Background Image
Previous Page  36 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 36 / 84 Next Page
Page Background

Junie 2017

34

Die geloofwaardigheid van

SAGIS-inligting onder die loep

“S

AGIS gebruik

file 13

om sy boeke te laat klop.”

Hierdie was die interessante uitlating wat ‘n ruk

gelede op sosiale media verskyn het – en wat beslis

verdere selfondersoek binne die Suid-Afrikaanse Graaninligtings-

diens (SAGIS) genoodsaak het.

Die volgende vrae is gevra:

Wat het die persepsie by die individu wat dit geplaas het,

veroorsaak?

Is dit ‘n algemene gevoel onder rolspelers in die graan- en

oliesadebedrywe wat van SAGIS se inligting gebruik maak?

Weet almal wie SAGIS is en wat dit veronderstel is om te doen.

Hoekom sal ons dan hierdie inligting wil manipuleer?

Doen ons genoeg om die inligting wat aan ons verskaf word bo

alle twyfel te verifieer om sodoende die integriteit daarvan te

verseker?

Persepsies oor SAGIS

Baie rolspelers in die graan- en oliesadebedrywe blyk onder die

indruk te wees dat SAGIS ‘n konneksie met die staat het en dus

van tyd tot tyd opdrag kry om inligting te manipuleer, wat dan

die pryse van kommoditeite só sal beïnvloed dat verbruikers-

pryse afwaarts beïnvloed word.

Ons ontvang geen fondse vanaf die staat nie en word deur die

vier bedryfstrusts (die Mielietrust, Wintergraantrust, Olie en

Proteïensade-ontwikkelingstrust en Sorghumtrust) bestuur en

gefinansier.

Sekere groeperings in die markomgewing gee doelbewus ver-

keerde inligting aan ons deur om sodoende markpryse tot hul

voordeel te manipuleer.

Om dit reg te kry, sal ‘n reuse en gekoördineerde spanpoging

van die groeperings behels wat ook samewerking van SAGIS se

ouditinspekteurs sal moet insluit.

SAGIS doen die oesskattings en om die akkuraatheid daarvan

goed te laat lyk, word die werklike produsentelewerings

gemanipuleer.

Ons is nie op enige wyse betrokke by die maandelikse oes-

skattings nie, behalwe om dit op sy webblad vir kennisname

te plaas. Die Nasionale Oesskattingskomitee, wat ‘n komitee

van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye

(DAFF) is, gebruik wel aan die einde van elke seisoen SAGIS

se leweringsyfers om die akkuraatheid van sy skattings te

toets. Daar moet ook in ag geneem word dat die oesskatting

nooit kan en gelyk sal wees aan die lewerings in ‘n bepaalde

bemarkingseisoen nie.

Nie alle rolspelers in die kommersiële graan- en oliesadebedry-

we is by SAGIS geregistreer nie, wat beteken nie alle inligting

word deur ons ondervang nie.

Die kommersiële opbergers en verwerkers van grane en olie-

sade vorm die kern van die stelsel deur middel waarvan ons

die inligting bekom en beskikbaar stel. Alle grane en oliesade

moet een of ander tyd deur beide of slegs een van die instansies

beweeg om uiteindelik by die verbruiker uit te kom.

Dit is baie moeilik vir ‘n kommersiële rolspeler om oor die lang

termyn vir SAGIS weg te kruip en wetgewing verplig rolspelers

om by ons te registreer en opgawes in te dien. Informele

beweging soos byvoorbeeld tussen ‘n mielieprodusent en sy

buurman se varkboerdery asook mielies wat ‘n produsent self

op sy plaas aanwend, word ongelukkig nie in SAGIS se syfers

gereflekteer nie.

Hoe voel rolspelers oor die geloof-

waardigheid van SAGIS se inligting?

In

Grafiek 1

word die terugvoer van drie opnames wat onlangs

gedoen is, getoon. Dit wil voorkom asof dit veral primêre produ-

sente (volgens ‘n opname tydens die onlangse Graan SA Kongres)

is wat twyfel oor die akkuraatheid en geloofwaardigheid van ons

inligting. Dit is duidelik dat ander rolspelers, soos gereflekteer

in ‘n opname wat tydens die onlangse simposium van die Graan-

hanteringsorganisasie (GOSA) gehou is asook op die webblad self,

ons inligting as meer betroubaar beskou.

Hoewel ons eie webopname nie die rolspeler kan identifiseer nie,

word ons webblad deur die hele spektrum van belanghebbendes

plaaslik en internasionaal besoek.

Wie is SAGIS en wat doen ons?

Voor deregulering is die inligtingsfunksie deur die beheerrade van

die vier bedrywe hanteer. Die Wet op die Bemarking van Land-

bouprodukte, Wet 47 van 1996 (Bemarkingswet) het ‘n einde gebring

aan eenkanaalbemarking en die beheerrade.

Rolspelers het egter die noodsaaklikheid van betroubare inligting

vir die funksionering van ‘n vryemark besef en saamgewerk om

SAGIS daar te stel.

Ons hoofdoelstelling is die versameling, verwerking, ontleding en

tydige verspreiding van betroubare markverwante inligting aan

alle rolspelers. Ander funksies soos byvoorbeeld die monitering

van invoertariewe en die uitreik van ouditsertifikate vir minimum

marktoegang is ook aan ons toevertrou.

Markdeelnemers (medewerkers) soos opbergers, verwerkers, in-

voerders en uitvoerders van bogemelde grane en oliesade, word

statutêr onder die Bemarkingswet verplig om by ons te registreer en

inligting te verskaf.

‘n Medewerker wat nie die vereistes van die statutêre maatreël na-

kom nie, maak homself aan ‘n oortreding skuldig en kan vervolg

word. Gelukkig besef medewerkers die belangrikheid van betrou-

bare inligting en werk meestal goed saam deur opgawes tydig en

gereeld te verskaf.

SAGIS is ‘n nie-winsgewende instansie wat na die deregulering

van landboubemarking in Suid-Afrika, op 11 November 1997,

gevestig is om die graan en oliesadebedrywe van noodsaaklike

markinligting te voorsien.

FOKUS

Graanhanteringsketting

Spesiale

NICO HAWKINS,

hoofbestuurder: SAGIS