Background Image
Previous Page  30 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 30 / 64 Next Page
Page Background

Junie 2016

28

’n tyd om te trek

D

it is alreeds bekend dat die LNR-Kleingraaninstituut

(LNR-KGI) betrokke is by ‘n projek in samewerking met die

Universiteit van Pretoria en Aartappels Suid-Afrika by die

monitering van plantluise wat plantvirussiektes kan oordra.

Die projek is daarop gemik om plantluisgetalle wat die garsgeel-

dwergvirus na koring en aartappelvirusse na aartappels kan oordra,

te monitor. Die inligting word aan die produsente deurgegee sodat

hulle ‘n besluit oor die beheer van virusoordrag kan maak.

Aartappels Suid-Afrika monitor die plantluisgetalle met behulp van

nege suigvalle, terwyl die LNR-KGI vier suigvalle tot die netwerk

toegevoeg het. Aangesien sommige plantluisspesies op ‘n wye

reeks gasheerplante voed, is hulle in staat om virussiektes na beide

gewasse oor te dra. Een van die heel bekendste plantluise wat

dit kan doen, is hawerluise (

Foto 1

). Sedert die vorige artikel in

SA Graan/Grain

, het daar nog ‘n jaar verloop waarin daar data inge-

samel is.

Luisgetalle en droogte?

Gedurende 2015 het plantluisgetalle redelik sterk afgeplat in die

meeste van die gebiede en ‘n hele paar spesies het nie gedurende die

tydperk in die gebiede voorgekom nie (

Tabel 1

). Dit kan hoofsaaklik

toegeskryf word aan droogtetoestande wat die beskikbaarheid van

gasheerplante en dus die plantluispopulasiegroei beïnvloed het.

‘n Afleiding wat mens onmiddellik wil maak,

is dat virusoordrag nie in droë jare belangrik

is nie. Dit is egter nie waar nie, want

sommige plantluisspesies kom dan juis reg

in die middel van die koringseisoen voor.

Vlugpieke kan skuif

In die Brits-omgewing het die hawerluis

gedurende 2015 in redelik gemiddelde

getalle tussen Januarie en Maart voorgekom

(

Grafiek 1

). ‘n Tweede, groter piek het egter

tussen Junie en Augustus voorgekom.

Hierdie piek was reg in die middel van

die groeiseisoen vir koring (Grafiek 1).

Die voorkoms van sulke getalle kan baie

gevaarlik wees, sou die hawerluise met die

garsgeeldwergvirus besmet wees.

Onbevestigde berigte van virusbesmet-

tings in koringlande in die gebied het voor-

gekom. Hoewel die totale plantluisgetalle

van die jaar minder was, was die versprei-

ding van só ‘n aard dat dit gevaarlik was

(Grafiek 1). Ons kan dus nie uit die data die

afleiding maak dat die virusprobleem in

droër jare kleiner is nie.

Die voorkoms van garsgeeldwergvirus in

gasheerplante waarvandaan die plantluise

migreer het, was moontlik baie laag en

het uitbraak beperk. Mielieplantluise het

gedurende Januarie tot Maart in die Brits-

gebied in drasties hoër getalle voorgekom

as die vorige jaar, maar was van geen gevaar

in die koringseisoen nie (Grafiek 1).

In Winterton was die hawerluisgetalle

laer as normaalweg, maar die pieke het

ongeveer op dieselfde tyd voorgekom

(

Grafiek 2

). Die bruinaarluise het egter in

hoër getalle gedurende Mei en begin Junie

voorgekom (Grafiek 2). Dit is net voor die

koring opkom en kan gevaarlik wees as

OP PLAASVLAK

Koring / Koringluise / Virusbesmetting

Geïntegreerde plaagbeheer

GODDY PRINSLOO,

LNR-Kleingraaninstituut, Bethlehem

Grafiek 1: Vlugpatrone van koringluise in die Brits-omgewing tesame met klimaatdata. Die gekleurde

blok dui die tydperk aan wanneer koring sensitief is vir virusbesmetting.

Grafiek 2: Vlugpatrone van koringluise in die Winterton-gebied tesame met klimaatdata. Die

gekleurde blok dui die tydperk aan wanneer koring sensitief is vir virusbesmetting.