2: Finale produksieskatting.

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Maryke Wessels 2016