FOKUS
Graanhanteringsketting
Spesiale
LNR-Graangewasse
Groei-simulasiemodel (Integrated Decision Support System for
Yield Estimation for SA [IDSS-YES])
Verskeie faktore word in hierdie model gebruik om die moontlike
opbrengs te bepaal (t/ha), soos byvoorbeeld beskikbare grondvog
voor planttyd, reënval, temperatuur, tipe kultivars aangeplant en
ander produksie-insette.
LNR-Kleingraan
LNR-Kleingraan se taak is om die gegewens ten opsigte van die
wintergewasse op die tafel te bevraagteken en te beredeneer.
C-lyn
Provinsiale departemente van landbou
Die verteenwoordigers evalueer plaaslike toestande in hul onder-
skeie provinsies en het direkte konsultasies met onder andere
produsente en studiegroepe. Hul maak ook hul eie waarnemings
aangaande die weer- en oestoestande, peste en siektes in hul
provinsies.
Hulle het met ander woorde ‘n netwerk van kontakte waarvandaan
hulle inligting verkry oor oppervlaktes geplant en opbrengste. Hier-
die netwerk kan insluit landboubesighede, saadmaatskappye, telers
en grootskaalse produsente.
Landboubesighede
‘n Vraelys word maandeliks aan die verskillende landboubesighede
gestuur om die komitee van hul nuutste oesskattingsinligting te
voorsien. Hierdie organisasie is nie deel van die Oesskattingskomi-
tee nie en hulle woon ook nie die oesskattingsvergadering by nie.
Laastens, inligting ten opsigte van al die ander C-lyn-instansies dra
ook by tot die bepaling van die oesskattingsyfers, hetsy dit in die
vorm van verslae is, eie waarnemings, terugrapportering of opinies
ten einde die insette van die A- en B-lyn te evalueer en/of te verifieer.
Akkuraatheid van oesskattings
Die Oesskattingskomitee is dankbaar vir al die insetverskaffers
van data wat gedurende die afgelope klompie jare bygedra het tot
die oesskattingsproses. Gereelde deelname deur al die rolspelers
vergemaklik nie net alleen die komitee se taak nie, maar lei daartoe
dat die oppervlaktes beplant en die verwagte produksie so
akkuraat moontlik bepaal kan word. Dit is dus die mikpunt van die
Oesskattingskomitee om binne 8% van die finale oes vir die eerste
tot vierde oesskatting te wees en binne 5% vir die vyfde tot finale
oesskatting.
Grafiek 1
en
Grafiek 2
toon die Oesskattingskomitee
se eerste en finale produksieskattings, asook die finale mielie-
oes oor die afgelope paar jaar – wat ‘n aanduiding is dat hulle wel
suksesvol is om die mikpunte te behaal. Meer inligting kan bekom
word van Mee Ellen Matsei of Rona Beukes van DLBV by 012 319
8454/8032 of
DAS@daff.gov.za /RonaB@daff.gov.za .Oesskattingskomitee
Nuwe kultivars
Kontak ons gerus by:
011 790-8200
of
customercare.sa@monsanto.com www.monsanto.com www.facebook.com/MonsantoCo www.twitter.com/MonsantoCoDEKALB
®
enMonsanto isgeregistreerdehandelsnamevanMonsantoTechnologyLLC.
MonsantoSuid-Afrika (Edms)Bpk,Posbus69933,Bryanston,2021.
... saam vorm julle
’
n vennootskap
van kennis wat sal sorg vir die regte
kultivarkeuse wat aan jou behoeftes
sal voldoen.
Met
DEKALB
® as deel van
jou boerdery is dit maklik om trots
te voel op dit wat jy doen. Boonop
weet jy dat Monsanto deurentyd
dáár is vir jou. Ons doen voortdurend
navorsing om ons reeds uitstekende
DEKALB
®-kultivars te verbeter sodat
ons mieliebasters ooreenkomstig jou
behoeftes kan lewer. Ons tegnologie
en navorsing, gerugsteun deur
professionele diens en advies, dra by
tot jou volgehoue sukses. Só oortref
ons jou verwagtinge keer op keer.
Bestaande kultivars
uppe marketing A16146
PLANT JOU SUKSES
Witmielies
DKC63-53
DKC75-65BR
DKC76-67BR
DKC76-61B
DKC77-85B GEN
DKC77-77BR
CRN3505
DKC78-17B
DKC78-35R
DKC78-45BR GEN
DKC78-27
DKC78-87B
DKC78-83R
DKC78-79BR