Background Image
Previous Page  37 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 37 / 84 Next Page
Page Background

35

June 2017

Die trusts van die vier bedrywe is as SAGIS se lede geregistreer en

elke trust wys jaarliks twee direkteure, sowel as een alternatiewe

direkteur, vir SAGIS aan. SAGIS word ook deur die onderskeie trusts

befonds (

Figuur 1

).

Aksies om die korrektheid van voorrade,

soos gepubliseer, te verseker

Interne kontroles

SAGIS beskik oor ‘n gesofistikeerde rekenaarstelsel, wat:

Verskeie toetse uitvoer wanneer ‘n opgawe op die stelsel verwerk

word. (Is die vorige maand se opgawe vasgelê?; Beginvoorraad

is vorige maand se eindvoorraad?; Eindvoorraad is die som van

die beweging van graan op die res van die opgawe?; Firma- en

perseelnommers is geldige nommers?)

Verslae opstel wat die personeel help om foute en afwykings

vinnig te identifiseer vir opvolg. (Vergelyk B se ontvangstes

vanaf A met A se versendings na B?)

Eksterne kontroles

Inligting van eksterne bronne word gebruik om ons inligting

daarteen te meet (SAID, PPECB, Portnet en Spoornet).

Ouditinspeksies

SAGIS se ouditinspekteurs speel ‘n belangrike rol deurdat hulle die

betroubaarheid van die inligting onafhanklik en fisies op die perseel

meet. Hul aktiwiteite sluit, onder andere, in:

Fisiese voorraadopnames

Tydens die opnames word alle persele van ‘n medewerker besoek

en word alle heel graan in voorraad gemeet (bepaling van die

volume van opbergfasiliteite is meesal bekombaar vanaf inge-

nieursplanne en fisiese meting van volume van die tonnemaat

voorhande). Die tonnemaat in voorraad word vergelyk met die mede-

werkers se boekvoorraad en dit wat op die opgawes verklaar is.

Die inspekteurs se doelwit is om medewerkers wat tot 90% van

alle inligting verskaf, ten minste elke twee jaar te besoek en voor-

raad fisies te neem. Die res van die medewerkers word ten minste

elke jaar besoek.

‘n Groot aantal ad hoc-inspeksies word ook deurlopend, waar daar

suspisie ontstaan oor die korrektheid van ‘n opgawe se inligting,

gedoen.

Oudit van brondokumente en rekords

Brondokumente word op steekproefbasis getrek en gevolg tot by

die opgawe om die redelike akkuraatheid en volledigheid van die

opgawe te bepaal.

Ofskoon daar gereeld met inspeksies gevind word dat verstellings

aan die opgawes wat verskaf is nodig is, is dit nietige verstellings

wat feitlik geen effek op SAGIS se reeds-gepubliseerde inligting

het nie.

SAGIS besef die belang van korrekte inligting vir besluitneming

deur alle rolspelers in die graan- en oliesademarkte.

Daar is geen voordeel vir SAGIS daarin om inligting te manipuleer

nie. Ons kan egter net die inligting wat deur die rolspelers (mede-

werkers) in die bedrywe verskaf word deur middel van verskeie

interne en eksterne kontroles konsekwent en op ‘n deurlopende

basis verifieer om die korrektheid daarvan te verseker voordat dit

bekend gemaak word.

Figuur 1: SAGIS se struktuur.

Grafiek 1: Betroubaarheid van SAGIS se inligting.